BURGERSHOOP BEGRAAFPLAAS / Konsentrasiekamp / Krugersdorp

KRUGERSDORP

BURGERSHOOP BEGRAAFPLAAS

KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

BURGERSHOOP BEGRAAFPLAAS / Historiese Begraafplaas

Omegastraat

Die Krugersdorp Konsentrasiekamp was teen Monumentkoppie in die vallei geleë.

Die kamp was oorbevolk met swak en onvodoende rantsoene.

In 1901 was daar meer 5 500 mense saamgehok in die Krugersdorp Konsentrasiekamp

Siektes soos masels, longontsteking en ingewandskoors het gemaai onder die gevange vrouens en kinders.

Ondervoeding het hulle weerstand totaal afgetakel en die sterftesyfer was hoog. Die presiese hoeveelheid sterftes is onbekend.

In Burgershoop Begraafplaas is meer as as 1800 grafte.

Dit is die oudste begraafplaas met grafte van pioniers van Krugersdorp soos MW Pretorius en Sarel Oosthuizen. Selfs slagoffers van die Jameson-inval is hier begrawe.

Die hekke is opgerig in 1935

SAVF het die Krugersdorp Konsentrasiekampgrafte in 1944 gerestoureer, die grafte herstel en ‘n gedenksteen opgerig. Meeste van die grafte is net genommer.

Foto’s: Gys Ströh snr 2022

Maak 'n opvolg-bydrae