Strydomplein
Krugersdorp
KRUGERSDORP
STADSAAL / BURGERSENTRUM
Adv JG Strijdom was die Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika 1954 tot 1958. ‘n Man wat gestreef en geveg het vir die ideaal van ‘n onafhanklike Suid-Afrika , ‘n Republiek, die Republiek van Suid-Afrika.
JG Strijdom het die Republikeinse ideaal laat herleef in 1930 en sluit hiermee aan by President Paul Kruger en sy burgers wat die staatsvorm in 1880 by Paardekraal in ere herstel het na die eerste Britse anneksasie. Die Driemanskap is gevorm met die ideaal van ‘n onafhanlike Republiek.
JG Strijdom was bekend daarvoor dat hy ‘n vurige Republikein was en weens sy patriotisme is besluit dat hy ‘n ereplek in Krugersdorp verdien as simbool van ‘n ryke verlede van heldemoed, visie en drome : ‘n Simbool van die Vryheids- en Onafhanklikheids-ideaal!
STADSAAL / BURGERSENTRUM / JG STRIJDOMPLEIN
In 1906 is die besluit geneem om ‘n stadsaal vir Krugersdorp op te rig met munisipale kantore, ‘n brandweergebou en ‘n biblioteek.
Groot ongelukkigheid het geheers omdat dit op die ou bestaande markplein opgerig sou word. Daar is egter ten spyte van besware voortgegaan met die bouplanne – Krugersdorp Argitek CharlesC Hoskings.
10 Mei 1907 is die hoeksteen van hierdie stadsaal deur Graaf Selborne, destydse Goewerneur van die Transvaal en die Vrystaat gelê.
1981 tot 1986 is ‘n nuwe spog-burgersentrum gebou met munisipale kantore. Die argitek – Meyer, Pienaar en vennote .
Die ou Stadsaal vorm deel van die Burgersentrum. Die eerste Stadsaal , die Krugersdorp Stadhuis, vorm nog steeds die basis en sentrale kern van die Burgersentrum.
Gedurende die 1970’s is die plan geopper van ‘n JG Strijdomplein by die Krugersdorp Burgersentrum..
Tydens die eeufeesviering van Krugersdorp 1887-1987 is die JG Strijdomplein met die Strijdomboog ingewy. Die argitek- Philip Nel en vennote . Die JG Strijdom-boog is spesiaal vir Krugersdorp ontwerp deur T Pitout vir die 100 jaar eeufees van Krugersdorp.
Die Burgersentrum staan tans bekend as Mogale City Centre.
Krugersdorp heet nou Mogale City, nav Hoofman Mogale wat glo in die area gewoon het.
Die Strijdom-boog en die naam Strijdomplein staan nog steeds verlate in die een hoek van die Mogale City Centre ,ongelukkig met geen verdere verduidelikings.
https://monument-sa.co.za/jg-strijdom-strijdomhuis…
https://monument-sa.co.za/paardekraal-monument…
Foto’s Gys Ströh snr 2022















