OORLOGSMONUMENT
EERSTE WÊRELDOORLOG
TWEEDE WÉRELDOORLOG
Krugersdorp Oorlogsmonument is opgerig in 1922 ter nagedagtenis aan die soldate wat in die Groot Oorlog gesterf het, WWI 1914-1918
Die argitek was Solomon and Marshall en die ontwerpargitek was Harold Wolseley Spicer.
6 Mei 1922 is die hoeksteen deur Luitenant-Generaal Sir Jacob Louis van Deventer (1877-1922) gelê.
Hy was ‘n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy as kommandant, Tweede-in-bevel onder Generaal Jan Smuts ‘n prominente rol gespeel met sy beroemde inval in die Kaapkolonie.
Later het hy by die Unie-Verdedigingsmag aangesluit en was hy die opperbevelvoerder in die Oos-Afrika-veldtog 1917-1918.
Die Oorlogsmonument is onthul op 15 Julie 1922 deur Sir Abraham “Abe” Bailey (1864-1940), Suid-Afrikaanse Krieketspeler, Mynmagnaat en Politikus.
Sir Bailey was ‘n pionier tydens die goudstormloop-era in die Transvaal (1880’s).
Na die Jameson-inval was hy aangekla van Hoogverraad en ‘n boete opgelê.
Tydens die ABO tree hy op as inligtingsbeampte onder Lord Roberts.
1910 tot 1924 dien hy as lid van die Unie-Volksraad.
Die bewoording op die monument lees : Toegewy Ter Nagedagtenis aan ons Dapper gevallene in die Groot Oorlog”
1975 is die name van gesneuweldes van WWI 1914-1918 asook die van WWII 1939 -1945 bygevoeg.
Aan die voet is ‘n kanon gemonteer.
Ongelukkig is hierdie Monument tans in ‘n onveilige area en word bitter selde besoek.
Die area is vol rommel gestrooi en leeglêers en straatverkopers sit orals op die voetstukke en selfs bo-op die oorblyfsels van die kanon.
Graffiti is orals aangebring en selfs uitgekrap in die loop van die kanon.
Vandale verwoes die monument stadig maar seker.
Foto’s Gys Ströh snr 2019













