Bethulie
Perdemomument
Die gedagte was om om ñ perdemonument op te rig tydens Republiekfeesvieringe (1981) om die rol van die perd in die geskiedenis te herdenk.
Die Rapportryers, Saalperdverening, raadslede en inwoners span almal saam om fondse in te samel vir hierdie beeld.
Laurika Rautenbach was die beeldhouer.
Die klip waarop die perd staan, kom van die omgewing waar die Hennie Steyn-brug is.
Die perd kyk suid in die rigting vanwaar die westerse beskawing gekom het.
Die perdemonument is 23 April 1982 feestelik onthul.
Daar is 2 plate bo-oor mekaar aangebring.
Die Bantoe Kommisaris van destyds, Kosie Pansegrouw het ñ plaat geskenk wat aangebring was. Ongelukkig was daar ñ paar spelfoute op. Die Rapportryers het toe ñ tweede plaat gemaak wat bo-oor die vorige een aangebring is.
2002 het die Rapportryers ñ staaltraliehok om die perdemonument opgerig om die beeld te beskerm teen vandale.
Bron: Bethulie…Onvoltooid, Trudie Venter
Foto’s Gys Ströh snr 2020




