Adam se Put
Bethulie Konsentrasiekamp
In Bethulie is een van oudste putte van historiese belang in 2012 herontdek en as Die put van Adam (Adam’s well) geïdentifiseer.
Hierdie put het tydens die ABO die konsentrasiekamp van water voorsien.
Die destydse magistraat vra vir die verskuiwing van die konsentrasiekamp en skryf as motivering: ” If two watercarts are providet excellent water could be obtained from
‘ Adam’s well ‘ in the outskirts of the town…”. Teen Julie 1901 is die waterkarre nog nie voorsien nie en toe versoek hy dat pype verskaf moet word om water na die kamp toe te lei.
Geleë in ñ erf waar die ou grofsmid gewoon het. (Blok tussen Joubert en Jim Fouchestraat).
Die erwe het in die 1880’s aan Will Adam behoort.
Op die Adam-plaas het ñ bywoner, Swanepoel, gewoon wat ñ klipkapper was. Met groot kundigheid en uitstekende vakmanskap het Swanepoel hierdie put gebou en uitgevoer met sandsteen. (Waarskynlik laat 1880’s). Die put is ongeveer 16m diep, 3m in deursnee. Die put is tans nog meer as halfpad gevul met water.
Adam se Put met sy besonderse sandsteenwande het pragtig behoue gebly en getuig van Swanepoel se besonderse vakmanskap.
Bron: Bethulie… Onvoltooid, Trudie Vente
Foto: Gysbertus Johannes Ströh (Gys Ströh snr ) 2020
Samesteller: Kobie Ströh
https://monument-sa.co.za/bethulie-konsentrasiekamp-abo…




