MACCAUVLEI / Vereeniging / Gholfbaan / ABO / Tuin van Herinnering / Britse Soldate / Laaste skoot van die ABO

Foto: Gys Ströh Snr GGSA Vaal Toer 2025

Samesteller van inligting: Kobie Ströh

Vervleg met Vereeniging se Geskiedenis

Maccauvlei is veral bekend vir sy gholfbaan

Die plaas Maccauvlei was oorspronklik gekoop deur  (Kwaai)  Carl August Pistorius in 1844. 

Ontstaan van die  dorpie  Vereeniging 1878

1878 ontdek  die geoloog George William Stow  steenkool by die samevloeiing van die Vaalrivier en Taaiboschspruit.  

Senator Samuel Marks (Sammy Marks), die miljoenër diamant magnaat van Kimberley, sien  dadeik die groot waarde hiervan in. Die aanvraag na brandhout in Kimberley het so geweldig toegeneem dat die veld meer as 50 myl rondom die diamantmyne gestroop was van alle brandhout en steenkool kon groot verligting bring.

Hulle 2 stig ‘n maatskappy De Zuid Afrikaansche en Oranje Vrijstaatsche Kolen en Mineralen Vereeniging  (1880) en koop die plase Leeuwkuil, Kipplaatdrift , Rietfontein en Maccauvlei.  

Leeuwkuil  Jan Hendrik Venter (Bedworth 27 Januarie 1882)

Klipplaatdrif was op Pistorius se naam sedert 30 Junie 1859, hy woon op Maccauvlei.

Die Plaas Maccauvlei  oorspronklik gekoop deur  kwaai Carl August Pistorius in 1844. 

1881 verkoop Pistorius die  plaas Maccauvlei aan Sammy Marks se maatskappy.   Dit was ‘n moeilike transaksie, en het baie oorreed en onderhandelinge geverg om die plase te bekom. Na 15 dae se uitkamp onder die akkerbome op Pistorius se plaas, het Sammy Marks die plaas Maccauvlei teen ‘n aansienlike bedrag(15 500 pond)  in goue ponde bekom. Groot bedrag as in ag geneem word dat Pistorius die plaas 21 jaar vroeër aangekoop het  teen 400 pond.

Pistorius het ‘n wantroue in  vrouens en in geld gehad.   Hy het ses seuns gehad. Vir wie hy elkeen ‘n plaas wou gee.                                       

Op sy plaas was ‘n paar groot akkerbome wat hy vanaf Pietermaritzburg per wa hierheen vervoer het

Pistorius se huis se buitemure was 2 voet dik en die balke en dakkappe was van geelhout, alles per wa vanaf Pietermaritzburg vervoer.                            

Op die massiewe voordeur was die woorde van Shakespeare uitgekerf: “Women will be deceivers ever, 1844.”

Die dorp Vereeniging

1878 word steenkool hier ontdek.

1889 word Vereeniging as dorp verklaar

1892 word die eerste erwe verkoop

Die eienaar van die plaas Leeuwkuil was Jan Hendrik Venter. Hy verkoop die plaas vir 750 pond, asook Bedworth .

Eienaar van Klipplaatdrif was Kwaai Augus Pretorius, ‘n  skaapboer

Die grootste steenkool-neerslag was aan die OVS kant

Teen 1882 was daar reeds soveel mense en ontwikkeling in hierdie area dat die Volksraad toestemming gegee het dat ‘n dorp uitgelë kan word op die plase Leeuwkuil en Klipplaatsdrift.

Daar is op die dorp se naam besluit as Vereeniging, die laaste deel van die mynmaatskappy se lang naam.  Teen 1884 het hulle maatskappy sowat 720 ton steenkool per jaar met ossewaens na die die diamantvelde vervoer ( een wa kon ongeveer  4 ton steenkool  vervoer).

Daar is beplan om die Vaalrivier  met sluise te beheer om steenkool met platboomskuite na Kimberley toe te vervoer. ‘n Staalboot  (Die Cecil John Rhodes) is daarvoor gebou, maar die plan kon nooit slaag nie.

Steenkool is met transport- waens vervoer o.a. deur Koos de la Rey wat een van die transportryers was.

1886 Die ontdekking van die Witwatersrandse goudvelde het verhoogde steenkoolvraag laat ontstaan wat verder bygedra het tot die groei van Vereeniging en Viljoensdrif-area.

Die PLAAS MACCAUVLEI

1893 stel Sammy Marks vir Otto Brandmuller aan om bome op Maccauvlei te plant. Otto Brandmuller was bekend  daarvoor dat hy wilde diere vang vir dieretuine in Europa. Otto aanvaar die taak en vra pad na Maccauvlei. Hy kry die  antwoord dat dit daar is  waar die paddas die hardste kwaak…daar  is Maccauvlei.

Maccauvlei was ‘n area met slegs sand en droë graspolle en slegs so paar akkerbome (6/7 bome) wat deur die oorspronklike eienaar van die plaas, die Voortrekker Carel Pistorius, geplant is. Boompies wat hy in 1844 per wa vanaf Pietermaritzburg af gebring het.

Hout was nodig vir myne en vir bouwerk

Leslie bou ‘n keerwal, Leslie se Weir wat besproeing nou moontlik maak.

Op Maccauvlei ontstaan ‘n groot Boskwekery

Hulle verkry spesiale verlof dat 50 Indiërs en hulle gesinne in die kwekery mag kom werk.

Brandmuller plant  6 miljoen akkerbome, bloekombome en dennebome op Maccauvlei.  Meer as helfte van die 6 miljoen was akkerbome.

‘n Klein deeltjie van die oorspronklike bos het oos van die gholfbaan oorgebly.

Tans in groot bedreiging agv mynbedrywighede.

In een jaar alleen het Brandmuller 100 000 bome aangeplant, aanvanklik vanaf akkers van Pistorius se 6 akkerbome , later saai hy 4 ton ingevoerde dennesaad.  Die dennehout is  later gebruik  as mynstutte en boumateriaal.

 Brandmuller verfraai die walle van die Vaalrivier, veral met wildgerbome.

Brandmuller het die reuse taak  so suksesvol uitgevoer het dat dit  een van die mooiste rivieroorde  in die land was en een van die mees populêre plesieroorde .

Hy vestig ook ‘n Appelboord  van duisende appelbome (28 000 bome). Die appelbome  floreer so dat dit as die “Appelgordel” bekend raak. Appels word uitgevoer na Engeland. Die “Rome Beauties” Appels van Maccauvlei was gesog.

Otto Brandmuller en sy seun Ernest Brandmuller het ‘n uiters suksesvolle boerdery op Maccauvlei gevestig.

Maccauvlei Dierelewe

Die natuurlike plantegroei van Vereeniging was suiwer grasveld.  Grasse wat aangepas het by die klimaatsomstandighede van somerreënval met warm somers  en koue winters met swaar ryp.

Troppe bokke het hier na die riviere toe gekom om water te drink, veral in die droër maande.

Kleiner moerasgebiede en panne is volop in Vereeniging area en lok ‘n groot verskeidenheid voëls. Vereeniging was/is ‘n voëlryke area, kiewiete in die gras, baie swaeltjies wat orals neste gebou het en natuurlik hamerkopvoëls aan die rivieroewers. Daar was selfs volop aasvoëls.

Isaac Lewis het  tweehonderd fisante aangekoop. Aanvanklik was hulle in hokke aangehou, maar later vrygelaat . Ongelukkig, ongewoond aan SA omstandighede het hulle die prooi geword van rooikatte en wilde katte. Hulle het hulle neste op die grond gebou wat maklik bereikbaar was vir roofdiere.

Brandmuller ruil 100 sakke akkerpitte vir 2 Europese takbokooie en een takbokram by Pretoria Dieretuin. Later was daar 300 takbokke op Maccauvlei.

Jag was selde toegelaat, net vir baie belangrike besoekers

Sammy Marks het 5000 skape aangekoop van Christiaan De Wet wat ook op Maccauvlei floreer het.

Sammy Marks het vermorsing  gehaat. Alles wat oorbly of  oortollig was moes verbruik word. So begin hy ‘n  Gin-distelleerdery, vestig industrieë, verwerk staal van die spoorweë. Marks bou ‘n meule, ‘n kragstasie en begin stene vervaardig.

HARIGE WURMPLAAG OP MACCAUVLEI

‘n Harige wurm plaag teiken die akkerbome.

Lewis en Marks skaf langsnoet-varke aan om die wurms te eet.

Aanvanklik wil die varke nie die wurms eet nie.

Hulle hou die varke op hok tot hulle rasend honger word en noodgedwonge die wurms begin eet

Daarna is die varke losgelaat en het hulle geleef op wurms en akkers

Die varke het vinnig aangeteel. Later was daar meer as 1000. Ongelukkig is hulle gejag, die laastes in 1967.

ANGLO-BOEREOORLOG en Maccauvlei

Tydens ABO was daar baie aksie rondom Maccauvlei.

Maccauvlei was ingerig as basis vir Britse Offisiere

Myn en boerdery het tydens die ABO  tot stilstand gekom.

ANGLO-BOEREOORLOG

Tuin van herinnering  Maccauvlei  Vereeniging

68 britse soldate sterf in aksie in omgewing tussen 1900 en 1902.

20 is  Begrawe daar waar hulle gesterf het.

Ter ere van 74 soldate van oor die wêreld wat in en om Vereeniging gesterf het tydens die ABO  1899 tot 1902.

Hulle was jong manne, meestal 18 jaar oud en hulle is begrawe op hulle sterfplek in ‘n vreemde land vêr van hulle geliefdes af (Gesterf te Viljoensdrif, Engelbrecht Drif, Kliprivier, Maccauvlei, Meyerton en Vereeniging self).

In 1961 het die 1820 Setlaarsvereniging hulle oorblyfsels herbegrawe in ‘n sentrale militêre begraafplaas by Maccauvlei.   Hulle beendere is in klein kissies van 1 m lank begrawe langs die Maccauvlei Gholfbaan.                                                                                                                       

12 Maart 1961 het Harry Oppenheimer die Tuin van Herinnering geopen.   Daar was ‘n militêre parade en verteenwoordigers vanuit Brittanje, Kanada, Australië en New Zealand. En talle anderhooggeplaastes.

Gietysterkruise is geplaas en ‘n gedenksteen opgerig met name van gesneuweldes.                                                                                                          

Sommiges is oorspronklike grafte en grafstene van soldate wat reeds daar begrawe was.

Maccauvlei is ‘n geskiedkundige terrein waar ‘n Britse Basiskamp opgerig was en ook gevange boere aangehou is (POW).                                                            

Ook naby waar boere die Britse Troepetrein in ‘n lokval gelei het en waar die jong Winston Churchill (oorlogsjoernalis) ontsnap het. By die ingang van Maccauvlei Gholfbaan is oorblyfsels van die treinbrug wat deur die boere opgeblaas is nog sigbaar.

Die eerste fotos is hoe die Begraafplaas gelyk het voor vandale Januarie 2018 die grafte beskadig het en gestroop het. Die gietysterkruise afgebreek en verwyder

McKeich is dood in aksie op ouderdom 47 en laat sy vrou Emily Harriet McKeith en 5 kinders agter. Robert McKeich se graf. Tuin van herinnering Maccauvlei.  

Interessante graf in die tuin van herinnering is die van Luitenant Robert McKeich van New Zealand.

Hy was die laaste offisier wat gesterf het in ABO. Hy het gesneuwel 4 Junie 1902, 4 dae na die Vredesluiting, vrede is gesluit 31 Mei 1902.

Robert McKeich: Gebore 5 September 1855 Victoria Australië. Oorlede 4 Junie 1902 ABO.  Distrik Vereeniging.

McKeich was ‘n Luitenant en deel van New Zealand Mounted Rifles, 2nd Brigade, 9th Contingent. Geveg aan Britse kant.

Sy beroep was slagter en sy woonplek Otago New Zealand.

McKeich het eers op 12 Maart 1902 vertrek uit New Zealand na Suid-Afrika en het nie veel aksie gehad voor die Vrede van Vereeniging gesluit is nie. Sy seun Walter het ook deelgeneem in ABO maar het ook eers na hom in SA aangekom.

Robert McKeith

5 September 1855, Australië  – 4 Junie 1902 Vereeniging

47 jaar

Begrawe Maccauvlei

Sy pa Robert McKeith en seun Walter Ernest McKeith veg ook in die ABO.

NOU DIE INTERESSANTE EN TRAGIESE DEEL:

STERFTES NA DIE VREDE VAN VEREENIGING

Na die Vrede van Vereeniging het Lt McKeich en Lt H Raynes te perd gaan springbokke jag in Vereeniging omgewing. In die veld word hulle toe gekonfronteer deur 3 boere, 2 gewapen, wat duidelik nie geweet het dat die oorlog verby is nie. Hulle beveel Lt H Raynes om sy klere uit te trek. Hy het sy baadjie uitgetrek en toe die swaar rewolwer wat aan sy sy gehang het gegryp en een boer deur die kop geskiet en ‘n ander een deur die bors. Hy het net 2 patrone gehad en het toe die 3de boer met die swaar rewolwer teen die kop tussen die oë gegooi en sy skedel vergruis.

Toe die 2 luitenante daarna hulle perde bestyg het die boer met die borswond gekruip tot by ‘n geweer en McKeich doodgeskiet.

McKeich is oorspronklik begrawe in die Britse begraafplaas langs die Kliprivier (waar Vaal en Kliprivier bymekaar kom).

Hy is herbegrawe in Tuin van Herinnering Maccauvlei. Vermoedelik was sy graf een van die gietysterkruise wat deur vandale gesteel is.

ENKELE ANDERE BEGRAWE IN GEDENKTUIN ( Dankie Peet Schabort vir die inligting)

Cpl William Joseph Byrne Sterf 28 Mei 1900 in aksie

Robert McIntyre

Sterf 10 Junie 1900 / Elandsfontein – Ingewandskoors

Harry  J Sproule

Kanada

Sterf in aksie

Sterf 11 Julie 1901 – Zuurfontein – Begrawe Houtkop Vereeniging – 18 jaar

Hy was ‘n ervare soldaat en uitstekende skut en perderuiter, een van die bestes in Kanada. Sluit aan by Baden-Powel se “South African  Police” in Suid-Afrika

MACCAUVLEU NA DIE ABO

Na die oorlog het boerdery weer uitgebrei. Volstruise, aspersies, patats en tabak vir skaapdip was suksesvol.

 1923 is die boerdery afgeskaal, na ‘n paar swak oeste.

Maccauvlei is opgedeel in kleiner erwe met huise, net ‘n stukkie bos het gebly.

1920 sterf Sammy Marks.

Isaac Lewis gaan voort en Sammy  se seuns Louis, Ted en Joe Marks neem oor.

1945 Anglo American neem Lewis en Marks oor

RAAISEL-GRAF OP MACCAUVLEI SE GHOLFBAAN

THOMAS ROGERS se Graf op die Gholfbaan

[31/12/2025] Kobie Stroh: Thomas Rogers

Die Grafsteen was diep ingesak in die geond. ‘n Groepie Geskiedenis-liefhebbers heteinde 2025 gaan grawe en die volgende inligting op die grafsteen gevind.

Inligting op grafsteen:

“Meesterbouer. Klipkapper.

Opgerig deur sy medebouers.

Verdrink “

Hy was dus 54 jaar oud. So nie meer jonk nie.

Verdrink 27 Jan 1892

Die eerste brug oor die Vaal gebou is voltooi in 1892

Begrawe naby die klippilare van die 1892  brug.

Afleiding. Hy het waarskynlik verdrink toe die brug gebou is. Bouers het gewoonlik onder-water met die klippe gebou. Hulle het met ‘n tou om die lyf gewerk en is kort-kort opgetrek om asem te kry. Moontlik te laat opgetrek?

Pilare van die brug is van klip

In diep Sandgrond

Hulle moes dus baie diep in die middel van die rivier grawe om die fondasie sterk te maak vir ‘n treinbrug.

Dit was die eerste brug Transvaal toe.

Nog ‘n interessante feit is dat die brug nie betyds klaar was nie. Toe die spoorn van die Kaap af gekom het, was die brug nog nie klaar nie. Inderhaas is ‘n tydelike houtbrug opgerig sodat die eerste trein van die Kaap af Transvaal kon instoom.

Dit was Mei 1892.

Die brug is eers in November 1892 voltooi.

Moontlik was die oponthoud die  meesterbouer wat verdrink het?

MACCAUVLEI GHOLFBAAN

Sammy se twee seuns Louis en Teddy leer gholf speel tydens ‘n kusvakansie. huule het ‘n groot liefde ontwikkel vir die spel.

Hulle droom van ‘n top kwaliteit gholfbaan.

Louis en Teddy vestig ‘n eie gholfbaan op Maccauvlei. Ontwerp en gebou deur George Peck van Soffolk Engeland,’n kranige  gholfspeler en  landskapsargitek. George besef die area is uniek, 1500 m bo seespieël, ver van die see, maar met sand en duine, holtes ens. nes by die see. Alles natuurlik gevorm. George doen ‘n deeglike studie en beplan die gholfbaan om hierdie unieke landskap te behou.

Op ‘n onbewerkte stuk grond van die plaas, Wes vloei die Vaalrivier, oos is die reuse Maccauvlei Bos. Daar is sand, kolle bosse en gras  en 2 rye bloekombome waar hy die baan beplan.

Later is die gholfbaan verskeie kere weer verander en verbeter

Die professionele gholfspeler SV Hotchkin in 1929:   Opgewonde beskryf hy : “It is a real seaside course though no sea is visible and much more of a seaside course than many of those termed such, and I can say that it is one of the best courses I have seen in the country”  Hy het die oorspronklike uitleg ook verander.

Maccauvlei was  bekend as the Queen of Inland Courses

1926 Eers  was die baan genoem; Maccaw 1802 en die plaasgrond was Maccaw Vlei 12 genoem.

Vir baie jare was Maccauvlei die enigste binnelandse gholfbaan. Vandag nog ‘n bekende en hoogaangeskrewe gholfbaan.

Op Maccauvlei mag net belangrike hoogaangeskrewe persone (soos bv ‘n Britse Gholfspan)  en lede gespeel het. (Eksklusief Maccauvlei-Lede)

Lede was meestal van Johannesburg en van oorsee.

Baie min plaaslike lede

Slegs besoekers wat vergesel was van ‘n lid mag gespeel het en dan ook net een maal per maand.

Daar was ‘n waglys vir lidmaatskap.

1930 was daar 1200 lede.  In Guiness Book of Records opgeteken as die klub met die meeste lede ter wêreld.

Spesiale Maccauvlei sydasse was selfs by The Tie Shop in London te koop, natuurlik peperduur.

VOORVALLE  OP DIE GHOLFBAAN

Brande het 1966 hande uitgeruk. HB Benade, baanopsigter, het teen die vlamme geveg, maar die rook het hom oorval. Ten spyte van die dokter wat vinnig opgetree het, het hy nooit herstel nie

1970 Trekker ongeluk waarin ‘n kind sterf, Phineas, die toesighouer was aangekla van manslag

Weerlig middel  70’s .                                                                                                       

Kalie Wertheimer, Decima Doherty, Vicky Snijman en Dr Ted de Beer speel op ‘n Saterdagmiddag.   ‘n Swaar donderstorm bars los. Op pad na die klubhuis slaan die weerlig in die middel van die groepie.  Al 4 is bewusteloos. Hulp is vinnig, gewoonlik is dokters daar teenwoordig. Hulle word na Dormy House geneem vir behandeling.  Eers na 10 die aand kon hulle huis toe.          

‘n Woedende vrou wag  Kalie tuis in.  Sy glo nie sy ongeloofwaardige storie nie. Die volgende oggend lees sy met skok van die voorval in die Sunday Times. ‘n Berouvolle vrou moet om verskoning vra . Decima het ‘n 15 cm( in deurnee) gat agter in haar romp gehad en haar een skoen was van hak na toon oopgekraak, die binnedeel skoon weg. Haar trouring het haar vinger lelik gebrand. Vicky het ‘n  brandmerk aan haar arm gehad waar sy haar gholfstok gedra het. Ted se nylon kouse het verdwyn van sy voete af.

Sammy Goudvis.

Sammy Goudvis, een van stigterslede vermy die slegte grondpad tussen Jhb en Vereeniging. Hy vlieg met sy Puss Moth Bi-Plane na Maccauvlei en land dan op die 18de setperk. ‘n Klein vuurtjie word aangesteek om die windrigting en windsterkte te bepaal. Hy speel ‘n paar putjies en na ‘n paar drankies vlieg hy terug huis toe. (Maak hom beslis nie skuldig aan drink en bestuur nie.)

MACCAUVLEI KLUBHUIS

Die klubhuis is in 1925 voltooi, 1926 ingewy.            

 Bestaan uit ‘n eetkamer, sitkamer, dames kleedkamer aan die een kant, ‘n klein kombuisie, ‘n kroeg, en mans toliet aan die ander kant.                               

‘n Groot stoep kyk uit na die baan (18 de) .                                                              

Die kroeg  was gou bekend vir groot drink en kuier. Duur Whisky en Soda is daar gedrink.  Geen mates was afgemeet nie. Die bottel is sommer aangegee om self te skink.

Streng klerdrag- reëls het gegeld, slegs baadjie en das is toegelaat. Safaripakke het die reëls laat verander.

Ou Houtstokke uit Skotland word uitgestal

Klok : Ou klok,was oorspronklik in Isaac Lewis se huis. (Sammy se vennoot)

DORMY HOUSE

‘n Behoefte aan oornagverblyf het ontstaan

1926 word die Dormy House gebou deur Dickenson, ‘n boukontrakteur, die Burgemeester van Vereeniging

Dormy House en Klubhuis is gebou volgens Sir Herbert Baker ontwerp, dieselfde as Dickenson se huis self.

Bevat ‘n groot eetkamer en kombuis.                                                                          

2 vleuels met slaapkamers aan elke kant.  Oos: Mans alleenlik met gemeenskaplike badkamers en ‘n klein kroegie.   Anderkant vrouens en getroude pare.

Voor  die oorlog was hierdie ‘n  gewilde kuierplek vir Johannesburg elite.  ‘n Reis per trein.  Later was daar ‘n sylyn na Maccauvlei.  ‘n Kort plesierrit na Maccauvlei oor die ou treinbrug.

By Maccauvlei het hul 5-ster behandeling by Dormy House ontvang. Veral druk met Kersfees en Nuwejaar.

Die  eerste stop uit Johannesburg was Maccauvlei. Vandaar die bekende Sprinbokradioprogram “Next stop Maccauvlei”.

Naweke was Dormy House vol. Gereelde partytjies ten spyte van die grondpad vanaf Johannesburg en die  plaashekke met klonkies wat oop en toemaak vir informele tolgeld.

1940 Na WWII word Dormy House ‘n Opleidingsentrum vir Mines Engineering Brigade 1940.  Vir alle lede van His Majesty’s Forces, Royal Air Force, SA Offisiere van Vereeniging lughawe (en hulle gades).

1942 Dormy House Weer oop vir lede

Kampioenskappe, borgdae vir fondsinsameling soos in 1932  vir SPCA

Dormy House val in die  OVS en word dikwels  deur die rivier van Transvaal afgesny. Vloede dikwels

Na  oorlog het moeilike tye gevolg.                                                                               

Ledegetalle daal.  Lede word ouer.                                                                                                            

Die industrieë groei, maar steeds word plaaslike mense nie toegelaat nie.

1945 Anglo American neem oor.

1957 Anglo skei Dormy House en die gholfklub.                                                                      

 Einde van’n era.  Groot sosiale byeenkomste kom tot ‘n einde. Dormy sluit om voortaan  net as ‘n opleidingsentrum   gebruik te word.  Dormy brei uit, en daar word gebou rondom die oorspronklike gebou.  

     

  GHOLFBAAN

AAN EIE BESTUUR

Anglo gee die baan oor aan

Maccauvlei-lede om self te bestuur.

Plaaslike spelers as  lede word nou toegelaat.

 GROOT VERANDERINGS AAN BAAN:

60’s word die  baan verander .  96 bunkers/sandputte word verminder met 46 want onderhoud en ouderdom  van die baan maak istandhouding duur en moeilik. Die verandering is gemaak sonder om die karakter van die baan te verander.

Droogtes het ernstige probleme veroorsaak.

1970’s getalle het getalle baie gedaal.  Ledegeld en toegangsgeld is verminder en daar word ywerig geadverteer.                                                                                       

1972  kom die vloed.  Dickenson Park-brug spoel weg.  Maccauvlei is afgesny. Enkelbrug by Ascot moet gebruik word.

Jaar na die droogte kom die miereplaag

1975 weer ernstige vloede. Enigste roete nou via Sasolburg. Nuwe Ascot Brug is nog nie voltooi nie.  Dickenson  Brug is weer beskadig, moes opgelig word.

400 mynwerkers kom help na die vloed opruim en gras plant

Sukkel om bome in sand te laat groei. Sand droog te vinnig uit. ’n  Plan word beraam om klei om bome te pak en so word die vog behou as die sand uitdroog.

Grasprobleme, onkruid neem oor. Na groot besware en debate teen alle aanbevelings in begin Maccauvlei Kikuyu-gras plant. Dit was ‘n goeie besluit.

1969  begin hulle weer met boerdery. Hoofsaaklik wild.  Blesbok, koedoe, eland, sebra, gemsbok. rooi hartebeest. Dit was ‘n groot sukses, aangeteel tot 3500 stuks wild.            

Die eerste groot lewende-wild veiling In SA word by by Maccauvlei aangebied., Meer as 1000  stuks wild was verkoop.                                                                            

Fisante word weer ingebring, hierdie keer buite bereik van die wildekatte. Tot ‘n 1000 fisante word jaarliks geslag, asook tarentale.                                                                                                                                                                                                               

Vars vrugte en groente word verbou waar die grond geskik was. Soetvelde plaas het later selfs voorafverpakte en verwerkte groente verskaf.

ANDER INTERESSANTHEDE:

Die eerste poskantoor was by Maccauvlei, maar is later na Vereeniging verskuif 

Oopmyn-bedrywighede vernietig geboue soos die ou poskantoor, Pistorius se huis en Sammy Marks se perdestalle vir perde wat hulle gebruik het om goedere oor die Vaalrivier te vervoer.

Sedert 1980 word in die omgewing intensief gemyn

Gras wat in winter groen bly word  eksperimenteel op die gholfbaan aangeplant en  nuwe besproeing aangebring- 1988

1988 FW de Klerk brug word voltooi.                                                                    

Maccauvlei  kry ‘n nuwe ingang met ‘n waterval oor die ou treinbrug.

90’s haasprobleme, ystervarke  muskieteplaag

1981 bunkers/sandputte word weer deur oorspronklike plaaslike sand gevorm , nie meer die wit sand nie.

1993 was Maccauvlei weer die beste gholfbaan in SA

2000 is dar weereens groot veranderinge. Lede en bestuur werk self om diekostes te beheer. Hulle leen toerusting en gebruik  plaaslike sand vir hierdie reuse projek.

2025 + TANS!

 MYNBEDRYWIGHEDE IS ‘N GROOT BEDREIGING VIR MACCAUVLEI:

Maak 'n opvolg-bydrae