NG KERK FICKSBURG / Ng Kerk Kantoor

FICKSBURG

NG KERK FICKSBURG

Die Ficksburg gemeente is amptelik gestig in 1872, maar het reeds al voor dit bestaan. Volgens ‘n dokument wat agter die hoeksteen gevind is, het die gemeente reeds in 1869 al bestaan.

Die eerste kerkraadsvergadering is 1 Junie 1872 op Ficksburg gehou onder voorsitterskap van Ds. van Heynigen, die predikant van Winburg. Die nuwe gemeente het reeds in 1873 ‘n klein eenvoudige kerkie gebou wat meer soos ‘n skuur gelyk het.

Oktober 1873 besluit die Kerkraad om die kerkie te vergroot, 4 vensters in te bou en om ‘n miershoop-vloer te maak. Gebou was nou so 20 x 25 voet.

Die eerste leraar was eers 1877 besvestig Ds van der Walt.

Na baie moeilike en hartseer jare tydens die Anglo-Boereoorlog en die tragiese gevolge daarvan is ds Kestell Maart 1903 in NG Gemeente Ficksburg bevestig. Kort na sy aankoms begin hy dadelik te ywer vir ‘n nuwe kerkgebou.

1904 besluit die Kerkraad om ‘n nuwe kerkgebou op te rig as ‘n monument vir gesneuweldes tydens die ABO.

Daar” werd besloten een monument op te richten ter gedachtenis der gesneuvelde burgers, end it monument te zijn een nieuwe Kerk.”

Ds Kestell is self die argitek, hy beplan die gebou volgens Romaanse boustyl.

Walter Donaldson werk spesifikasies en planne uit in oorleg met Ds Kestell se planne.

Die gebou word deur Walter Donaldson gebou in 1905. ‘n proses wat rustig, deeglik en stadig uitgevoer word.

Om vaste rots te kry vir die fondasie en vir die toring moes meer as 4 meter gesak word om seker te maak geen krake ontstaan later nie.

Die hoeksteen was gelê 27 Mei 1905.

Ingewy 12 April 1907.

Dit is ‘n L-vormige sandsteenkerk met ‘n vierkantige toring en een enkele syvleuel. Die voorgewel is effens gerond, nie driehoekig soos by meeste ander kerke nie. Interessant die vensters, deuropeninge en voorgewel is Gotiese Boustyl. Die sy-vleuel het Romaanse boogvensters, moontlik agv latere aanbouiungs.

Die oorspronklike klok is van J. Smith & Sons, en kondig na meer as 100 jaar byna stiptelik nog steeds elke uur aan.

Die indrukwekkende pyporrel is ingevoer uit Engeland, ‘n Brindley&Foster. In 1957 is die orrel vergroot en ingestel vir beter akoestiek om elke hoekie van die kerk luisterryk te vul.

Almal in die gemeente het saamgewerk om fondse in te samel vir hierdie pragtige sandsteenkerk.

Die vrouens het fondse ingesamel vir die orrel en beligting. Kouse is gebrei, ingelegde produkte is verkoop, alles net vir een doel.

Die jongmense het konserte gehou, koeke verkoop en basaars gereël vir fondse vir die klok en klokmeganisme.

Die kinders het munte bymekaar gemaak en neergelê vir die preekstoel.

Met die bouwerk het almal bygedra wat hulle kon…bakstene, vaardigheid, talente, hande en tyd.

Die NG Kerk Ficksburg se Kerkkantoor, so entjie straat-af is ook ‘n besonderse sandsteengebou. Die hoeksteen is gelê 5 November 1949 deur mev JMC Barry. (Kobie Ströh)

Foto’s Gys Ströh snr Februarie 2025

Ficksburg

NG Kerk Kantoor

Die NG Kerk Ficksburg se Kerkkantoor is ‘n besonderse sandsteengebou.

Die hoeksteen is gelê 5 November 1949 deur mev JMC Barry.

Maak 'n opvolg-bydrae