Surrender Hill / ABO / Clarens

Surrender Hill

Clarens

Anglo-Boereoorlog 1899-1902

SURRENDER HILL

CLARENS – Omgewing

29 Julie 1900

Surrender Hill Clarens

Een van die grootste terugslae in die ABO.

1899 Aanvanklik het die Boere groot suksesse by Stormberg, Magersfontein, Spioenkop en Colenso . Hulle beset dorpe soos Ladysmith, Kimberley en Mafikeng suksesvol. Ongelukkig volg die Boere nie hierdie suksesse nie daadwerklik op in Natal nie en daardeur gee hulle die Britte kans om hulle magte te versterk.

Die Britte behaal sukses by Paardeberg en neem Ladysmith, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria sonder groot weerstand in.

Dit werk baie sleg op die Boere se moraal in en baie Transvalers gaan eers gou terug na hulle huise en plase toe.

Die Vrystaatse magte trek saam in die Brandwaterkom ( tussen Fouriesburg en Golden Gate).

Lord Roberts loods ñ versterkte aanslag op Genl de Wet en Pres Steyn. Die Britte het sowat 200 000 man, die Boere 20 000.

Genl C de Wet besef dat alhoewel die Brandwaterkom goed verdedigbaar is, kan hulle daar maklik daar vasgekeer word.

Daar is net ñ paar passe wat toegang verleen nl Naauwpoort aan die oostekant, Kommando en Generaal in die suide, Slabberts en Retief in die noorde en die Golden Gate.

Die Britte beset Spitzkranz, Retiefsnek, Slabbertsnek en Fouriesburg en blok Naauwpoortsnek.

Die Boere besluit om in 3 groepe uit te breek:

1. De Wet breek via Slabbertsnek uit te midde van groot Britse teenwoordigheid met 2000 Burgers en gaan na Heilbron.

2. Paul Roux ontsnap met 2000 man na Bloemfontein.

3. Plan is dat Crowther en 500 man na Harrismith en Vrede sal ontsnap, maar verwarring ontstaan omdat verwagte hulp nie opdaag nie.

Die Hoofmag bly agter in Brandwaterkom. Met De Wet en Steyn weg heers onsekerheid en verwarring, veral oor leierskap.

27 Julie 1900 word ñ stemming gehou en Kommandant Marthinus Prinsloo word as leier aangewys, maar dit is te laat. Die Boere is reeds omsingel en vasgekeer.

29 Julie 1900 gee Marthinus Prinsloo met meer as 4000 man oor en lê hulle wapens by Verliesfontein/Verraaierskop op Slaapkranz (nou Surrender Hill) neer. Die Boere het Marthinus Prinsloo as ñ verraaier gebrandmerk.

Die gevange Burgers word per trein na Kaapstad vervoer en daarna as Krygsgevangenes na St Helena, Bermuda en Ceylon gestuur.

Hulle wapens, wapentuig en 6 miljoen rondtes ammunisie word op 9 Augustus daar by Surrender Hill deur die Britte vernietig. Tot vandag toe is die kaal kolle wat die brand en ontploffende ammunisie veroorsaak het duidelik daar sigbaar.

Hierdie oorgawe het die Boere se kans op oorwinning ñ groot knou gegee.

1986 is hierdie terrein tot monument verklaar.

Die monument op die oorgroeide terrein het begin verwaardloos en die bronsplaat afgesteel.

2023 het ñ groep onder leiding van Rudie Rousseau ( Weermagveteraan) die terrein skoongemaak en die monument opgeknap en herstel. Nuwe plate met bykomende inligting is deur hulle aangebring. Kobie Ströh

Foto’s Gys Ströh snr Februarie 2025

Maak 'n opvolg-bydrae