Henley-on-Klip / Meyerton / St Paul’s Anglican Church / Kerk

Henley -on-Klip

Meyerton

St Paul’s Anglican Church / Kerk

Kerkhof / Grafte

St Paul’s Anglikaanse Kerk

Henley-on-Klip is in 1904 kort na die ABO gestig deur advokaat Horace Kent.

Henley-on-Klip, hierdie rustige Prentjiemooi dorpie weerskante van die Kliprivier spog met ‘n hele aantal kerke.

Een van die besonderse plekke in Henley is die St Paul Angican Church.

Na WWI en die Groot Griep het ‘n groot behoefte aan godsdiens en ondersteuning in Henley-on-Klip onstaan.

‘n Paar van die pioniersinwoners het ‘n geleentheid geskep vir aanbidding deur hulle huise aan te bied vir dienste. Alternatiewelik is daar by verskillende huise o.a by Mev Partridge, mev Du Boulay en mev Kent se huise dienste gehou.

Alhoewel vervoer moeilik was het Rev White een maal per maand vanaf Johannesburg gereis om ‘n diens hier waar te neem. Saterdag gekom, oornag en dan die Sondagoggend diens gelei.

Die getal lidmate het gou gegroei tot 60.

1923 is besluit om die diens voortaan net by mev Kentse huis, The Estancia, te hou.

Die behoefte en begeerte vir ‘n eie kerkgebou was altyd maar aanwesig.

1934 is grond vir ‘n kerkgebou geskenk en ‘n boufonds gestig deur Horace Kent.

Die grond is wetlik oorgedra en geregistreer in 1942 as grond vir ‘n kerk, pastorie en kerkhof.

Al die verskillende kerke in Henley-on-Klip het bygedra tot die boufonds

1952 is die pragtige kerkie voltooi. Teen 1954 was daar elke 2de en 4de Sondag Diens gehou.

1950 is begin om ‘n Sondagskool aan te bied vir alle kinders in Henley-on-Klip.

Tans is hierdie steeds‘n trotse lewendige gemeente wat diep spore in die omgewing trap.

KERKHOF

Die Kerkhof by St Paul’s Angican Church is een van die oudstes in die area.

Een van oudste grafte is die van Matthys Wynand Pretorius wat 25 Julie 1921 op ouderdom 100 jaar gesterf het.

Matthys Wynand Pretorius Snr, een van oorspronklike pioniers, plaaseienaars, sterf in 1892, begrawe in die familiebegraafplaas hier langs die Kliprivier. En sy vrou Magdalena Gerbrecht Pretorius.

Grootoupa en grootouma , oupa en ouma en ander Pretorius familielede is langs die Kliprivier begrawe onder reuse akkerbome en bloekombome.

By St Pauls Kerk is sommige grafskrifte nog leesbaar. Vloede het skade aangerig aan sommige van die grafstene.

Agter Saloojies se winkel is ook nog Pretorius grafte. Cornelis Johannes Pretorius sterf 1919, sy vrou Anna Johanna Magdalena Gerbrecht Pretorius sterf 1846-1931.

Willem Frederik Pretorius weerlig slaan terwyl hy met hooi werk, sterf op 18 jaar. By St Paul Kerk begrawe.

Pretorius familie lede is naby die pad begrawe, nou genoem Church Street.

Hier is die grafte van Horace Kent, stigter van Henley on Klip, sy vrou, Elizabeth Kent, en hulle dogter, Doris Kent ( Dolly)

Geen verdere grafte is toegelaat na 1953 nie.

Maak 'n opvolg-bydrae