Pretoriuskop / Krugerwildtuin / Ossewa

Hierdie Ossewa

Pretoriuskop

Kruger Wildtuin

Hierdie Ossewa

Die wa is ‘n 16 voet, 5 ton sogenaamde “Sandvelder wa” met besonder groot agterwiele, ideaal vir sanderige terrein.

Die wa-maker was die beroemde Merryweather, ‘n Skotse ondernemer van Pietermaritzburg.

Kenmerkend van sy waens was die plat deksels op gereedskapkissies, stinkhoutvellings met 4 klinknaels, 16 speke op agterwiel in plaas van 14 en pragtige kerfwerk op die onderstel.

Die wa-aste dateer uit 1915.

Hierdie wa is reeds ten minste eenmaal vantevore gerestoureer, en in 2020 weer gerestoureer met finansiering van die SANParke Erewagters van die Hoëveldstreek deur Prof Erik Holm wat ook die halftentraam bygevoeg het.

Ornamentele skilderwerk is gedoen deur Louise Holm en tent vervaardig deur Elsabé Holm.

Inligting in sake die transport ossewaens: “Die Ossewa en sy Spore”. Uitgewer Imprimatur, 2020, skrywer Erik Holm.

Foto’s: Dankie Nicky Jansen van Vuuren van Chilli PicNic Januarie 2026.

Maak 'n opvolg-bydrae