VILJOENSDRIF / VILJOENSDRIFT / Drif / Steenkool / Pont / Brug / Spoorlyn / Stasie / Tonnels onder die Vaalrivier / ABO / Hotel / Slaghuis / WWI Monument / Viljoensdrif Skool / Tornado / Polisiestasie / Hof / NG Kerk / Grafte

Samesteller Kobie Ströh

DIE DORPIE VILJOENSDRIF

VILJOENSDRIF/T  Vrystaat

 Digby Vereeniging 10 km noordoos van Sasolburg

Dorp Viljoensdrif :

Viljoensdrift is ñ klein dorpie tussen R82 en R716, suid van Vereeniging net af van R59.

Hierdie was eens ñ florende dorpie met ñ laerskool, poskantoor, magistraatskantore en ñ NG Kerk.
Die dorpie het ontstaan met die ontdekking en ontginning van steenkool in area.

Die eerste steenkoolmyn Central Mine lei tot die instroming van mynwerkers en ook groot getalle transportryers wat steenkool na Kimberley vervoer het en ‘n informele nedersetting ontstaan op die plaas Leeuwkuil en Klipplaatdrift. Elke dag  het tot 200 waens uitgespan naby die Bedworthmyn  om kole te laai en die  osse te laat rus en eet.

Grootste hoeveelheid steenkool aan Vrystaatkant. Onder dik laag sand, steenkool laag gem 50 voet dik. Moeilik om skagte te sink in die sand

No 1 Cornelia was Eerste Skag.  1895  Skag was 14 voet deursnee, 442 voet tot by soom. Bo met gietyster uitgevoer, dieper stene

 Water wat invloei ‘n probleem

No 2  Cornelia : Nader aan die rivier 1 myl verder, dieselfde manier uitgevoer. Meer as 3 miljoen liter water was uitgepomp in 24 uur

1912 groot kragstasie 

na 1929 is spesiale tegnieke by cornelia ontwikkel. Beton soos in brue in sand laat sak

1930 Betty skag  aam Transvaal kant, verbind met tonnels 15 voet wyd, sewe en ‘n half voet hoog

 Cornela sluit 1931

1938 Bertha skag hoofsaaklik vir steenkool aan kragstasie wat in 1945 begin krag produseer

Hierdie eens besige, lewendige, florerende dorp met myne, Vaal kragstasie, mynhuise, winkels is nou verlate en verwoes, alles weg en platgeslaan

VILJOENSDRIF

VROEËRE GESKIEDENIS

Silkaats se impi’s het ‘n spoor van verwoesting oor hierdie deel van die land gelaat wat bykans alle menselewe vernietig het. Inheemse stamme is eenvoudig uitgewis en statte is verlate agtergelaat.  Die Trekkers vind statte waar beendere witgestrooi lê. Vandag nog is daar plek-plek op koppies oorblyfsels van klipkrale en  hutte  en statte waar duidelik mense gewoon het, onbekend wie dit was. Almal uitgemoor of gedwonge ingeskakel by groter en sterker stamme.

Die Voortrekkers kom in hierdie area aan in 1830’s  as deel van die Potgieter-Trek

Waterryke, wuiwende grasvelde met volop wild; leeus, elande, blesbokke, springbokke, wildebeest ens.

Die groot troppe leeus het vrees ingeboesem by die inheemse bevolking en het verder gelei tot vrees en die vermyding en wegvlug vanaf die area hier rondom die Vaalrivier. Die hele omgewing was gevrees e nook bekend as Silkaats se jagvelde.

Met die aankoms van die Trekkers was die hele gebied ontvolk.

Hier vind hulle slegs ‘n kind, ‘n klein seuntjie, op ‘n sandsteenplato langs Kliprivier sowat  1 myl bokant samevloeiing met die Vaalrivier. Daar het hy en sy moeder in ‘n grot of holte geskuil. Die moeder het gesterf en die seuntjie het oorleef. Volgens oorlewering was hy deur diere versorg.

Die Trekkers noem hom Wildebeest, hulle neem hom aan en versorg hom. Later het Wildebeest as ‘n jong man saam met die jong Paul Kruger  beweeg as sy wapendraer tydens gevegte, selfs in gevegte teen ander swartes.

Toe Leslie in 1891 in Vereeniging aangekom het, was Wildebeest reeds weer daar gevestig, alreeds ‘n ou man. Hy was as’t ware  die eerste inwoner in hierdie area.

Die Trekkers proklameer 2 provinsies:  DieOranje Vrystaat en  die ZAR.

Potchefstroom was die eerste dorp Noord van die Vaalrivier, die oorspronklike hoofstad van Transvaal/ ZAR : gestig in 1838.

Heidelberg was ‘n belangrike handelspos tussen Natal en Potchefstroom.

Trekboere was al reeds bekend met hierdie area vanweë die volop weiding en wild. 

Die Trekkers vestig hulle plase in Viljoensdrif-area.

Die drif en later ‘n pont was bekend as ‘n punt waar die Vaalrivier gekruis kon word.

Die drif waardeur die Vaalrivier gekruis kon word was op die plaas Witkop, later Viljoensdrif van Viljoen. Ook genoem Viljoen se drif

Die eerste eienaar van die plaas Witkop was Stephanus Viljoen en hy en sy 2 seuns Jozua Jacobs en Hans Viljoen het later ‘n pont bedryf wat gebruik is om die Vaalrivier by die drif te kruis.

Die ontdekking van steenkool in hierdie area in 1887 deur George William Stow het die hele geskiedenis van hierdie area verander.

Vereeniging was geproklameer as dorp en die eerste erwe is verkoop in 1892.  Stow , Sammy Marks en Isaac Lewis het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van  Vereeniging en omliggende gebiede.

DIE DRIF VAN VILJOENSDRIF / VILJOENSDRIFT

Voor brûe oor die Vaalrivier gebou is, het waens by hierdie drif die rivier gekruis.

Die drif waardeur die Vaalrivier gekruis kon word was op die plaas Witkop, later Viljoensdrif van Viljoen. Genoem Viljoen se drif

Drif ook bekend as Oshel agv  dik sand en swaargelaaide waens wat die osse laat swaarkry het.

Die eerste eienaar van die plaas Witkop was Stephanus Viljoen en hy en sy 2 seuns Jozua Jacobs en Hans Viljoen het die pont bedryf wat gebruik is om die Vaalrivier by die drif te kruis

Mbv van sy seuns Jozua Jacobus Viljoen en Hans Viljoen het hy die drif gevestig en bedryf.

Oorkant aan Transvaal kant was plaas Leeukuil, skoonvader van Josua Viljoen se plaas.   Vereeniging nou daar. Naam gekry van ‘n  leeu wat daar langs ‘n kuil gevind was.

Laaste leeu op Viloensdrif is deur Josua geskiet tussen daar waar vandag Vaalkragstasie en Maccauvlei is.




Jozua Jacobus Viljoen,  16-Jun.6.1832 -9.4.1909. Eerste huwelik  met  Johanna Susanna Venter en tweede met Magdalena weduwee Potgieter. Sterf op 77 jaar distrik Heilbron/ Oranjeville

PONT : VILJOENSDRIF SE PONT

1857: Hans Viljoen adverteer reeds in 1857 dat hy ń pont het by Viljoensdrif waarmee mense, vee en waens oor die Vaalrivier getrek kan word.

 In die “Staats Courant” van die ZAR  18 Desember 1857 verskyn die volgende kennisgewing van Hans Viljoen – “ dat hy eene Schuit aan Vaal-Rivier heeft op de plaats genaamd Witkop, het eigendom van zijn vader Stephanus Viljoen, en dat hij Wagens, Paarden, klein en groot Vee tegen zeer matige prijzen zal over voren”

Hierdie pont was in gebruik tot ongeveer 1927 toe ñ staal enkelbrug in gebruik geneem is. Ongelukkig is laaste oorblyfsels van die brug  afgebreek en verwyder, vermoedelik vir skrotyster verkoop.

VILJOENSDRIF SE STEENKOOLMYNE

1885 verkoop Jozua Jacobus Viljoen die plaas Viljoensdrift aan Vereeniging Estates, ń maatskappy gestig deur Sammy Marks en Isaac Lewis om steenkool hier te ontgin. ‘n Steenkoolmyn word op die plaas gevestig.

Viljoensdrif was die toegangsroete tussen die ZAR en die Diamantvelde, die verbinding tussen die Transvaal en die suide van die land.

Steenkool word na die diamantvelde in Kimberley vervoer mbv transport waens. In Kimberley was ‘n ernstige tekort aan brandhout. Meer as 50 myl rondom Kimberley was daar geen bome meer om af te kap nie.

Die idee was aanvanklik om steenkool per boot al met die Vaalrivier langes te vervoer. Ongelukkig vir Sammy Marks was dit gou duidelik dat hierdie idee nie kon realiseer nie en die groot boot wat hulle gebou het, die Jameson, was toe vir jare lank as kantoor of stoorspasie gebruik.

Aanvanklik is so 6 trokke steenkool per dag gedelf. Daar is net bedags gemyn en glad nie op Sondae gewerk nie.

Die swaar volgelaaide trokke is met hand weggestoot tot by die laaiplek. Almal moes help stoot, selfs die eienaars het ingespring en gehelp stoot.

1885  ONTDEKKING VAN GOUD AAN DIE WITWATERSRAND: 

Die ontdekking van goud het weereens Viljoensdrif se geskiedenis drasties verander aangesien dit die toegangsroete was tussen die suide en die Witwatersrand.

Viljoensdrif raak baie belangrik na die ontdekking van goud (1885).

Viljoensdrif was veral onder die transportryers bekend en gevrees vanweë die uitdagende sandpad daar.

Swaar wavragte masjinerie en voorrade moes  per wa na die Rand vervoer word en die deurgang vanaf die Vrystaat  na  die ZAR was by Viljoensdrif.

Viljoensdrif word nou ‘n geproklameerde drif. Weerskante van die drif was ‘n doeanekantoor waar tolgelde aan beide die Republieke betaal moes word.

Tydens hoogwater was die pont gebruik.

VILJOENSDRIF ‘N BELANGRIKE SKAKEL TUSSEN DIE NOORDE EN DIE SUIDE VAN SA

‘N SPOORLYN WORD NOODSAAKLIK

Goud word in 1886 op die Witwatersrand ontdek en dit verander die hele land se geskiedenis.

Meer en meer myntoerusting moes vanaf die suidelike Kaapse hawens ingevoer word. Alles moes per ossewa vervoer word na die Witwatersrand.

By die drif van Viljoen is die rivier gekruis as rivier laag was en met die pont as die water hoog was.

Dit was ‘n baie moeilike taak: Dik sand en modderige rivierwalle was ‘n uitdaging vir transportryers.   

Die waens het soms in die sagte potklei net na die deurgang  vasgeval tot teen die asse.

Dubbele en Drie-dubbele spanne osse was nodig om die swaar vragte teen die steil walle uit te sleep.

Die waens het by die drif uitgespan om die diere te laat rus en die veld rondom die drif was kaalgevreet deur die groot aantal osse en trekdiere wat nodig was om die swaar vragte uit te sleep. .

Die drif by Viljoensdrif was die ingangsroete vir alle goedere en toerusting na die ZAR.

Die noodsaaklikheid vir ‘n spoorlyn vanaf die suide het al hoe duideliker geword.

Paul Kruger wou aanvanklik nie toestemming verleen om spoorlyn te verleng nie want hy wou nie afhanklik van Britse hawens wees nie en liewer ń eie spoorlyn bou na Algoabaai (Lourenco Marques/ Maputu).

Paul Kruger besef wel mettertyd dat die ZAR  ‘n spoorlyn vanaf die suide sal moet toelaat en gee toestemming daarvoor. 

1890 is ń ooreenkoms bereik tussen Kaapse Regering en Vrystaat om ń spoorlyn te bou tussen Bloemfontein en Viljoensdrif.

Die spoorlyn word voltooi in 1892.  Die spoorlyn het by Viljoensdrif geëindig.

VILJOENSDRIFSTASIE

Viljoensdrif was ‘n belangrike  en besige stasie.

Die spoorlyn word voltooi in 1892.

Die spoorlyn het hier geëindig. Alle goedere is hier afgelaai en op transportwaens gelaai om deur Viljoensdrif te gaan na die ZAR.

1892 was Viljoensdrif ‘n terminus vir die Kaapse Spoorweë .

Waens vervoer goedere verder oor die drif of pont na  die Rand

Later 1892  is ‘n hout treinbrug in gebruik geneem. Dit was geleë naby waar latere wabrug was.

Treine kon toe gaan tot op Vereeniging waar passasiers verder per koets na Johannesburg vervoer is.

Swaar masjinerie kon egter nie oor die houtbrug gaan nie, te groot risiko vir swaar vragte.

Viloensdriftasie is geopen 1893.

‘n Paar sinkhuisies is vir spoorwegwerkers opgerig.

Viljoensdiftstasie was minder as 2 myl suid van die drif gebou en het ‘n belangrike rol in die geskiedenis gespeel.

Viljoensdrifstasie was oorspronklik  net ‘n terminus (die lyn het daar gestop)

Hierdie stasie was ń bedrywige stasie met goedere en mense wat heen en weer vervoer is.

ZAR se doeane in Vereeniging het alle invoere hanteer en invoerbelasting geïn.

Sedert 1892  was die stasie die spil waarom alles gedraai het.

7 Mei 1892 is die stasie vir passasiersverkeer oopgestel

26 Mei 1892 vir alle verkeer oopgestel.

‘n Nuwer Stasiegebou is in 1909 opgerig.

Tans is Viloensdrifstasie in groot verwaardlosing.

Interessant op hierdie stasie is nog ‘n ou voetgangersbrug. Gedeel in 2, ‘n erfenis van die apartheidsjare. In die middel verdeel sodat swart en wit apart die spoorlyne kon kruis.

Foto’s: GGSA Vaal Toer November 2025

DIE TREINBRUG 1892  (Maccauvlei / Viljoensdrif)

Die ontdekking van goud , die groter verkeer en die swaar myntoerusting  wat oor die Vaalrivier vervoer moes word, het ‘n brug oor die Vaalrivier noodsaaklik gemaak

Januarie 1890 het ‘n kommissie onder Pres Reitz van OVS en Paul Kruger van ZAR ondersoek ingestel oor waar die beste plek sal wees  vir ‘n brug oor die Vaarivier.

Daar word besluit op Viljoensdrif. Dit is naby die steenkoolmyne en die meeste transportroetes kom daar bymekaar. Een van die groot pluspunte was die steenkoolmyne  van Sammy Marks by Vereeniging. (Groot vriend van Pres Paul Kruger).

Die eerste brug was net ‘n tydelike brug.

NZASM se finansies was in die knyp en bouwerk het maar stadig gevorder.

Die spoorlyn vanaf Bloemfontein het egter so vinnig gevorder dat dit Viljoensdrif bereik het voor die staalbrug nog gereed was.

Kaapkolonie het met groot haas gewerk om die spoorlyn te voltooi want hul  wou voor voor die Natal-lyn en NZASM lyn vanaf Mosambiek klaar wees. Daar is dag en nag gewerk. ‘n Stoomenjin en ‘n kragopwekker het saans ligte voorsien. Die lyn vanaf die suide het 16 maande geneem om te voltooi, sowat 5km per week gebou.

21 Mei 1892 stoom die eerste trein tussen Vrystaat en ZAR nader

‘n Tydelike houtbrug word  inderhaas opgerig.(Mei 1892)

Toe alles gereed was vir die eerste trein om vauit die suide die Vaalrivier te kruis, vind hulle dat aan Transvaal kant ‘n berekeningsfout gemaak is deur die ingenieurs. Daar is ‘n 1 meter verskil in die hoogte van die spoor tussen die stasie en die tydelike brug.  Inderhaas is die spore gelig en dieper ingegrou, net betyds vir die tein om op 21 Mei 1892 deur te stoom.

Die trein, versier met vlae, met president Reitz van die Vrystaat as pasassier het die Transvaal stadig binnegestoom, ingewag deur President Paul Kruger en ‘n afdeling van die Staatsartillerie aan die ZAR-kant.

Tyd en afstand vanaf Pretoria het dit onmoontlik gemaak om kanonne saam te bring vir die gebruiklike vuur van die kanonsaluut.

Sammy Marks egter wou beide presidente vereer en inderhaas maak hy ‘n plan.  

Vasbeslote wou hy nie hierdie besonderse geleentheid nie sonder die gebruiklike saluut laat verby gaan nie en hy het gereël dat ‘n groep mynwerkers dinamietladings in 21 bottels met tussenposes sou laat ontplof.  ‘n Nabootsing van die normale gebruik van 21 saluutskote. Die Transvaalse vlag het aan een van steenkoolmyn se skoorstene gewapper

21 Julie 1891 reeds begin met die steenwerk-konstruksie van die permanente brug. Voltooi November 1892. Dit het ook die weg oopgemaak vir ‘n pad vanaf die Kaap tot in Johannesburg.

Thomas Leslie het gese dat ‘n nuwe tyd aangebreek het met die koms van die ysterperd. Hy voorspel dat waens wat met osse en muile gesleep word sal verdwyn.

1893 is die Maccauvlei se brug  voltooi.

TREINBRUG

Tydens die ABO was die treinbrug oor die Vaalrivier by Vereeniging ook ‘n belangrike sleutelpunt.

Die staalspoorwegbrug wat opgeblaas tydens die ABO, wat  vinnig herstel is, het die hooflyn gedra vanaf die suide.

Vir 50 jaar na die oorlog was die grootste deel van die spoorverkeer vanaf die suide oor hierdie brug. Die gewig  en grootte van die treine het toegeneem, die struktuur van die brug het verswak en die brug het onveilig geword. Die klippilare en bouwerk is versterk, treine moes hul spoed tot 10mpu verminder en bote is gewaarsku om nie onder die brug deur te gaan as trein daaroor gaan nie.

1953 is ‘n nuwe staalbrug gebou langs Viljoensdrif, daar waar ossewaens 75 jaar tevore moes deurgaan Rand toe.  1959/1960 is die bo-bouwerk  van die ou brug afgetakel  en dra nou ‘n pyplyn wat rus op op die pragtige sandsteenpilare.

PADBRUG

1923 is ‘n enkelbaan padbrug oor die Vaalrivier gebou.

FW de KLERK BRUG

FW de Klerk brug open in 1978 en vervang die ou enkelbaanbrug

Die ou Staalbrug oor die Vaalrivier is vervang deur die  FW de Klerk brug wat ook nou sonder naam is want sy naambord het ook voete gekry skrootwerf toe. Die ou staalbrug was nie meer veilig nie en kon nie die verkeer volumes hanteer nie. Op aandrang en onderhandelinge van Dr Mario Milani is die nuwe brug gebou.

Tans: Oorblyfsels van die ou padbrug word loop ongelukkig  onder staalstropers deur. Die brug is aan die ou Dickensonpark 9Vereeniging) se kant toegemaak en aan die ander kant (Maccauvlei) reeds deur die myngronde afgesper.

Die Spoorbrûe was net Noord-oos van die huidige FW de Klerk-brug.

DIE TONNELS ONDER DEUR DIE VAALRIVIER

In vroeëre tye kon die Vaalrivier net by die driwwe gekruis word. Die bekendste drif was Viljoensdrif.

Die eerste treinbrug oor die Vaalrivier was gebou in 1892

Tolgeld moes betaal word om hierdie brug te kon gebruik. Dit het veral die vervoer van steenkool vanaf die Vrystaat na die Transvaalse goudvelde baie duur gemaak.

Baie transportryers het steeds nog die driwwe gebruik.

Gedurende die reënseisoen was dit moeilik en by tye bykans onmoontlik om die driwwe te kruis. Wintertye was die rivier vlak (minder as half meter diep) en die stroom smal (ongeveer 15 meter) en ossewaens en transportwaens kon redelik maklik die rivier kruis. Gedurende die somermaande het die vloei van die Vaalrivier verander. Die rivier was voller en wyer, die wydte 70-80 meter en 2 meter diep. Na reënbuie selfs nog dieper.

By Viljoensdrif was ‘n pont, maar dit het ook die kostes van vervoer opgestoot.

Alhoewel daar min inligting oor tonnels onder deur die Vaalrivier bekend is, weet ons verseker dat daar ‘n hele paar tonnels onderdeur die Vaalrivier in die Viljoensdrif-omgewing gegrawe was.

Die tonnels was ook gebruik om tolgelde te ontduik, maar ook vir smokkelhandel. Voedselware, drank, juweliersware en selfs wapens is ten spyte van Doeane- en Polisiebeamptes op die verskeie oewers na die Transvaal war die invoerbelasting die hoogste in al die gebiede in SA was, gesmokkel

Een van die boere (Viljoen) het self  ‘n tonnel gegrawe, maar die het later inmekaar gestort.

Die grootste steenkool neerslag was aan die Vrystaat-kant en die grootste aanvraag aan die Transvaalkant op die Witwatersrand. Die tonnels was meestal gebruik om steenkool te vervoer na die Transvaal.

Na die Barrage voltooi is in 1923 het die rivier nog breër geword. Tans is die wydte van die Vaalrivier ongeveer 150 meter wyd waar die oorspronklike tonnel en drif was.

Die Myntonnels

Die redes waarom hierdie tonnels gebruik was:

Die rykste steenkoolneerslag was aan die Vrystaat-kant.

Die steenkool was veral nodig op die goudvelde, Witwatersrand, Transvaalkant.

Minstens 200 ton steenkool was nodig elke week.

Die Central East Mine (Transvaal-kant) was reeds teen 1910 uitgeput

Die kwaliteit steenkool vanaf die Central Mine en Central East Mine was van ‘n swakker kwaliteit

Die tolgelde aan die 2 Republieke het die steenkool baie duur gemaak

Viloensdrif was ‘n geproklameerde drif, tolgeld moes betaal word

Die pont was ook teen ‘n hoër koste bedryf.

Die eerste myn-tonnel is in 1913 gebou. Dit het begin die Betty Skag van die ou uitgewerkte Central East Mine. Die ingang van die tonnel was bekend as Camp Pit.  Die ingang was op eiendom van die Brick and Tile Company of Vereeniging Refractories. ( Tans behoort grond aan die Meds Distribution / Cosmos)

Camp Pit het net een ingang gehad, maar ondergronds,  so 90 m verder, het dit in 2 verdeel.

Die een tonnel het lug ingelaat en die ander tonnel was gebruik om steenkool per spoor met koekepanne vanaf Cornelia Myn na die Transvaal toe te vervoer.

Die lug-inlaattonnel se ingang was net oos van die Camp Pit Substasie. Die tonnel was ongeveer 0,5 Km OSO  onderdeur die Vaalrivier (So 250m stroom-af vanaf die treinbrug) waar dit by die Cornelia Myn se ondergrondse werke aangesluit het.

Steenkool is onder deur die Vaalrivier met die suidelike tonnel vanaf die Cornelia Myn na die Central East Mine vervoer. Daar is van koekepanne op spore gebruik gemaak. Die suidelike tonnel was 991 meter lank en 2 meter hoog by die ingang.  Die ingang was 2,5 meter wyd, maar later het die tonnel wyer en hoër geword; 3,3 meter wyd en 2,5 meter hoog. Die suidelike tonnel het ongeveer 30 meter onder die rivier geloop.

Die myntonnels was uitgevoer met sement en stene om dit sterker en waterdig te maak.

Die ingange moes later opgevul word as ‘n veiligheidsmaatreël aangesien syferwater en vloedwater mettertyd die tonnels ingevloei het. (1986 – Vereeniging Refractories)

Tans is  dit baie moeilik om te bepaal presies waar dit geleë was.

VILJOENSDRIF TYDENS DIE ANGLO-BOEREOORLOG

Daar was baie aksie in die omgewing gewees tydens die ABO.

Skote het gereeld opgeklink.

Tydens die ABO was die treinbrug oor die Vaalrivier ook ‘n belangrike sleutelpunt.

Die staalspoorwegbrug het die hooflyn gedra vanaf die suide.

Boere blaas in 1900 die treinbrug met dinamiet op om te keer dat aanstormende Britte proviand en ammunisie na Transvaal kon  vervoer. Die ontploffing was geweldig, stukke van die brug het in Maccauvlei se mielielande geval.

Die brug is egter vinnig herstel deur die Britte.

Bob Eadie,’n mynwerker, klim teen die 150 voet-hoë  skoorsteen op om die botsing tussen aankomende Britte en Boere dop te hou. ‘n Britse Verkenner sien hom daar, dink dit is ‘n spioen of skerpskutter. Toe die eerste koeël verby hom vlieg, tuimel hy vinnig na benede.

1901  was Kaptein Vegules  in bevel  van die Britte op Viljoensdrif.

HA Grove was in bevel oor 50 Burgers/ Boere. Die Boere besluit om die beeste terug te probeerkry wat deur die Britte afgeneem is vanaf die boere op Viljoensdrif. Die beeste was in kampe aangehou daar waar die hofsaal later opgerig is. Een nag slaag hulle suksesvol daar in om ‘n paar honderd beeste terug te buit vanaf die Britte.

Later het die Burgers weer op Sandfontein gaan beeste haal toe hulle hul in Kaptein Vergules vasloop. ‘n Kort skermutseling volg tussen die Burgers en Kaptein Vegules met 14 man by hom.  Hulle neem Kaptein Vergules as krygsgevange. Later stuur Kaptein Vergules met 2 manskappe aan Grove ‘n paar splinternuwe kamaste, ‘n bottel whisky en ‘n brief waarin hy die Burgers bedank vir sy goeie behandeling.

PLANTEGROEI EN BOME OP VILJOENSDRIF

Bome het baie moeilik op  Viljoensdrif gegroei nie. Die dik laas sand het dit moeilik gemaak en die warm winde het die boompies laat kwyn.

Otto Brandmuller het suksesvol daarin geslaag om Populiere hier te vestig. Hy het dit by Maccauvlei kwekery gekweek en aangeplant op Viljoensdrif. Vandag is Viljoensdrif boomryk met welige pantegroei. Dit is moeilik om die omgewing in te dink as ‘n kaal sanderige gebied.

HOTEL EN SLAGHUIS

Na ABO  is ‘n winkel deur Joe Cohen op Viljoensdrif opgerig (AB Stores), asook ‘n slaghuis deur Goudy Owen ( OK Butchery).

Die slaghuis is tans nog in bedryf en ‘n gewilde plek om kwaliteit vleis en biltong te gaan koop. (Country Butcher).

Daar was ‘n Vulstasie en werkswinkels agter die winkel en slaghuis.Tans is die ou sinkhuis nog steeds daar en word bewoon. Paul Kruger het volgens oorlewerong daar tuisgegaan.  

BLOOM SE HOTEL

Bloom se hotel was ‘n  stewige sinkgebou  regoor OK Slaghuis.

Tussen die hotel en die slaghuis was die wapad bedek met ‘n dik sandlaag wat die trekdiere laat sweet het. Die osse is geleer om op die wadrywers  se fluite te reageer.

Op Bloom se hotelstoep was sy slim papegaai. Sodra die swaargelaaide waens in die dik sandlaag ingetrek word, fluit die oorlamse papegaai en dan kom die osse tot stilstand. Bitter moeilik om dan weer die wa aan die beweeg te kry wat dan deeglik  in die sand vassit. Om moed te skep of om uit te rus na die harde stryd, het die manne dan eers gou gaan keel natmaak in Bloom se Hotel. Papegaai het gesorg dat Bloom ‘n florerende besigheod bedryf. 

By hierdie hotel het Genl de Wet vergadering gehou om mense moed in te praat na Tweede Vryheidoorlog.Sy woorde was:  “Ek hoop Viljoensdrif sal ook in die toekoms mense lewer wat ‘n permanente plek in die samelewing sal inneem.”

WW1 MONUMENT VILJOENSDRIF STASIE

Op die platvorm is ń monument opgerig vir inwoners van die omgewing wat gesneuwel het tydens die Eerste Wêreldoorlog:  Die Groot Oorlog.

Meeste soldate wat gaan veg het was van die Cornelia-myn.  

Die sansteen-monument is op Sondag 24 Julie 1921 ingewy deur Luitenant Kolonel Thackeray.

Die simboliek van die afgebreekte pilaar is duidelik. Jong manne wie se lewe in die fleur van hulle lewens afgebreek is.

Die Skool neem deel aan die verrigtinge. 3 van hulle oud-skoliere het geval.

Groot bywoning. Kranse  is gelê en gewyde liedere is gesing

Name op die Monument:

Korporaal TGH Benson

Private WP Dickinson

Priv AJ Havenga

Priv TM Jeffries

Luit FG Parsons

Priv JE Sansbury

Priv H Penton Who fell in the Great War

1914 – 1918

Greater Love hath no man than this, that a man lay down his life for his friends

Their name liveth for evermore

Tans in staat van verwaardlosing. Die heining wat ogespan was, ook reeds gesteel.

VILJOENSDRIF LAERSKOOL

Die naaste skool aan Viljoensdrif was op Kruistenmentfontein, sowat ‘n  uur te perd.

Daar was ‘n groot behoefte aan ‘n  eie skool, veral na die oorlog.  

Die skool is geopen 25 Januarie 1904.  Die Skoolhoof was Mej Jackson,  ‘n Skotse dame.

Miss Jackson skryf: (Vertaal)

“Maandag 25 Januarie 1904

Die gedreun van die koolmyn se stoommasjiene word veraf gehoor in die oggendstilte.

Met luidrugtige rumoer en met ‘n langgerekte fluit stroom ‘n trein die stasie in. Vir oomblikke hang ‘n swart rookwolk oor die enkele sink woninkies.

Langs die stowwerige transportpad kraak harde sweepslae en beur die osse voor swaargelaaide waens noordwaarts.

Die seuns en dogters wat oor die droë waaisand aangestap kom skooltoe, probeer met opgewekte gebabbel die “Blou-Maandag” gevoel verberg. Sommige van hulle ken mekaar, want het hulle dan nie saam die ontberings en smarte van ‘n oorlog deurgemaak nie? Ander is onbekendes – sommige afkomstig van ‘n land oorkant die groot waters…

As die skoolklok lui, open die prinsipale die skool. Sy word bygestaan deur Mej Potgieter as assistente…

Dit is die eerste dag by die eerste skool op Viljoensdrif… Miss Jackson”

Herinneringe:

25 Jan 1904

“Miss M J Jackson 1904-1909.  Assistant 1910-1921 (vanf 1921 Babaklas in hofgebou,  trou 1.12.1921 met Alfred Wilson). Sy was ‘n deftige Skotse dame. Netjies. Vriendelik. Maar Streng, niemand fluister eers in die klas nie. ‘n Talentvolle skilder en liefde vir musiek. Soms het sy haar Skotse drag aangetrek, dan moes almal in hulle spore trap. Sy het selde straf uitgedeel, die lat gespaar. Sy het geglo aan stiptelikheid. Laatkommers het geen genade gekry nie. Sy kon nie Afrikaans praat of verstaan nie.”

Twee sink-vertrekke van die Spoorweë is aanvanklik as klaskamers gebruik., langs die Spoorweginstituut, naby die tennisbane.

 Skooltye: In die somer 7 van  tot 1.

Wintertye was  daar 2 sessies 9 tot 1 en weer 2 tot 3.30.

Die dag is altyd begin met skriflesing en gebed, dan bid almal saam die Onse Vader en sing ‘n Halleluja Lied.

Op die skoolgronde is Afrikaans gepraat, in die klas Engels. Miss Jackson het geen Afrikaans verstaan nie. Sekere dae was almal verplig om Engels op die speelgrond te praat.

Personeel woon saam in ‘n sinkhuis

1907 was daar 81 leerlinge

27 April 1908 is die nuwe permanente skoolgebou in gebruik geneem en 9 Mei 1908 amptelik geopen.

Hierdie skool het baie beleef: Oorloë, Epidemies, Natuurrampe, Rebellie, Prestasies, Bouwerk, Groei, ens.

‘n Paar Interessanthede uit die Skooljoernaal:

1911:  Unie van SA/ Bome

7.3.1911 Prisoniers sny die skoolgronde se gras

31.5.1911 Skool sluit vir die viering van die Unie van SA

29.3.1911  word 250 bome vanaf die Staatskwekery deur die leerlinge, personeel en Skoolkomitee geplant

1914 WWI:

27.10.1914 ‘n Kommando onder bevel van Kommandant Reitz het die skoolgronde en geboue betrek in diens van die Unie-Regering. Leerlinge is huis toe gestuur tot verdere kennisgewing.

29.10.1914 Skool het heropen, bywoning was swak weens teenwoordigheid van gewapende burgers, rebelle, in die omgewing. Skool weer gesluit.

Baie ouers het tydelik weggegaan. Onrus in omgewing. Ander voel kinders is veiliger tuis.

6.11.1914 Bywoning traag. Kinders onrustig aangesien gewapende troepe verby beweeg

3.8.1915 Skool gesluit. Baie leerlinge na Johannesburg om Generaal Botha terug te verwelkom.

9.6.1916  Gedenkdiens word deur die skoolhoof in die Spoorweg Instituut gehou uit respek vie die afsterwe van Lord Kitchener. Word deur die leerlinge bygewoon.

24.7.1916 Drie oud-leerlinge besoek die skool in uniform om te groet. Sluit aan by Generaal Smuts se magte in Duits-Oos-Afrika.

2.3.1917 Luitenant Cooper, werwingsagent vir oorsese magte besoek skool en spreek leerlinge toe. Lewer ‘n kort verslag oor gebeure in Duits-Wes-Afrika en Duits-Oos-Afrika.

Hy komplmenteer skool vir die Ererol met 33 name van oud=skoliere wat in aksie is in Afrika of Europa.

Leerkragte vergesel die skoliere na die stasie waar hulle 2 oud-leerlinge groet op hul pad na Europa

Die Kinders is opgewonde  in die militere gees

Swart Oktober 1918

14.10.1918 Geen leerlinge het opgedaag nie, meeste is siek. Geen dokters is beskikbaar nie. Prinsipaal het Skoolraad vir advies gevra, maar ongelukkig is alles onderbreek. Die posdiens is ontwrig want die  Posmeester en personeel isook siek. Meeste mense lê plat met die Spaanse griep en longontsteking.

Die Spoorweg Instituut is omskep in ‘n hospital. Die onderwysers en ander wat in staat is, help met die  versorging van siekes

Vrede 1918

11.11.1918 Vreugdevolle uitroepe, klokke lui, myn toeters blaas, enjins fluit, patriotiese liedere klink op.

12.11.1918 Sportdag by Cornelia Colliery, vier terugkeer vanaf fronte, groot vure brand.

17.4.1919 skool sluit vroeg om stasie toe te gaan om terugkerende soldate te verwelkom

Spaanse Griep keer terug

22.8.1919 Personeel en leerlinge is siek.

 1920 Eerste Afrikaanse boeke

9.2.1920  Eerste Afrikaanse boeke vir al die leerlinge. Almal leer nou Dutch. Dit is  moeilik vir die  onderwysers wat net in Nederlands geleer het. Die ouers is ook gekant teen die nuwigheid van  Afrikaans. Hulle hetimmers ook in Nederlands geleer. Die boeke was vol foute. Spoedig het Afrikaans vlam gevat, die kinders  het presteer.

1920 Kolonel van Reyneveld vlieg oor Viljoensdrif

19.3.1920  Kolonel van Reyneveld vlieg oor Viljoensdrif. ‘n Vrystater op sy vlug vanaf Londen na Kaapstad met sy vliegtuig Die Voortrekker. Kinders wag opgewonde en wuif en juig. Die Skool telegrafeer ‘n boodskap van gelukwense Bloemfontein toe waar Kolonel van Ryneveld dit ontvang.

25.3.1920 Kolonel  van Reyneveld  en Kaptein Brand bedank die skool vir hulle boodskap.

xxx

‘n Standbeeld van die 2 vlieëniers is by OR Tambo Internasionale Lughawe/  ou Jan Smuts Lughawe/ Kemptonpark

Die Standbeeld is 20 Maart 1956 aan Jan Smuts Lughawe geskenk deur die British Overseas Airways Corporation ter herdenking aan die eerste vlug vanaf Londen na Kaapstad.

‘n Geskenk vanaf die Unie Verdedigingsmag

Maart 1920 het Luit-Kol Pierre van Ryneveld en eskader leier Quintin Brand hierdie geskiedkundige eerste lugvaart onderneem. Die gevolg was noue samewerking tussen Britse en SA burgerlike lugvaart.

Sir Pierre van Ryneveld was die vleuel bevelvoerder van die 11de vleuel (XI Wing) waaronder die no 74 Eskader van die Royal Air Force (RAF)volle operasionele diens gelewer het sedert 1918.

Die standbeeld is huidig nogal weggesteek heel agter in die gebou by een van die uitkykpunte aan die internasionale kant. Nogal ń soektog om dit te vind.

xxx

1921 Oorlogsmonument

11.1.1921 vanaf Kaapstad 10 Mausers, 2 maxims, I staalhelmet en ander oorlogstorusting  wat in Frankryk by Duitse soldate afegeneem is deur die Verdedigingsmagte. Geskenk deur Unie Verdedigingsmagte

1921 Onthulling van oorlogsmonument

29.7.1921  Skool neem deel aan onthullin op  24.7.1921. 3 oud-skoliere.

1922 Mynstaking

6.2.1922  Polisie het al die Duitse wapens wat deur die skool kadette gebruik word, kom verwyder

Onrus op die Randse myne, beinvloed Cornelia-myn ook

Baie verlaat area ter wille van veiligheid van gesinne

1922 Begrafnis van Generaal Christiaan de Wet

8.2.1922 Dept gee Toestemming om begrafnis in Bloemfontein te gaan bywoon.Agv van  afstand  kon niemand gaan nie. Skool het normaal voortgegaan

1923 Opening van Barrage

27.7.1923 Skool sluit vroeg. Baie ouers en kinders na opening

1924 Eerste Afrikaanse inskrywings in skooljoernaal

29.4.1924 Die opkoms aan hierdie skool tamelik gereeld.

Die werk gaan mooi aan.

Die kinders is oorgesit en daar is heelwat nuwe werk vir elke klas.

1931 Grense tussen Vereeniging en Viljoensdrif vasgestel

21.1.1931 Die skool het heropen met 85 op die rol.

13.2.1931 Ooreenkoms tusse Vereeniging en Viljoensdrif dat geen wedersydse leerlinge ingeneem sal word nie

26.7.1931 Ooreenkoms tusse Transvaalse Onderwysdept en OVS. 6 leerlinge van Maccauvlei toegelaat

1934  Afrikaanse Bybel amptelik ontvang

28.3.1934 Prinsipaal ontvang die Afrikaanse Bybel amptelik

1937 Kroning van die Koning

Woensdag 12.5.1937, Donderdag 13.5 en Vrydag 14.5 Publieke vakansiedae week van kroningvan  George VI

1940 Skoolkleure Groen en Wit

5.4.1940 Skool se kleure  is vasgestel as groen en wit. Gaan gebruik word by Interskole  Sport op Vereeniging

1943 Parallel klasse  Sub A tot Standerd 2

24.9.1943 Paralel klasse sub A tot St II. Vanaf St III Afr en Eng in dieselfde klasse twee taalgroepe kom goed klaar. Goeie samewerking tussen personeel.

1945 Vrede na WWII

8.5.1945 Nuus , vrede is gesluit in Europa.

8.5.1945  Woensdag Vakansiedag 9.5 Vakansie dag , Donderdag Hemelvaart Vrydag Vakansie dag

1945 Japan gee oor

20.8.1945 Japan gee oor. Donderdag, vakansiedag

Vrydag feesvierings

1945 Skoolgrond brei uit

9.11.1945 Vereeniging Estates het 3 morg ekstra geskenk

Groot Klaskamer tekort

Kleuterklas in hofgebou

St I klas in ambulanskamer van Spoorweg Instituut

1948 ‘n Eie Gemeente

25.5.1948 Skoolfoto  word geneem deur deur Ds Haroer. Fotografie is sy stokperdjie. Bespreek kerkaangeleenthede . Bespreek behoefte vir eie gemeente met hoof

16.9.1948 Stigting van NG Gemeente Viljoensdrif

3.10.1948 Eerste kerkraadsvergadering in die skool. Hoof is kriba en kassier

1951 Eie Somboek

6.4.1951 Die Premier Somboek vanaf pers ontvang. Opgestel deur eie personeel. Vergemaklik werk, lewer resultate

1951 Eie Skoolblad Die Drif Drukkery

4.12.1951 Eie skoolblad vir ouers, personeel, leerlinge en  ander hoofde. Gedruk deur Viljoensdrif se hoof self. Hy het sy  eie drukkkery, sy stokperdjie. Druk rapporte, skryfblokke selfs troukaartjies. Die Drif Drukkery

1952 Gobler Beker vir Spaarsin

21.5.1952 1951 Spaarkompetisie van OVS Spaarorganisasie eerste plek, 1953  en 1954 weer trofee verower

1952 Eksamen word saamgeskryf

27.11.1952  St 6 leerlinge van Coalbrook, Deneysville, Engelbreschtsdrift, Wolwehoek en Sasolburg skryf saam op Voljoensdrif skool eksamen. Almal help met nasienwerk

1952 Eie Skoolwapen

Eie skoolwapen 1.12.1952 Skoolwapen op Skoolblad

Die Leuse PLIG ROEP

1963 Arikaans-medium Skool

1963 Slegs Afrikaans medium voortaan

Terrein en uitbreiding

1921 Prinsipaal woning

Grond vanaf Vereniging Estaes 190, woning voltooi 1 Junie 1921

1945 Sportgronde

9 November 1945 noord van skool vir uitbreiding van geboue

Suid van prinsipaal woning  grond vir sport

vanaf Vereeniging  Estates

Klaskamers

 27 Junie 1945

3 addisionele klaskamers in gebruik geneem. Totaal nou 9

Julie 1950 3 asbesklaskamers bygevoeg

Februarie 1952 2 asbeswonings vir onderwysers-woning

1954

10 permanente klaskamers en 3 tydelike geboue en ‘n houtwerkkamer .           Die kantoor is omskep in ‘n stafkamer.                                                                       ‘n Eie boekwinkel, Skoolbiblioteek vir ouers en kinders.                                        Vergaderplek vir Vroue Huisvlyt.                                                               Debatsvereniging en Volkspele Laer.                                                                    Skool voetbal, netbal, tennis en boks.

Skool is netjies omhein.

Beplan skoolsaal met 550 sitplekke.

Water bly ‘n probleem. Die Boorgat val toe agv sand

Groot ontwikkeling in area op industriële gebied, groot groei in vooruitsig

Gereelde inspeksie

Mark Preston skrywer, oud=leerling

1991 SKOOL SLUIT PERMANENT

Die skool word gesluit 1991

Tans in vervalle toestand (2025). Slegs 2 klaskamers en saal nog wat as pakkamers gebruik word, veral droë voer wat kommer oor brandgevaar laat

Erg geplunder, geen heel venster oor.

Res was asbesgeboue , tydelike geboue. Slegs fondasies het oorgebly. Die res is verwyder.

Viljoensdrif Skool

Klipstapel as herinnering aan die Tiornado wat die dorp getref het in 1967

KLIPSTAPEL: 31 Mei 1967  Republiekdag : Tornado

1967 ‘n Groot ramp tref Viljoensdrif se skool.

 Jare se werk was in minute verwoes

31 Mei 1967  Geen skool. Republiekdag.                                                                   Die aand 6 uur bars ‘n geweldige donderstorm uit.                                                                     ‘n Tornado verwoes binne 5 minute die Laer Volkskool Viljoensdrif.                                                  Die poskantoor se dak is af en heeltemal weggewaai.                                             Meeste huise is ernstig beskadig.                                                                                           Bome van 100 voet is ontwortel en het op geboue en motors geval.                Alle krag en telefoonverbindings af.                                                                         Net een skoonmaker was lig beseer. Gelukkig was meeste mense tuis.

Die Skoolhoof vertel:

“Eers het dit gereën en hael het geval.                                                                          Toe gaan die krag af.                                                                                                Skielik was daar ‘n geweldige gesuis, ‘n harde slag en geluid van glasskerwe en sinkplate wat teen die huis geslinger word.                                                               ‘n Onheilspellende stilte en pikdonkerte.                                                                        Hy gaan gaan uit buite toe om te probeer kyk wat is skade.                                   In die blits van ‘n weerligstraal sien hy met skok, die skool is weg.”

Grootste skade was by die skool.                                                                              Die dakke was almal afgewaai.                                                                                                    12 klaskamers is verwoes.                                                                                                                                 Die mure van die klaskamer het omgewaai.                                                                          Die tydelike klaskamers  was verfrommel.                                                  Skoolbanke en boeke was verstrooi oor die terrein.                                              Die skool was ‘n murasie.                                                                                  Onbepaalde vakansie vir die leerlinge tot planne gemaak kon word vir lokale.

 1976 NUWE SKOOLGEBOU

1.9.1967  word die nuwe skoolgebou  betrek. Nog orals was hulle besig met opruimingswerk.

Ingewy 9 Februarie 1968.

9 FEBRUARIE 1968 GEDENKMONUMENT/ Klipstapel

Met die inwyding van die nuwe skoolgeboue word die Gedenkmonument voor die skool onthul.                                                                                                                   Ter herinnering aan die groot tornado.                                                                     Gebou uit klip van die oorspronklike skoolgebou.                                           Datum 1967 is op die klippe aangebring

1976 Skoolpad geteer

15.8.1976 gruispad na skool geteer

Tans is skool uiters vervalle. Vensters gebreek, plafon ingesak. Slegs fondasies van eens lewendige klaskamers is oorblyfsels van ‘n luisterryke verlede.

Die bord wat by die klipstapel was, word tans in bewaring gehou deur een van die bure.

Viljoensdrif

MAGISTRAATSGEBOU / POLISIESTASIE / HOF / POSKANTOOR

Poskantoor  1901                                                                                                   Poskantoor was op die Viljoensdrif Stasie perron.                                                                   Reeds in 1901.                                                                                                                Dit was die enigste poskantoor in die OVS wat onder Suid-Transvaal geresorteer het.                                                                                                                  Eers was daar net een klerk.                                                                                                     Later net ‘n posmeester wat al die werk moes doen, tot in 1954.                          Daar was 2 maal ingebreek in Poskantoor, maar net pakkies en briewe was gesteel. Kon nie die brandkluis oopkry nie.

Tot 1923 was die voertaal Engels. Die stasiemeester, posmeester, polisiesersant en skoolhoof se voertaal was Engels

Later is ‘n telefonis opgelei vir ‘n skakelbord want die kragstasie en myne het die poskantoor bedrywig gehou. 

Posbussies was beplan en aanbouings na 1954 met  nuwe groter skakelborde.

Polisiestasie sedert 1904

1910 onder Unie was daar slegs 2 blankes SAC South African Constabulary ) onder die  bevelvoerende Engelse Korporaal.                                                           Viljoensdrif Polisiestasie was ‘n C-Klas stasie

1923 was alles nog Engels.

By die polisiestasie was ‘n wankelrige ou klein tronkselletjie. Almal was maar  onrustig as iemand daar opgesluit was.

1935 is die polisie se perde weggeneem

1935 is die ou sinkgebou vervang met nuwe gebou en die Polisiestasie word toe  ‘n A-Klas Stasie.                                                                                                            Die Naturelle staf  het bestaan uit 10 konstabels en ‘n sersant.                                          Die Stasie het beskik oor 2 vangwaens, 1 speurderkar en ‘n motorfiets

Vrederegterskantoor / Hof/ Magistraatskantoor

Viljoensdrif was ‘n geproklameerde drif.                                                           Transportwaens moes eers ‘n permit kry en doeane betaal op goedere. Die Doeanehuis en Betaalkantoor was langs die transportpad, so halfmyl van drif af.

1904 is ‘n Spesiale Vrederegterskantoor gebou.

1918-1934 ‘n Besoekende magistraat het van Heilbron af gekom. Hy het te perd deur die drif gekom.                                                                                                                                Slegs Saterdae is hofsittings gehou.                                                                             Dan was die  saal gepak met naturelle.

Maandag tot Vrydag was die  gebou gepak met leergierige en lewendige kleuters

Tans die tuiste van Plakkers wat gebou stelsematig verwoes.

Januarie 2025 het die gebou afgebrand en gaan binnekort platgeslaan word.

NG KERK VILJOENSDRIF 1948

1948 Ds Harper Pretoria-Oos besoek Viloensdrif

25.5.1948  besoek Ds Harper Martins van die NH of G Kerk van Pretoria-Oos die skool op Viljoensdrif.                                                                                                                      Hy was behulpsaam met Nagmaalvieringe op Oranjeville.                                   Op sy terugreis het hy aangedoen by die Viljoensdrif skool om fotos te neem vandie  personeel en leerlinge. Fotografie was sy stokperdjie.

Ds Harper bespreek lank kerksake met skoolhoof,  wys hom daar op dat dit hul plig is om alles te probeer vir eie gemeente in Viljoensdrif.

Versoekskrifte word opgestel en gesirkuleer deur Ons Kristelike Strewers Vereniging

5.8.1948 Die Ring van Heilbron vergader in die Spoorwegsaal en besluit positief oor afstigting

16.9.1948 Amptelike stigtingsdatum NG Gemeente Viljoensdrif

3.10.1948 Eerste Kerkraadsvergadering in skool. Skoolhoof aangewys as Skriba en Kassier van die gemeente.

16 September 1948 stig die gemeente Viljoensdrif af vanaf die gemeente Oranjeville.

Die gemeente gebruik voorlopig die skool se klaskamers as bymekaarkomplek en ń plaaswoning as pastorie.

Bloeiende Sondagskool

Die nuwe kerkgebou se hoeksteen word gelê 3 Junie 1950.                                12 Augustus 1950 word die saal ingewy.                                                                   Die pastorie word 19 Mei 1951 ingewy.

12 Augustus 1950 met inwyding van kerksaal was daar 490 lidmate, meeste skoolouers

Die dorpie was hoofsaaklik ń steenkooldorpie.Ongelukkig het dalende lidmaatgetalle veroorsaak dat NG Gemeente Viljoensdrif in 2000 ingelyf is by Vaalpark gemeente.

2011 het NG Gemeente Viljoensdrif weer opnuut afgestig en weer hulle eie gemeente gevorm.

4 Desember 2016 het ds Jan de Man as “tentmaker” die leiding in die gemeente oorgeneem.

Die kerkgebou is netjies en in gebruik en ń lewendige gemeente nog in Viljoensdrif.

VILJOENSDRIFT  BEGRAAFPLAAS

Viljoensdift beskik oor 3 begraafplase: Almal erg verwoes en verwaardloos (2025)


1. Die ou begraafplaas

28.2.1902 Lawrence Alexander, 1 eensame Britse graf.                                       Per ongeluk geskiet toe hy die Britse pos by die drif genader het.                  Ongelukkig is die kruis omgestamp

Een Ongemerkte  Britse graf  vanuit die ABO , skrif onleesbaar

Twee rye grafte, byna dieselfde, meeste jong manne tussen 19 en 24. Vermoedelik bouers van Vaaldam.

Van die leesbare name

Sarel Johannes van der Berg; gebore 9.9.1914 oorlede 9.12.1934

Christian Lourence Lombard; gebore 10-5-1916 oorlede 12-2-1935

Gert Jacobus du Plessis; gebore 28-12-1911 oorlede 29-11-1935

William George Smith; born 12-5-1915 died 12-9-1936

Frederik Richardt Zeelie; gebore 29-10-1911 oorlede 24-4-1936

In loving memory; of my dear wife Kate Lamont; born12-12-1895 died 20-1-1937; sadly missed by husband and children


2. Die nie-blanke begraafplaas

Apart begrawe

Vreemde graf , weg van die ander en kyk in ‘n ander rigting.                    J.J.Digojane *10 8 1898 † 8 4 1964.


3. Die Myn Begraafplaas
 Die grafte was oorspronklik op die myngronde.                                                         

Met die uitbreiding van die myn moes die begraafplaas en grafte verskuif word.                                                                                                                     

Opgrawings is gedoen en die beendere is herbegrawe naby die dorp.                   

Netjies en deeglik gedoen met individuele kruise en bordjies op elke graf wat naam en datums aandui indien beskikbaar.                                                           

\Ongelukkig het hierdie begraafplaas ook deurgeloop onder die hande van vandale wat geen respek het vir dooies nie.

Maak 'n opvolg-bydrae