RIEBEEK-KASTEEL
Ou KANON / SEINKANON
Riebeek-Kasteel ‘n besonderse dorpie in die Wes-Kaap, so aan die voet van Kasteelberg.
Die dorp is vernoem na Jan van Riebeeck, goewerneur aan die Kaap
Die Ou Kanon is op die dorpsplein/ dorpsmeent.
In die ou dae was hierdie kanon op Kasteelberg geplaas.
Die VOC het in die 1600’s ‘n seinstelsel in die Kaapkolonie gebruik om boodskappe vinnig na die wyd-verspreide boere in die binneland in te stuur.
Rondom die Kaap was kanonne geplaas en as daar ‘n skoot afgevuur was, moes burgers vinnig gewapen , dikwels te voet by die versamelpunte bymekaarkom. Daarna moes hul jaag na die Kasteel toe.
Hulle het van kanonne, vlae en rookseine gebruik gemaak om boodskappe te stuur.
Die burgers het al verder wegbeweeg en die distrik Stellenbosch het vinnig gegroei wat kommunikasie moeilik gemaak het.
Mettertyd teen 1734 was daar 3 lyne van kanonne;
Die swartland-lyn (na die noorde),
Die Overberg-lyn (na die ooste)
en die Boland-lyn (Noord-ooste).
Die kanonne was bedoel vir militêre gebruik om burgers te waarsku as gevaar dreig en om hulle op te roep indien daar vyandige skepe Tafelbaai sou binnevaar. Hiervoor was die kanonne min gebruik.
Die beginpunt was Plattekloof, Tygerberg. Hier is ‘n rooi vlag gehys.
Slegs betroubare burgers mag hierdie seine uitgestuur het en senior offisiere het gereeld die seinposte besoek.
Volgens oorlewering is die seinkanonne ook gebruik om boere te laat weet as daar skepe aan wal gekom het sodat hulle vinnig kon gaan om hulle voorrade te verkoop.
Die kanon het daar op Kasteelberg gebly tot in 1938. Tydens die Simboliese Ossewatrek is die kanon van Kasteelberg afgebring, gerestoureer en op die dorpsplein, die ou markplein, geplaas om voortaan hier bewaar te word
Bronne internet. Heritage Portal.Weskus Heritage
Foto’s Levina Vermeulen April 2025. Heritage Portal










