Simonstad
Kabelspoor
Simonstad Kabelspoor
Simonstown Aerial Ropeway.
Simonstad lê oos in van die Kaapse Skiereiland naby Kaapstad in Valsbaai. Dit beskik oor n groot hawe. Dien as hookkwartier en opleidingsentrum vir die SA Vloot.
DIE NUWE VLOOT HOSPITAAL. Royal Naval Hospital
Die vloot moes in 1899 ñ nuwe hospitaal en sanatorium bou aangesien die ou hospitaal onvoldoende en oorbevolk was en reeds vanaf 1810 en 1812 in gebruik was.
Die nuwe hospitaal en sanatorium is hoog op teen die helling van Red Hill gebou, hoofsaaklik om siek seemanne te verpleeg en te laat herstel.
Toegang tot die hospitaal en sanatorium was baie moeilik, slegs per voet teen ñ steil opdraante uit met baie trappies. Dit het verseker die siek en koorsige manne uit die publieke plekke in die dorp gehou.
SIMONSTAD KABELSPOOR
Om die vervoerprobleem na die Nuwe Vloothospitaal op te los is begin om ñ kabelspoor te bou wat voorrade sowel as mense kon vervoer. Dit was Suid-Afrika se eetste passasierskabelspoor. Daar was reeds in die skeepswerf ñ kabelspoor, maar dïe kon slegs gebruik word vir goedere.
Januarie 1903 is begin bou aan hierdie kabelspoor.
17 Houtmaste , teerpale / spanmaste het die kabelspoor gedra.
Die basis onder was in die westelike skeepswerf. Dit was so naby aan die geboue dat een van die kabels deur ñ gat in die muur van een gebou se geuwel moes gaan.
Die kabelspoor het laag oor St George str gegaan en ook oor 3 huise. Die eienaars is daarvoor vergoed en rytuie moes maar mooi koes vir die kabelkar.
Daar was 2 landingspunte . Die eerste by die Vloot Hospitaal en Sanatorium en die ander bo teen Red Hill waar ñ enjinkamer was vanwaar die kabelspoor beheer was. Eers aangedryf deur ñ dieselenjin, later deur ñ elektriese stelsel.
Die kabelspoor het voorrade en mense vervoer, ñ rit wat 15 minute geduur het.
Daar was gebruik gemaak van 6 kabelkarre. Twee vir passasiersvervoer, 2 vir pasiënte en 2 vir voorrade.
Gereelde bosbrande het die houtmaste beskadig en 1913 is dit vervang met metaalstutte of spanmaste.
1927 is die kabelspoor gesluit weens ñ misverstand. Elke Vrydag is die kabelspoor slegs vir voorraad en inspeksie gebruik. Die verantwoordelike offisier het ñ kennisgewing uitgereik aan stasies en skepe dat kabelspoor buite aksie is Vrydae. Een van die amptenare het die kennisgewing verkeerd vertolk en as ñ groot verlies beskou as dit so dikwels breek. Derhalwe is die kabelspoor liewer gesluit.
1932 is ñ pad teen die heuwel op gebou en 1934 is die kapelspoor finaal gesluit en die kabels verwyder.
Van die metaal spanmaste staan nog steeds daar in Simonstad, ongemerk. Die inwoners en besoekers weet nie van hierdie merkwaardige ingenieurs-prestasie lank gelede nie
Bronne en foto’s: Internet en Facebook
Samesteller: Kobie Ströh












