Henley-on-Klip / Rebstein Brug / Meyerton

Henley-on-Klip

Meyerton

Rebstein brug

HENLEY-ON-KLIP

‘n Prentjiemooi, idilliese dorpe al langs die Kliprivier.

Bekend vir sy bome, pragtige rose, pragtuine en salige rustigheid waar ontsnap kan word uit die woeligheid van die stad

Henley-on-Klip is in 1904 kort na die ABO gestig deur advokaat Horace Kent.

Henley-on-Klip het weerskante van die Kliprivier ontwikkel en om mekaar te bereik, moes van roeibootjies gebruik gemaak word of deur die drif gereis word, die Zoudtdrift. Menige inwoner en reisiger het in ‘n maalgat naby Zoudtdrift verdrink.

Ook is ‘n keerwal, die Kidson Weir, gebou (1905) wat die twee halwes van Henley later met ‘n loopbrug verbind het. Later jare was daar ‘n laagwaterbrug gebou.

Henley-on-Klip word geteister deur vloede. Ernstige vloede verander die landskap in mere en paaie, huise en tuine word oorstroom. Niks kan hierdie watermassas keer nie.

1917 was een van ergste vloede na ‘n buitengewone reënseisoen. Die keerwal het gedeeltelik weggespoel.

1918 het die keerwal weer weggespoel toe damme in die rivier gebreek het. So ook tydens vloede in 1978,1984 , 2000,2010…

Die Eerste brug, die Slangfontein brug, is deur die plaaslike boere self gebou in 1926 by Zoudtdrift.

Dit het toegang na die oorkantste deel van Henley vergemaklik, maar dit het nogtans beteken dat boere hulle produkte met ‘n ompad moes vervoer.

REBSTEIN BRUG

Desember 2010 het een van die ergste vloede Henley-on-Klip getref. Bome en takke en rommel het teen die die voetbrug oor die keerwal opgedam, die vloei van die rivier blokkeer en groot skade veroorsaak.

Januarie 2012 is begin om die skade te herstel en 2012 is planne beraam om ‘n nuwe brug oor die rivier te bou. Die ou laagwaterbrug is verwyder.

Die Rebstein brug is geopen in 28 Januarie 1961.

Vernoem na Mnr Rebstein, ‘n Duitse sakeman wat verbete geveg het vir die bou van hierdie brug.

Mev Kidson het persoonlik die lint geknip en die brug gekruis in ‘n Model T Ford. Sjampanje proppe het geskiet by die geleentheid.

Op die Rebstein brug se pragtige staalreëlings is arende arende, tipiese Duitse invloed.

Inwoners het toegang tot die rivier, maar meeste van die terrein is nou afgekamp om die vleilande te beskerm.

Dit was ‘n gewilde staproete… vanaf Rebstein brug al langs die rivier se oewer, kruis die rivier by die Kidson keerwal en terug oor die brug by Saloojees, Die Slangfontein Brug. Nou ongelukkig nie meer moontlik nie.

Foto’s. Gys Ströh snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) GGSA VAAL Desember 2024.

Maak 'n opvolg-bydrae