BRIXTON TORING / HERTZOG TORING / SENTECH TORING

BRIXTON TORING/ HERTZOG TORING / SENTECH TORING

‘n Kenmerkende landmerk in Brixton, Johannesburg , is hierdie beton-toring gebou op Brixton rif . die toring is 237 m hoog.

Gebou in 1961 gebou, vroeg in 1962 voltooi.

Ontwerp deur Ove Arup en Vennote, bouers Christiani and Nielsen SA teen ‘n koste van R300 000.

Die Albert Hertzog-toring is die resultaat van uitstekende ingenieursvernuf

Die volle hoogte van 237 m is in Des 1961 bereik en die 53 ton staalmas op die top is voltooi in slegs 3 weke.

By voltooiing was dit die hoogste mensgemaakte toring in Afrika, Hillbrow- toring sou hierdie toring later oorskadu.

Die unieke fondasie is sirkelvormig met ‘n deursnee van 26 m, 6 m wyd en 2 m diep ingegrawe. Daar is 1 340 ton betongebruik in die fondasie.

5 684 ton beton in die toring self.

Albert Hertzog-toring is gebou op Jeppestown skalie op die Brixton rif. Jeppiestown Skalie is bros maar het uitstekende kompressie krag/ saamperskrag, ideaal om swaar gewig te kan dra.

Vir versterking (Reinforcing) is 300 ton staal gebruik.

Ekstra versterking (reinforcing) is gebruik om winde van 186 km per uur te kan weerstaan en rukwinde van 200 kmpu. Die toring is so ontwerp dat hy 2 m kan oorleun op die top.

Weens die unieke vorm, beweeglikheid en elastisiteit van die toring kan aardbewings nie binne gevoel word nie.

Ekstra weerlig beskerming is ook ingebou en etlike weerligstrale kan weerstaan word.

ALBERT HERTZOG

Die toring was die Albert Hertzog-toring genoem.

Albert Hertzog, die seun van die Eerste Minister JBM Hertzog, stigter van die Herstigte Nasional Party. Albert H Minister van Pos en Telegraafwese gedurende die apartheidsjare.

Hy was bekend daarvoor da thy erg gekant was teen televisie in SA. Hy het gesê dat het SA oor sy dooie liggaam televisie sal kry. Hy het televisie beskryf as ‘n miniatuur bioskoop waaroor ouers geen beheer sal hê nie. SA sal films inbring wat rassevermenging aanmoedig. Dit is die duiwel se eie boks vir aanmoediging van kommunisme en immoraliteit

Die toring was bedoel vir televisie sowel as radio uitsendings, maar tot 1970 was slegs FM uitsendings gedoen.

Die eerste uitsending 22 Desember 1961

1970 moes die regering onder publieke druk swig en tv uitsendings toelaat. Die Hoof televisie uitsender vanaf die Brixton-toring.

Albert Hertzog-toring se naam verander na die Brixton-toring, die naam van die voorstad waainr die toring geleë is.

Brixton-toring was jare lank ‘n gewilde besoekpunt vir die publiek met ‘n asmrowende uitkykpunt oor die stad Johannesburg. (vanaf ‘n dek). Met die vinnigste hysbak in die Suidelike Halfrond.

Die hol toring met net ‘n hysbak-skag binne was druk besoek en die radio uitsendings-toerusting op die grondvloer was bewonder.

1981 is die toring gesluit vir die publiek weens veiligheidsrisiko’s.

SENTECH

Brixton-toring word nou gebruik vir radio- en televisie-uisendings en telekommunikasie. Dit huisves tans Sentech wat 2001 regte tot die toring oorgeneem het

Brixton-toring is steeds hoogste uitsendingstoring in Afrika. Die eerste in die wêreld wat 6 FM kanale kon kombineer in ‘n gedeelde antenna.

Die toring toon tekens van verval met beton wat begin afskilfer. Sentech het reeds baie spandeer om hierdie toring behoue en veilig te hou.

Fto’s: Gys Ströh April 2025. Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae