Fraserburg
Simboliese Ossewatrek
Voortrekker Eeufeesvieringe 1838-1938
Simboliese Ossewatrek
Simboliese Ossewatrek tydens die Eeufeesvieringe van die Groot Trek 1838-1938
Die waens het verskillende roetes kruis en dwars oor Suid-Afrika gevolg om soveel moontlik dorpe in te sluit.
Die Magrietha Prinsloo Wa het die Noorwestelike roete van die Kaap besoek.
Magrietha Prinsloo was een van die jong vroue wat wonderbaarlik die Bloukransmoorde oorleef het.
Die wa is spesiaal vir die Simboliese Ossewatrek 1938 gebou deur die wamakersfirma Philps van die Paarl.
Die Magrietha Prinsloo Wa kom 7 Oktober 1938 by Fraserburg aan. Daar word die wa feestelik ontvang voor hy verder vertrek op sy roete na Pretoria.
ñ Klipstapel is gepak ter herdenking aan hierdie spesiale gebeurtenis.
ñ Roerende toespraak deur die destydse LV Adv Eric Louw was een van vele toesprake tydens die feesvieringe.
Na die Eeufeesvieringe is die Magrietha Prinsloo Wa aan Hoërskool Cilliè geskenk vir bewaring.
Lees meer:
https://www.facebook.com/share/p/12DaZB2UVyT
https://monument-sa.co.za/simboliese-ossewatrek-groot…
Foto’s: Salomi Laubscher Januarie 2025


