Nasionale Krugerwildtuin
Hierdie wildreservaat is ñ monument vir bewaring van ons ongelooflike wilderfenis.
Krugerwildtuin is ongeveer 380km lank en 65km breed en strek oor verskeie ekosisteme en afwisselende geologiese onderbou. Ongeveer 2 milj hektaar wat oor Laeveld strek oor 2 provinsies, Mphumalanga en Limpopo en wat aan die oostekant grens aan Mosambiek en noordekant aan Zimbabwe.
Hierdie park is ryk aan geskiedenis met bewyse dat mense gedurende die oertyd, steentydperk, ystertydperk ens. hier gewoon het. So ook vind ons hier Boesmantekeninge wat die San aan ons agtergelaat het. Die sandsteen in Pafuri area dateer uit die tyd van Dinosaurusse.
Eerste Europiër wat die gebied verken het was die Nederlander Francois de Cuiper in opdrag van die VOIC in 1725. Hy is egter aangeval in die Gomondwane area en is teruggedryf.
1838 het Voortrekkerekspedisies van Louis Trichardt en Hans van Rensburg die gebied verken maar malaria en tsetsevlieg het hulle geteister.
1845 het ñ Portugees van Italiaanse afkoms Joâo Albasini die eerste wit nedersetter geword wat hom hier gevestig het. Hy het ñ winkel bedryf naby Pretoriuskop. Ongeveer hierdie tyd het handelsroetes hier ontstaan.
Die geskiedenis van die park (veral die noordelike gebied) is hoofsaaklik die verhaal van die ivoorroete. 1903 – 1920 het jagters, transportryers en avonturiers die roetes gebruik.
Paul Kruger het op jong ouderdom reeds besef dat die vinnig verminderende wild en dierelewe beskerm sal moet word. 1884 het hy al begin pleit dat gebiede soos Shingwedzi uitgehou moet word as wildreservaat maar eers in 1898 is Sabie reservaat geproklameer, indirek die begin van Kruger Park. Die ABO het die reservaat nadelig getref want wild was grootskaals uitgeroei, deels as voedselbron, deels as strategie. Na oorlog 1902 moes park herbou en hervestig word.
Hamilton is in Julie 1902 aangestel as hoof veldwagter en hy moes die moeilike taak aanpak om Sabie en Shingwedzi Parke te beheer, 30 000vk km met privaatgrond tussenin. 1903 is nog grond bygevoeg. Siektes, stropery, jagters, mynbou, inheemse stamme se beeste in area, misdadigers, smokkelary, aanvraag na grond ens. was groot uitdagings.
31 Mei 1926 is die Nasionale Parke Wet aanvaar en die reservaat sou voortaan as Kruger Nasionale Park bekend staan. Die einde van ñ 40 jaar lange stryd. Ekstra veldwagters is aangestel en inheemse stamme is uit gebied geskuif. Pafuri gebied is huidig teruggegee aan die Makulele volk wat nou baat uit toerisme. 1938 met uitbreek van bek-en-klouseer epidemie is alle diere met gesplete hoewe vernietig en begrawe, ongeveer 3000 beeste. (Die totale rykdom van die inheemse bevolking).
Toe Kruger Park in 1926 geproklameer is, was die enigste vervoermiddels ossewaens, pakdonkies en bokwaens. Hamilton het besef dat toerisme ñ groot rol gaan speel en dadelik begin met ontbossing om paaie geskik vir motors te bou. Teen einde 1929 was daar 400 km se paaie gebou. Oor groot riviere soos Sabierivier, Krokodilrivier en Letaba het hy ñ pont gevestig wat met hande oor die rivier getrek is.
1926 is ñ hut gebou ( Rabelais se hut) op westelike grens wat gebruik is as kantoor by toegangshek. Hierdie hut is gebruik tot 1954 toe Eileen Orpen 7 plase van ongeveer 24 500 hektaar geskenk het vir Kruger Park. Die hek is toe verskuif na huidige Orpen hek. Die Park het nou een groot gebied beslaan.
1927 is hekke die eerste maal oopgemaak vir toeriste en 3 voertuie is daar deur teen 1 pond elk. 1928 is totaal van 180 voertuie deur en 1929 850. Huidig meer as miljoen besoekers jaarliks.
1929 is begin met bou van ruskampe ( eerste op Pretoriuskop)want tot op datum het net die heel dapperstes die wankelrige skuilings aangedurf en veldwagters het maar soms hulle eie woonplekkies beskikbaar gestel.
Vandag is Kruger Nasionale Park die trots van Suid Afrika. Groot grondeise (ongeveer 60 persent van Park) is nuwe uitdagings en groot projekte is aan die gang om die omliggende nedersettings te betrek en om hulle armoede te verlig deur te deel in winste van Kruger Park. Die grensdrade aan westekant na Mosambiek reeds verwyder om ñ oorgrenspark te vorm wat wild toelaat om meer vrylik te beweeg.
Huidig is een van die grootste bedreigings in Kruger Park die stropers van wild, veral olifante en renosters vir hulle horings
Kruger Gedenkplate
Stigters Gedenksteen
Kruger Nasional Park
Skukuza Ruskamp
Pieter Gert Wessel Grobler (Piet)
Stephanus Johannes Paulus Kruger (Paul)
Lt. / Kol. James Stevenson Hamilton
Kruger Nasionale Park
Toegangshekke
Daar is 11 toegangshekke na die Kruger Nasionale Park. Meeste hekke is in die suide en dit is ook waar meeste toeriste KNP binnegaan. Elkeen met sy eie interessante naam en geskiedenis.
1. Kruger hek met sy indrukwekkende standbeeld van President SJP Kruger, stigter van die Kruger Nasionale Park. Onthul 16 September 1976. Beeldhouer Coert Steynberg. Veldwagter gedenkteken is ook by die Kruger hek.
2. Krokodilbrug. Hier vind ons die treinbrug oor die Krokodilrivier, 1899 gebou.
3. Malelane hek. Afgelei van Swazi woord eMlalani. Lala beteken slaap of slaapplek.
4. Numbi Hek. Swahili woord wat beteken vis vang (catch of fish)
5. Phabeni hek. Sotho woord wat beteken skuiling in grot (shelter of cave)
6. Orpen hek. Ter ere aan Eileen Orpen en haar man wat soveel bygedra het tot ontwikkeling van Kruger Park en skenking van 7 plase om een groot park daar te stel.
7. Phalaborwa hek. Sotho woord. Borwa-suid. Phalaborwa ( baPhalaborwa) beter as die suide.(better than the south)
8. Punda Maria hek. Johannes Jacobus Coetzer (ook genoem Kat) was aangestel na WWI as een van die eerste veldwagters van die Sabie reservaat.Hy het hom gevestig by Shiokololo fontein onder Dumbo Hill en dit Punda Maria genoem. Die eerste dier wat hy op die nuwe terrein gesien het, was ñ zebra. Die Swahili naam vir zebra is punda malia (gestreepte donkie). Sy vrou se naam was Maria en sy was lief daarvoor om swart-en-wit gestreepte rokke te dra. Vandaar die naam Punda Maria.
9. Pafuri hek. Pafuri grenspos. Blykbaar vernoem na die Venda opperhoof Maphphuli.
10. Giriyondo hek. Tsonga woord wat beteken skreeuend. (Screeching, squeeking).
Huldeblyk aan Veldwagters
Kruger Hek
Kruger Nasionale Park
Hardekoolstomp wat as monument dien vir veldwagters wat hulle lewens gegee het in diens van Natuurbewaring. Plate in 5 tale Afr, Eng, Venda, Swazi en Tsonga is op die stomp aangebring. Natuurbewaring kan nie toegepas word sonder die diens van veldwagters nie. Hulle is verantwoordelik vir die voortbestaan van Parke, bestuur van ekologie (plante, diere, water, grond ens), beskerming van diere, roofdierbeheer, veldbrand beheer, toepassing van Natuurbewaring Wetgewing en nog vele meer.
Veldwagters het in baie moeilike omstandighede begin ( Stevenson Hamilton en sy klein spannetjie) in die Sabie en Shingwedzi reservate. Kommunikasie middele het nie bestaan nie, paaie ook nie en vervoer was perd en wa. Kos was mieliepap en widsvleis en akkomodasie was modderhutte. Siektes soos malaria het hulle geteister en medikasie was skaars. Lone was karig, 250 pond per jaar vir ñ veldwagter.
Hulle grootste taak was aanvanklik om onwettige jag en stropery hok te slaan en dit in ñ gebied waar inwoners wild as ñ voedselbron beskou het.
Mettertyd het hulle geslaag en kon die Parke voorbestaan en slaag.
Vandag eer ons hierdie veldwagters wat onder moeilike omstandighede in groot gevaar selfs huidig verantwoordelik is daarvoor dat ons hierdie Parke kan geniet.
Bron: Geskiedkundige terreine van Kruger Nasionale Park Ron Hopkins