Kinderlewe in Suid-Afrika
Deel 3
Die Groot Trek
1836
“Paul, mamma sê ek kan my lappop saamvat as ons trek. Mamma gaan vir my Saartjie pop ń mooi nuwe rokkie maak en ook ñ nuwe kappie. Pappa het mooi lap gekoop om saam te vat en gare en sommer ook ń nuwe naald. Mamma sê ons moet net nie die naalde verloor nie want ons gaan dit baie nodig kry op die pad. As ons klere stukkend raak of te klein raak, moet ons vrouens dit kan regmaak. ”
“Ag, julle meisies is tog so erg oor julle poppe. Gelukkig is ek groot en hoef ek nie speelgoed in te pak nie.”
“Boetie Paul, jy jok lekker. Ek het klaar gesien jy het al jou beentjies en jou waentjie ingepak. Jy hou jou verniet so groot, jy is maar net 8 jaar oud !”
“Fientjie, loop speel! Dit is nie beentjies nie! Dit is dolosse. Dit is my osse wat ek inspan om my waentjie te trek. Ek kan dit mos nie hier los nie. Pappa het my gehelp om my waentjie uit hout te sny. Mens noem dit ń kakebeenwa. Ons pak mos al ons goed in ń regte kakebeenwa. My speel kakebeenwa is van hout, die ander seuns vat sommer ń regte kakebeen van ń dier om hulle wa te wees. Myne is tog mooier!”
“Boetie, ons gaan nog lekker saamspeel so op die pad as ons uitgespan het. Sal jy my help om ossies van klei te maak?Ek wil nie dolosse hê nie, maar regte egte kleiosse.”
Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh
Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet