Kerkplein Pretoria/ Geboue rondom Kerkplein

Kerkplein

Pretoria

Die simboliese middelpunt van Pretoria.

Kerkplein sonder ń kerk.

Marthinus Wessel Pretorius, seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius het ń plaas hier gekoop en die dorp Pretoria in 1855 gestig.

In die middel daarvan, op ñ plat heuweltjie was die Marktplein waar die boere kom uitspan het en waar hulle in hulle waens en tente gewoon het vir Nagmaal in die klein eenvoudige grasdakkerkie (gebou 1856).

Die plein het mettertyd omring geraak met geboutjies, winkeltjies, woonhuise, ń skooltjie, hotel, poskantoor en die raadsaal geboutjie vir die ZAR. Net die kerkie was in die middel toegelaat .

Na die Eerste Vryheidsoorlog het verandering ingetree. Die grasdakkerkie is nadat die weerlig hom aan die brand laat slaan het vervang met ń groter kerk met sinkdak en ń toring. Die grasdakgeboutjies rondom is ook vervang met groter geboue.

Na die ontdekking van goud in 1886 het die ekonomie gebloei en rondom Kerkplein is pragtige waardige twee-en drieverdieping geboue is opgerig in die ZAR styl soos die Ou Raadsaal.

Die ABO het groot veranderinge teweeg gebring. Geboue, simbole en monumente is deur die Britte gesloop en die plein is in ń paradegrond omskep. Die Tweede kerk met sy neo-Gotiese voorkoms is in 1904 gesloop en nooit weer herbou nie. Die Britte se verweer was dat dit bouvallig was. Sammy Marks laat in teengebaar ń fontein op die plein oprig.

Na die Uniewording in 1910 word nog groter geboue opgerig. Die kommersiële kern van die stad verskuif, ontvolk en verval en verwaarlosing tree in. Kerkplein word toe eers as tremstasie en later as busterminus gebruik. Halfronde granietmure en trappe met wapens van die Unie van SA en Pretoria weerskante is in 1922 by die tremstasie opgerig en is nou nog daar aan suidekant van Krugerstandbeeld. Interessant is ook die tremspore wat nog daar sigbaar is.

In 1975 word landswye veldtogte geloods om verval en die sloop van die ou geboue om Kerkplein te stop en geboue te probeer restoureer en bewaar.

Krugerstandbeeld

Die standbeeld van Paul Kruger word in 1954 in die middel van Kerkplein onthul daar waar eers twee kerke en later ń fontein gestaan het.Fontein verskuif na Pretoria Dieretuin

Rondom Kerkplein vind ons kortliks die volgende geboue.

1. Die TUDOR CHAMBERS. Kantoorgebou opgerig in 1904 in Britse styl, houtraamwerk met messelwerk ingevul en pragtige kleurglasvensters.

2. StANDARD BANKGEBOU wat opgerig is 1931-1933 in die plek van die Grand Hotel. Al die ou hotelle om die plein is vervang deur meestal bankgeboue en die sosiale rol van die plein verval heeltemal. Hierdie drieverdieping gebou het veroorsaak dat die beplande tweeverdieping Raadsaalgebou wat halfpad reeds voltooi was, inderhaas nog ń verdieping moes bykry anders steek hy dalk af teen die ander geboue.

3. Die OU RAADSAAL(Staatsgebouwen). Setel van die ZAR regering. Gebou in ZAR styl en hoeksteen is in 1889 deur Paul Kruger gelê.

4. CAPITOL TEATER. Hierdie 2000 sitplek teater met sy uitstekende akoestiek is in 1931 geopen. Sedert 1974 nie meer in gebruik nie en ongelukkig is hierdie sprokieswêreld van baie van sy versierings gestroop en word as parkeergarage gebruik.

5. Die OU NEDERLANDSE BANKGEBOU. 1896/1897. Die gebruik van bakstene met versierings van sandsteen wys die Vlaamse en Nederlandse invloed duidelik.

6. Die LAW CHAMBERS. 1890. Die gebou pas by die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie as deel van ZAR styl. Tydens restourasie 1988 is pleister en verf verwyder en oorspronklike baksteen en sandsteen herstel. Die gebou het houtplafonne met ń kleilaag as geraasbuffer en brandwering.

7. CAFE RICHÉ. 1904. Baie van die materiaal wat gebruik is in die gebou was vanaf die gesloopte tweede kerk op die plein. Op die grondverdieping was die gewilde Cafe Riché Lounge Bar waar gaste van onder deur glasblokke kon kyk na die voetsole van verbygangers op die sypaadjie. Anton van Vouw was die beeldhouer wat reliëf en beeld van die uil gemaak het.

8. OU HOOFPOSKANTOOR. Hoeksteen 1910. Die huidige gebou was die vierde poskantoor in Pretoria en staan in plek van vorige gesloopte poskantoor. Die reliëf rondom die horlosie is ook treffend.

9. NASIONALE BANKGEBOU.1891 Die tuiste van die eerste Transvaalse staatsbank wat ZAR se fondse administreer. Die laaste gebou waar die legendariese Krugermiljoene in geberg was.

Agter die gebou was die Staatsmunt.

10. ANNEKSGEBOU van die Nasionale Bank wat gebruik was as kantore vir die Munt en Nasionale Bank.

11. BANK VAN AFRIKA /KIRKNESS GEBOU

1906. Die fort voorkoms is gebruik om indruk te skep dat kliënte se geld veilig is.

12. PALEIS VAN JUSTISIE. 1886 begin bou 1897 hoeksteen gelê deur Paul Kruger. Kenmerkende ZAR styl. Twee ingangstorings. Die reuse ingangsportaal met kleurglasplafon is indrukwekkend. Die derde verdieping is bygevoeg nadat bouwerk al ver gevorder het. 1902 as Hooggeregshof in gebruik geneem.

13.OU RESERWE BANK. Na die ABO deur Herbert Baker ontwerp wat ook Uniegebou en Pretoriastasie ontwerp het. Indrukwekkende handgemaakte smee-ysterwerk aan noordekant van gebou.

14. OU MUTUAL GEBOU. 1929. Britse kolonisle styl soos die van Poskantoor en Standard Bank.

15. ONS EERSTE VOLKSBANK. Strewe na Afrikaanse volkseie bank. Kaapse argitektuur verenig met Transvaalse baksteentradisie. Ons Eerste Volksbank is in 1920 gestig en Volkskasbank het in 1934 hieruit ontstaan. Huidig ABSA.

16. EERSTE NASIONALE BANK. 1939. Poging deur argitek Gordon Leigh om versoening tissen Afrikaner en Britse kultuur te bewerk. Kaap-Hollandse styl sowel as Britse koloniale style.

Bronne en fotos.

Blaadjie opgestel deur Albert Holm. Erfenisstigting. Wikipedia. Internet.

Fotos: Gys Ströh snr November 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae