Berg-en-dal / Belfast / Bergendal

Belfast

Mpumalanga

Opgerig  1935

Ter herdenking van die Slag van Berg en Dal. Een van belangrike veldslae op plaas Bergendal gedurende ABO. Ongelukkig het die veldslag nie oorlog beëindig nie. Eers 2 jaar later in 1902 met groot lewensverlies is oorlog beëindig.

Daar is 2 monumente. Groot een  (Vuurpyl) is vir Boere en Piramied klipstapel is vir Britte.

Die Slag van Berg en Dal strek oor paar dae ongeveer 21 tot 27 Augustus 1900. In bevel van Boere was Genl Louis Botha met ongeveer 7000 man en 20 kanonne (oa Long Tom kanonne) met doel om spoorlyn te beheer tussen Belfast en Paul Kruger se hoofkwartier in ooste. Aan Britse kant Buller met 19000 soldate en 82 kanonne.

Botha het op ñ strategiese koppie 60 van sy beste man (ZARP’s – lede van die Republiekeinse Polisiemag) geplaas met opdrag om koppie tot die dood toe te behou.

Buller het besef dat as hy koppie verower hy die boerelinie in 2 kan verdeel. Hewige bombardement het vir ure aangehou voor Britte koppie bestorm het. Britte word 2 maal teruggedryf deur Boere se verwoede vuur. Britte het moedig aangehou en uiteindelik moes ZARP’s oorgee want hulle ammunisie is gedaan. Sommige ontvlug maar 19 word gevange geneem en 14 het gesneuwel. Aan Britse kant is 100 soldate gewond en 12 gesneuwel plus 7 offisiere gewond en 3 offisiere gesneuwel.

DIE SLAG VAN BERG-EN-DAL

BERGENDAL

21 Augustus 1900 – 27 Augustus 1900

Pos deur John Roderick

Maandag 27 Augustus 1900.

Lord Roberts besluit op ń frontale aanval regoor die plaas Bergendal. Generaal Buller sou hom met sowat 8000 man en 38 kanonne ondersteun.

Generaal Buller se mag fokus op die punt waar die Krugersdorp kommando, asook ń Duitse afdeling, hulself ingegrawe het.

Ook teenwoordig, en effens weg van die ander ingegrawe op ń koppie, was ń afdeling ZARPS.

Hierdie klein groepie van ongeveer 74 man sou die fokuspunt wees gedurende die aanval.

Die geveg het rondom elfuur die oggend begin met ń hewige Britse artillerie bombardment wat net meer as drie ure geduur het.

Die koppie waar die ZARPS ingegrawe was het die ergste deurgeloop.

Buller se mag het daarna in die rigting van die koppie waar die ZARPS was, beweeg.

Die ZARPS het gewag tot op die op die laaste oomblik alvorens die Mausers begin praat het.

Maklik was dit nie, dog Buller se mag is die dag deur ń handvol ZARPS gestuit.

Die Britse magte het ń tyd vasgeval, maar het kort voor lank weer die koppie probeer vat. Die ZARPS het twee stromlope afgeslaan.

Eers na die vierde probeerslag was hul gedwing om te onttrek.

Sowat 40 van die 74 – ZARPS het die dag daar gesneuwel.

Aan Britse kant het 13 man geval en is 103 man gewond.

ñ Oogetuie beskryf die inferno as :

“It was a sight never to be forgotten. It was truly grand – the shells of some sixty guns or more all bursting within a circle of 200 yards diamater, shrapnel with its white puff of smoke in the air, lyddite raising a dirty brown cloud as it struk. It was awful. I must say one coul not but admire the courage of the defenders.”

Fotos: Joshua Benjamin Haarhoff(Josie) en Gysbertus Johannes Ströh Junie 2018

Maak 'n opvolg-bydrae