Kosie Briedenhann
25 Oktober 1901
Dapper Penkop van die ABO
ABO
Oktober 1898 het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.
Alle weerbare mans ouer as 16 jaar wat burgers van die ZAR en Vrystaat was, was opgeroep vir krygsdiens.
Baie seuns wat nog nie 16 was nie wou graag op kommando gaan om saam met die manne te gaan veg. Party het wel spesiale toestemming gekry om aan te sluit, maar meeste is op die plase agtergelaat om moeder te help met die boerdery en plaasbedrywighede.
Baie jong seuns het egter weggeloop om by die kommando’s aan te sluit.
Van hulle is teruggestuur huis toe, maar hulle het eenvoudig net weer later by die Burgers aangesluit.
PENKOPPE
Seuns onder 16 jaar wat tydens die ABO op kommando was, word Penkoppe genoem.
Die Boere het ñ jong wildebeesbulletjie ñ Penkop genoem. Die jong bulletjie waarvan die nuwe horings nog soos 2 penne gestaan het, wild en energiek. Hierdie energieke dapper seuns met hulle kortgeskeerde hare wat soos ñ jong wildebeesbulletjie opgetree het, het die benaming Penkoppe gekry.
Soos al die Burgers het n Penkop sy eie perd gehad en meestal hulle eie geweer besit.
Jong seuns is van kleins af in die saal en goed geleer om vaardig met wapens te wees.
Tussen Penkoppe en Burgers is daar geen onderskeid gemaak nie. Hulle moes dieselfde take vervul en diens doen.
Hierdie Penkoppe was dikwels van die beste krygsmanne, waaghalsig, dapper en onverskrokke em daar is in baie gevalle op hulle staatgemaak.
Menige Penkoppe het met hulle lewens geboet, is as krygsgevangenes weggevoer of het selfs voor ñ vuurpeleton gesterf.
KOSIE BRIEDENHANN
25 Oktober 1901
Kosie is een van ons minder bekende dapper kinderhelde.
Die Britte het die Boere onverhoeds op die plaas Downs aangeval.
Downs was die plaas van Hendrik Hartman en so 14 km noord van Campbell en 120 km wes van Kimberley geleë.
Die Burgers moes so vinnig moontlik vlug om onder die spervuur uit te kom.
Die 16-jarige Kosie Briedenhann het reeds veilig uitgejaag toe hy opmerk dat sy Kommandant Visser in die moeilikheid was en gesukkel het om sy verskrikte perd te bestyg.
Sonder om te huiwer het die dapper Kosie teruggejaag en sy kommandant gehelp.
Skielik het ñ Britse koeël Kosie getref en hy het teruggesteier en geval.
Kommandant Visser het met skok die gapende gat in Kosie se voorkop gesien en besef dit was ñ doodskoot.
Kosie Briedenhann het sy kommandant se lewe gered, maar met sy eie lewe daarvoor betaal.
Ons kan nie anders as om hierdie Penkoppe met eerbied en respek en agting te onthou nie.
Bronne: Internet. Dapper kinders van Suid-Afrika, DJ Kotze (Foto’s). Die heldedaad van Kosie Briedenhann, Danie Stegman.