Uitenhage Spoorwegstasie: Die Pophuis Oos Kaap

Uitenhage Spoorwegstasie: Die Pophuis

Uitenhage

Oos-Kaap

Uitenhage Spoorwegstasie: Die Pophuis

Een van die oudste stasies in die land.

In vroeë dae was paaie om Uitenhage feitlik onbegaanbaar en afstande na binneland was groot.

Alles is per ossewa vervoer en dit het weke, selfs maande geneem om bestemming te bereik. Die enigste passasiervervoer tussen Uitenhage en die Baai was ń koets wat 21 passasiers kon vervoer, ń rit wat 3 ure geduur het.

Die snelle ontwikkeling van die wolwassery bedryf het verkeer laat toeneem. Junie 1860 is daar 1673 waens en 107 perdekarre wat tol betaal het om die Rawsonbrug oor die Zwartkopsrivier te gebruik.

Die ontdekking van diamante het verbinding tussen die hawe en diamantvelde noodsaaklik gemaak.

Versoeke vir ń spoorverbinding het op dowe ore geval.

1870 word ń beloning aangebied aan enige maatskappy wat ñ spoorlyn sal bou tussen die hawe (Port Elizabeth) en Uitenhage. Hulle sal ń groot stuk grond ontvang. Die maatskappy PE&Uitenhage Railway Company word gestig en 1872 begin hul met die bou van die spoorlyn.

21 September 1875 word die PE/ Uitenhage spoorlyn amptelik geopen met groot feesvieringe en selfs ń vuurwerkvertoning op die Markplein. Die eerste trein, versier met immergroen plante, vertrek na PE met 200 bale wol. Interessant breek daar eers ń groot oproer onder die skare uit toe een van gassprekers ń politieke toespraak lewer en gemoedere moes eers gekalmeer word en vlugtende dames teruggebring word.

Stasiegebou. Die Pophuis

Die Stasiegebou, voltooi in 1875 is ń dubbelverdieping gebou. Victoriaanse styl met spitsdak en 3 vensters bo, versier met broekie lace (hout-kantwerk).Gotiese trappe lei na die boonste verdieping waar die stasiemeester gewoon het.

Die stasiegebou was sommer van begin af bekend as die Pophuis (Dolls House) en inwoners het gespog dit is:”…the prettiest building of its kind in the Colony.”

Stasiegebou was in gebruik tot 1951

1970 gerestoureer en in 1976 verkaar as Nasionale Monunent.

Huidig huisves die gebou en stasie ń museum met ou treine, lokomotiewe ens. ń Ware skat met verrassings en kosbaarhede om elke hoekie en in elke vertrekkie. Hartseer om die verwaardlosing en verval en nalatigheid raak te sien.

 Bobbejaan

Die bekendste storie hier is die bobbejaan wat diens gedoen het in die Spoorweë.

https://m.facebook.com/groups/247164885703118?view=permalink&id=885883298497937

Maak 'n opvolg-bydrae