Panfontein Plaasskool Monument

Verdwene Monumente
Panfontein Plaasskool Monument
Vereeniging distrik.
Panfontein Plaasskool is in 1927 op die plaas Panfontein naby Vereeniging gebou. Misvloere, plankluike voor vensters en mure van modder en klip.
Hewige reën het mure laat omtuimel en in 1928 het 2 ouers nuwe sinkskooltjie opgerig.
ñ Monument ter ere aan plaasskole wat die begin was van ñ hele onderwysstelsel is voor die skooltjie opgerig ongeveer 1962.
Hierdie monument het verdwyn. Al oorblyfsel is ñ sementblad waarop die monument vemoedelik gestaan het.
Huidig bestaan die skool nog. Naam is verander na Panfontein Primary School of Panfontein Intermediate School en is geleë in die Bantu Bonke nedersetting. Bantu Bonke beteken ” People together”. Die skool se leuse is ook “Growing together”. Netjiese skool, geordend en gedissiplineerd. Nuwe vleuls is aangebou en verskeie skeepshouers is ingerig om groot klomp kinders te akkomodeer. Skoolhoof is baie entoesiasties om leerders ñ monument weer te laat oprig ter ere aan die “education system”.
Anglo American het in 2003 aan die Bantu Bonke gemeenskap 23 hektaar grond geskenk en 15 tonnels is vir hulle opgerig. Mbv heelwat skenkings kon die gemeenskap ontwikkel en in 2009 was heelwat mense werksaam in die projek en het hulle groot hoeveelhede groente gelewer aan Johannesburg Mark. Huidig lyk die tonnels maar verlate en verwaardloos so ek weet nie hoe suksesvol is boerdery tans nie.
Bron: Fotobeeld van 300 Monumente langs die pad van SA. Dr DJJ van Tonder 1975.
Vaalster Augustus 2011

_________________________________________________________________________________________________________

Huisgenoot 5 Oktober 1962

 

‘n Paar myl van Vereeniging, naby die Vaalrivier staan ‘n gedenkteken enig in sy soort in ons land. Skoolouers het dit van ysterklippe gebou  en uit die bouwerk verrys daar ‘n dik staalpyp met ‘n aantal kort staalpypies aan die bokant. (Die bopunt stel ‘n vlam of fakkel voor. )

Die ysterklippe kom uit die murasie van ‘n geboutjie wat vroeër ‘n plaasskool was. Die voetstuk van ysterklippe simboliseer die opheffingswerk wat in die klein skooltjies orals in ons land gedoen is en nog elke dag gedoen word. Die gedenkteken bring veral die gedagte van die groei van ‘n volk uit die puinhope van die oorlog wat in 1902 by Vereeniging tot ‘n einde gekom het. Die staalpype uit Vereeniging se staalfabrieke is ‘n teken van die staalkrag van ‘n volk wat selfstandig geword het.

Hierdie gedenkteken, wat by die skooltjie op Panfontein opgerig is , bring hulde aan die werk van honderde klein skooltjies en duisende stille werkers. Talle persone in ons land het hul onderrig in die beginjare van hul opvoedkundige vorming in sulke klein skooltjies ontvang.

 

Monument Jagter:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

Pos deur Alta du Plooy ( Maart 2024)

KOESTER ONS ERFENIS VAAL

2 MAART 2024

TEKNORAMA MUSEUM VEREENIGING

Fase 1 van die Teknorama Museum projek in Vereeniging het vandag afgeskop.

Lede van die KOEV groep het die verlore PLAASMONUMENT GEDENKPLAAT wat hulle opgespoor het staangemaak voor die ingang van die Erfenissaal by die Teknorama museum.

Die Panfontein eenmanplaasskooltjie buite Vereeniging was in 1927 feitlik ‘n murasie, met houtluike voor die vensters, geen ruite en ‘n misvloer.

Met die aanstel van ‘n assistant het ouers nog ‘n kamer aangebou van klei waarvan die mure telkemale met die reën ingeval het.

Na 2 jaar het die ouers self ‘n tweekamer sinkhuisie opgerig wat deur die departement van Onderwys gehuur is.

Dr Johannes Jacob van Tonder was skoolhoof van hierdie plaasskool gedurende die depressiejare van 1929 tot 1934.

Later jare (1953) word dr van Tonder aangestel as inspekteur van onderwys waar hy hom beroep om te verseker dat geskiedenis in die onderwysstelsel tot sy reg kom.

Dr van Tonder het die PLAASSKOOLMONUMENT te Panfontein in 1962 ingehuldig. Daar is vandag geen teken van die monument op die terrein nie. Al wat behoue gebly het is die gedenksteen.

Die KOEV span is trots daarop om die gedenksteen in veilige bewaring by die Teknorama museum te plaas ter ere van Dr van Tonder en sy liefde vir die geskiedenis en Vereeniging.

NS: Dr van Tonder was ook

– ‘n stigterslid van die FAK

– voorsitter van die Paardekraalfeeskomitee

– voorsitter van die komitee om die Kruger standbeeld in Krugersdorp op te rig

– voorsitter van die komitee om die AG Visser monument in Heidelberg op te rig

– voorsitter van die komitee om die JG Strydom monument op te rig.

– voorsitter van die Historiese Genootskap vir bykans 20 jaar

-tussen 1964 en 1974 in die geskiedeniskomitee van die FAK gedien

– tussen 1970 en 1976 het hy 6 boeke uitgebring, gedruk en versprei op sy eie onkoste, oa: Fotobeeld van 300 monumente en gedenktekens langs die pad van Suid-Afrika en Kinderhelde en heldinnetjies van Suid Afrika

VIR DR VAN TONDER WAS DIE LIEFDE VIR EN KENNIS VAN GESKIEDENIS ‘N PRIMÊRE FAKTOR IN ‘N VOLK SE STRYD IN VOORTBESTAAN

Met dank aan Prof van Jaarsveld vir inligting en die KOEV span vir hul bydrae tot die bewaring van ons erfenis.

Maak 'n opvolg-bydrae