Nasionale Erfenisdag – Nasionale Braaidag – Tshaka dag/Shaka – 24 September / Enoch Sontonga/ Nasionale Lied / Braamfontein Begraafplaas

Stanger KZN D111grondpad
Enoch Sontonga.

Braamfontein Johannesburg
Nkozi Sikelel’ iAfrika

Oorsprong van Nasionale Erfenisdag
24 September is ñ publieke vakansiedag wat sedert 1994 as Erfenisdag gevier word. Toe die nuwe regering in 1994 aan bewind gekom het, is besluit op aandrang van IFP (politieke Zoeloegroep) om erkenning te gee aan hierdie belangrike dag op Zoeloe kalender en kompromie is bereik om dit as Erfenisdag te vier waar alle Suid-Afrikaners hulle erfenis vier. Oud-President Mandela het die term “reënboognasie” bedink om uiteenlopende kulture en tradisies te beskryf met hoop op nasionale eenheid.
Die eerste Erfenisdag 24 September 1995 is gebruik om hulde te bring aan Enoch Sontonga.

Enoch Sontonga
Enoch Sontonga was ñ komponis wat oa die eerste deel en die refrein en die musiek van Nkosi Sikelel’ iAfrika geskryf het wat nou deel van Suid-Afrika se Nasionale lied is. Enoch is gebore 1873 in Uitenhage Oos-Kaap. Hy het skool gegee aan die Nancefield-Metodiste sendelingskool. Hy het baie gesange en liedere geskryf, meestal met hartseer toon en as koorleier die liedere uitgevoer. Op 32 jaar (1905) is hy oorlede aan onbekende oorsaak en laat een seun agter. Enoch is begrawe in Braamfontein in nie-blanke deel van begraafplaas. Op sy graf is 1995 ñ treffende granietblok opgerig wat toeskouers weerkaats. Sy vrou, Dianna, ñ dogter van ñ bekende metodiste leraar het na sy dood die regte op sy liedere verkoop vir een sikspens.

Shaka dag / Tshaka dag
Voor 1994 is 24 September deur Zoeloes jaarliks gevier ter ere aan hul groot Zoeloekoning Shaka wat die Zoeloevolk as eenheid bymekaar gebring het. Groepe Zoeloes kom tradisioneel bymekaar op Stanger waar ñ afgesperde rots en ñ marmermonument die plek aandui Shaka in 1828 vermoor is deur sy halfbroers Dingaan en Mhlanga. Shaka is bekend daarvoor dat hy ñ uitstekende militêre strateeg was, maar ñ uiters wrede en meedoonlose tiran.
24 September was nooit voor 1994 as Nasionale Vakansiedag erken nie en is slegs in Zoeloe kultuur en tradisie gevier. Sedert 1994 word 24 September as Nasionale Erfenisdag as Publieke Vakansiedag gevier.

Nasionale Braaidag
Nasionale Erfenisdag het mettertyd as Nasionale Braaidag bekend geraak. In 2005 is dit die eerste keer deur die Mzanzi Braai instituut georganiseer. Sedert 2008 word dit deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis as nie-winsgewende inisiatief bemark. Amptelike goedkeuring is aan die inisiatief gegee in 2008 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Erfenisraad. Alhoewel die tradisie oorspronklik by die Afrikaners ontstaan het, neem alle demografiese en godsdienstige groepe huidig deel daaraan. Oral word vure aangesteek en veral vleis word oor die oop kole gebraai, ñ sosiale geleentheid met spesifieke tradisies.
LEKKER BRAAI.

Bron en fotos:
Wikipedia
SaPeople.com
Weg! tydskrif

Maak 'n opvolg-bydrae