Mostert se Meule Welgelegen Mowbray Kaapstad

Mostert se Meule

Welgelegen

Mowbray Kaapstad

Die oudste werkende meule is Suid-Afrika, gebou in 1796.

Aanvanklik is ń perdemeule deur Jan van Riebeeck en sy amptenare gebruik om koring mee te maal.

By gebrek aan perde is osse vir díe doel ingespan.

Sedert 1657 het Jan van Riebeeck grond aan ń aantal Vryburgers gegee.

Een van hulle, Wouter Cornelisz van Utrecht, het ń ” vry meulenaar en steenbacker” geword en hy is toegelaat om die kompanjie se perdemeul te gebruik. Toe die Hottentotte in 1659 al die osse gesteel het, het die meulenaar ń watermeule opgerig.

Daarna is verskeie meule opgerig, ook privaat meule waarvan Mostert se Meule die bekendste is.

WELGELEGEN

Die plaas Welgelegen waarop Mostert se meule is se eerste eienaar was Steven Jansz Bothma.

Die plaas het daarna verskeie eienaars gehad.

1756 koop Jacob van Reenen (1727-1793) Welgelegen.

Sy jongste seun Gysbert van Reenen (1763-1827) erf die plaas. Hy het die meule op Welgelegen opgerig. ń Koringmeule, ń klein boven-kruier-koringmeel.

Op een van die dakbalke is die datum 1796 aangebring.

Gysbert se skoonseun Sybrand Jacobus Mostert (getroud met Gysbert se 5de kind Petronella van Reenen) koop die plaas Welgelegen en dit is deur hom wat due meule Mostert se Meule genoem word.

MOSTERT SE MEULE

Na 1873 is die meule nie meer in gebruik nie en1889 verkoop die Mostert familie die meule aan Mnr Wilks wat dit weer aan Cecil John Rhodes verkoop. Rhodes het die meule en die Groote Schuur Landgoed nagelaat aan die mense van Suid-Afrika.

Teen 1935 was Mostert se meule vervalle en is ń restourasie poging aangepak. 1936 is die meule herstel deur die Suid-Afrikaanse regering en die Nederlandse regering se hulp. ń Hollandse maatskappy skenk die wieke. Die dorsvloer word ook herstel.1 Februarie 1936 is Mostert se meule weer geopen en is daar meel gemaal vir die teenwoordigers.

1940 is Mostert se meule as historiese ń monument verklaar.

Ongelukkig raak die meule weer vervalle, veral tydens WWII. 1986 breek die winskag en val die wieke tot op die grond.

Die “Vriende van Mostert Meule” word gevorm en hulle herstel die meule weer in 1995. Dieselfde Hollandse maatskappy Dunning-Bremer help om die meule weer in werkende toestand te kry. Sedertdien hou die Vriende van Mostert Meule die meule in stand en in ń werkende toestand.

GROOT BRAND

April 2021 verwoes ń wegholbrand in Kaapstad hierdie historiese baken.

Hopelik kan die meule weer gered word. Ks

Bronne: Erfenisstigting, Afrikanergeskiedenis.co.za, eggsa Fotos; Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae