Middelburg Kaapkolonie Oos-Kaap Stasie. Museum. Armskool. Metodiste Kerk. Joodse Sinagoge. Grand Hotel. Die Meul.

Enkele ou geboue.

Middelburg is gestig 19 Mei 1852 deur die NG Kerk

Middelburg stasie.

1883 word Middelburg Stasie amptelik geopen.

Middelburg Biblioteek

1868 word ń kamer in die stadsaal ingerig as Publieke biblioteek. In 1881 was daar reeds 900 boeke

Middelburg Museum

1952 word die eerste museumstuk geskenk, naamlik die verewa wat tydens die Middelburg Eeufees aan die optog deelgeneem het. Aanvanklik in die biblioteek uitgestal, later in PW Vorster museum op Grootfontein.

1982 koop die Middelburg Munisipaliteit die armskool vir ń klein bedraggie en rig die museum in.

1985 word Middelburg Museum amptelik geopen in die armskool.

Ongelukkig was museum gesluit tydens ons besoek en geen oproepe was beantwoord nie.

Die Armskool

Die Armskool is in 1898 geopen met 86 leerlinge, die prinsipaal en een assistente. Hulle salarisse was omtrent die helfte van die onderwysers in die publieke skool sin. Soms is daar met kollektelyste geld ingesamel om prinsipaal se salaris te help betaal. Snobisme was eintlik die rede vir die skeiding want daar was baie op die “poor-whites” neergesien..Die skool het vinnig gegroei, moes vergroot word (1906) en 1920 is die armskool gesluit en 280 leerlinge en personeel is oorgeplaas na die Publieke skool.

Die armskool se gebou is nog steeds as klaskamers gebruik vir aantal jare deur die Publieke skool vir sommige klasse. Nadat die skool ń tyd lank nie gebruik was nie, is dit aangekoop as museum.

Metodiste Kerk

Onder die Afrikaanse mense bekend as die Wesliaanse kerk.( The Weslyan Church).Gebou in 1891 en kon 100 sittende gemeentelede huisves. 1904 is ń gedeelte aangebou in T-vorm om die soldate van Grootfontein te akkomodeer wat die gebou ń kruisvorm gee.

Joodse Sinagoge

Die ou sinagoge was gebou van materiaal van die militêre kamp op Grootfontein wat in 1910 gesluit het. Die nuwe sinagoge is gebou in 1934 op dieselfde plek waar die ou sinagoge was.

Die sinagoge is omskep in ń privaatwoning.

Die Grand Hotel

Gebou in 1900 en aanvanklik bekend as die Central Hotel. Huidig Country Inn.

Die Meul (Smidstraat)

Die meule het oorspronklik aan die NG Kerk behoort en was ñ Stoom Roller Meul. 1921 verander na ń moderner meul, aangedryf deur ñ “oliemasjien” totdat elektrisiteit beskikbaar was. Die meul is oorgeneem deur Frikkie Wolfaardt, seun van Lt Wolfaardt wat gefusileer is tydens die ABO (stoelmonument). Nadat Frikkie Wolfaardt uitgetree het agv swak sig het ń Mnr van der Linde die meul ń tyd lank bedryf maar boere het koring aan groot meulenaars begin verkoop en meel is ook van besighede op grootmaat aangekoop en meule moes sluit. Die meul is in ń dubbelverdiepingwoning omskep.

Bron: Middelburg Hede en Verlede. HB Coetzee. Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae