Majuba

Majuba berg:  Berg van duiwe/Berg van vrede

Newcastle

Slag van Majuba

27 Februarie 1881

Eerste Vryheidsoorlog (Des 1880 -Maart 1881)

Die Majuba Slagveld op die plaas Majuba-Noord , Newcastle distrik is 1989 as bewaringsgebied verklaar. “Op Majubaberg staan jy op ń uitkyktoring van die Boere-Afrikaner se geskiedenis” VE d’Assonville.

Besienswaardighede(Monumente) hier te sien is : Die Boere-oudstryders Monument op die kruin van die berg opgerig Oktober 1935 deur oa oudstryders, Britse grafte op die kruin( meeste soldate is in massagrafte begrawe), offisiere is apart begrawe, O’Neill se huisie waar die vredesonderhandelinge gehou was, Majuba gedenkteken aan voet van berg, ń klein begraafplasie Mount Prospect (terrein waar eertydse Britse Militêre kamp was) met ñ ry Britse offisiere en tussen hulle Genl Colley se graf met ń grafsteen in vorm van eenvoudige kruis op ń voetstuk en trappies soos sy vrou versoek het tydens haar besoek aan graf na die oorlog op hulle troudag. Naby die graf het sy ń tentjie opgeslaan en bitterlik gehuil.

Majuba gedenkteken:

Onthul 8 Maart 1997. Beeldhouer Jo Roos. Beslaan ń paneel van 1mx2m, meer as derde is burgers uitgebeeld wat vreesloos die helling bestyg. Figure is in die negatief uitgebeeld, aanduiding dat slag in die verlede is en moet dien as aansporing. Boonste deel stel die hede voor:Die Boerevolk klim onvermoeid die helling uit, reikhalsend na vryheid waar die son weer sal opkom vir die Boerevolk.

Eerste Vryheidsoorlog:

4 groot veldslae tussen Boer (ZAR /Transvaal) en Brit, 4 groot vernederings vir die Britte.

Generaal-majoor Sir George Pomery Colley was die bevelvoerder van die Britse Magte in SA. Hy het met ń opmars vanaf Natal na Pretoria begin.

1. Slag van Bronhorstspruit 20 Desember 1880

2. Slag van Laingsnek 28 Januarie 1881

3. Slag van Ingogo/Skuinshoogte 8 Februarie 1881

4. Slag van Majuba 27 Februarie 1881

Slag van Majuba.

Na 3 veldslae waar die Britte gevoelige slae toegedien is, het Colley nog 2000 man laat kom . Hy wil die berg Majuba beset om vandaar die Boere se stellings dop te hou. Saterdagnag 26 Februarie het die Britte met ń 8km draai die berg begin bestyg sodat die Boere hulle nie opmerk nie, nie ń maklike taak nie want in die donkerte met geen maan en geen lig in doodse stilte is die verskriklike steiltes, vertikale rotse en los klippe angswekkend. Teen net voor 4 kom die eerste manne op die kruin aan en teen 5 uur die laastes (570 man). Teen dagbreek is die uitgeputte soldate orals op die kruin van sowat 1300m in omtrek versprei.

Colley is baie tevrede en sê “We could stay here forever”. Die Britte rig hulle in, grawe ń put en gaan rustend en slapend die Sondag in.

Net na dagbreek Sondagoggend 27 Februarie 1881 sien Kommandant-Generaal Piet Joubert se vrou die Britte op Majuba berg vanuit die Boere kamp aan die voet van Majuba en maak alarm. Piet Joubert se opdrag aan Kommandant Nicolaas Smit en ass-veldkornet Fanus Roos is kort en kragtig: “Gaan haal hulle daar af, dadelik”. Hier volg toe ń briljante strategiese beplanning wat letterlik die militêre boeke oorskryf. Eerstens vra hy vrywilligers, “Julle wat geen lafaards is nie, volg my.” Die manne word in 3 groepe verdeel. Almal bo 50, die mees ervare skuts skuil agter die rotse van die eerste plato en as ñ” Engelsman sy kop uitsteek, skiet julle”, die soldate wat kruin bewaak se blink embleem op helm ń pragtige teiken. Hulle kan nie roer of oor hang loer nie. Ondertussen beweeg res van Boere in ñ vuur en beweeg strategie so vinnig moontlik vorentoe. Twee twee, self een een van struik na struik, rots na rots, 6 ure lank. Ongesiens met ongelooflike geduld tot onder boonste kruin. Sarsies Boerekoeëls pla Colley nie en hy laat weet per heliograaf dat Boere hulle ammunisie mors want dit hinder hulle nie. Die boere is reeds besig om op te pak en hulle gaan berg “Just hold for 3 days”.

Terwyl Colley met sy 2de in bevel, Kommandeur Francis Rommily op kruin praat, tref ń koeël 900 m ver vanaf ń struik uit ń Westley Richards geweer Rommily dodelik in die rug. ń Geweer met ń lang loop bekend vir sy akkuraatheid. Colley is egter nog steeds houtgerus.

Luitenant Ian Hamilton beraam plan om 30 man blitsig oor kruin te laat leun en skiet. Die Boere onder die kruin hoor die bevel en die aftel Ten. nine…zero, charge. Blitsvinnig word 28 platgeskiet, soos voor ń orkaan platgevee.Boere storm oor kruin en groot verwarring heers onder Britte, hulle dodelike akkurate skietvenuf maai onder die Britte. Meestal kopskote. Geveg duur sowat 20 minute, Colley dodelik gewond net bokant sy regteroog. Britte vlug oor afgrond van minstens 15 meter. Lelike val of geskiet of gevange geneem. 92 Britse soldate sneuwel, 134 gewond, 59 gevange. Boere se kant slegs een dood H Bekker en een ander K Groenewald sterf 6 maande later aan sy wonde.

Majuba is die einde van die Eerste Vryheidsoorlog. 23 Maart 1881 word die vredesooreenkoms in O’Neill se huisie op die plaas Stonewall teen die hange va Majubaberg onderteken. Die Britte kon die 4 nederlae nie vergeet nie .”Remember Majuba ” het vir hulle ń strydkreet geword, veral tydens die ABO 1899-1902

Kobie Ströh 2019

Bronne: Majuba VE d’Assenville, Momumentale Erfenis Jackie Grobler, Wikipedia.

Fotos:Internet, Facebook

John Roderick (Facebook)

27 Februarie 1881.

Die slag van Majuba.

Die Zuid-Afrikaanche Republiek (ZAR) was op die 12de April 1877 deur sir Theophilus Shepstone op onregmatige wyse, en in stryd met die Sandrivier konfensie geannekseer.

Die gevolg van hierdie ongevraagde vergryp was verskeie vreedsame protes vergaderings-aksies,

skrywes en deputasies, volks byeenkomste en vergaderings.

Gewapende geweld was tot die laaste uitgestel, dog was op die end die enigste uitweg.

Wat volg is ‘n kort bondige uiteenseting van die Eerste Vryheids Oorlog.

Op die 13de Desember 1880 was ‘n volksvergadering by Paardekraal gehou.

‘n Driemanskap regering was ingestel met SJP. Kruger as visie-president, PJ. Joubert as kommandant – general en MW. Pretorius (voormalige staatspresident) as voorsitter van die volkskomitee.

Op die 16de Desember 1880 het die Driemanskap Heidelberg binne gery, die Vierkleur gehys en die Zuid-Afrikaanche Republiek (ZAR) ‘n vrye onafhanklike staat verklaar.

Op die 16de Desember 1880 was alle Britse garnisoene (daar was 7) beleër.

Die eerste werklike skote het egter op Potchefstroom geklap nadat genl. Piet Cronje bogenoemde onafhanklikheidsverklaring wou laat druk.

Daarna volg die slag van Bronkhorstspruit.

Op die 5de Desember 1880 vertrek die “94th Regiment” onder bevel van lt-kol. PR. Anstruther vanuit Lydenburg na Pretoria.

Op die 19-20ste Desember 1880 loop Anstruther hom by Bronkhorstspruit teen ‘n Boere-mag onder

Frans Joubert vas

In kort het die dag in ‘n sege vir die ZAR geëindig.

Bronkhorstspruit was opgevolg deur die slag van Laingsnek.

Generaal George Pomeroy Colley vertrek op die 24ste Januarie 1881 na deeglike voorbereiding uit Newcastle . Op die 28ste Januarie 1881 vertrek Colley uit sy kamp, en bestuig hy Laingsnek.

Colley se artillerie het die geveg begin, en was opgevolg deur ‘n berede eskadron

Hoewel baie dapper het hierdie aanval,  sowel die op die tafelkop in ‘n katastrofe vir die Britse magte geëindig. Duidelik sou Colley sy plan om die Britse garnisoene te ontset moes hersien.

Die slag van Laingsnek was opgevolg deur die slag van Schuinshoogte.

Op die 1ste Februarie 1881 slaan genl. Colley kamp op by Mount Prospect. Die slag was gelewer op 8ste Februarie en het soos Laingsnek en Schuinshoogte in ‘n sege vir die ZAR gelei.

Die laaste fase van die oorlog was op hierdie dag, die 27ste Februarie 1881 by die berg Majuba.

Colley het die berg, Majuba gedurende die nag van die 26ste Februarie 1881 beset.

Die mag het bestaan uit sowat 600 man, enkele anderskleurige gidse en baardraers.

Teen ongeveer 03H40 was die kruin bereik. Weinig skanse was gebou, en weinig van die Britse soldate het hulself ingegrawe. Van bo die berg was afgekyk na waar die Boere op die Sabat, besig was om godsdiens te hou. Generaal Joubert het nadat hy bewus geword het van die berg se besetting om vrywilligers gevra.

Deur van die vuur en bewegings tatiek gebruik te maak was die berg van drie kante bestyg.

Hierdie 3 afdelings het gedien onder kmdt. JJ. Ferreira, asst-vk SJ. Roos en asst-vk DJK. Malan.

Binne ongeveer 5 ure het hierdie magte die kruin bereik, en sou die groepe onderskeidelik in kort vuur, en hand tot hand gevegte betrokke wees.

Kort na die middag het generaal Colley gesneuwel, en was die geveg verby.

Die oorwinning van die ZAR op die berg Majuba het tot ‘n wapenstilstand gelei, waarna ‘n vredesverdrag op die 23ste Maart in O’Niel se huis onderteken was. (Die oorwinning,. en vrede was egter bitter soet aangesien Britanje steeds die reg behou het om die laaste woord te spreek met betrekking tot “bestuur” van die ZAR.

BrittishBattles.com

Battle of Majuba Hill

The disastrous British defeat at the hands of the Boers in Natal on 27th February 1881, leading to independence for the two Boer states

27 February 1881, the Boers achieve a final and decisive victory at Majuba Hill in the First Boer War.

Following the Anglo-Zulu War in 1879, Britain established a military presence in the Boer republics to deal with the Zulu threat. When the conflict was over, the British didn’t leave and continued to enforce military rule over the Dutch farmers. In November 1880, the British military garrison attempted to auction off possessions of a farmer who didn’t pay some arbitrary tax placed on him. 100 armed Boer men took control of the situation and escalated tensions.

On December 20th a British force of 268 men was sent to the Boer capital of Pretoria. 250 farmers, mostly armed with outdated black-powder rifles, sneaked up on the column and ambushed them, wiping out their entire force near the Bronkhorstspruit River. The Boers then placed 3 British occupied settlements under siege and hoped to negotiate a peace treaty from a position of strength.

The Governor of the Natal Colony and Maj-Gen. George Pomeroy Colley mustered together all available artillery, cavalry, and infantry in the region to relive the besieged garrisons. When the Boers rejected his ultimatum to disarm, his force of about 1200 men marched towards the Transvaal Colony and were beaten back at Laing’s Nek, a ridge in the foothills of the Drakensberg Mountains. On February 8th, Colley would march his force out a few weeks later only to be beaten back again by the farmer’s militia at the Ingogo River.

In the brief conflict so far, the British had not yet won a single engagement against the Boer rebels and peace talks were beginning to take place between both sides. Major General Colley wanted to achieve at least one military victory to have more leverage in negotiating during the armistice. He took his surviving forces from the previous battles on a forced march in the night to a strong defensive position overlooking the Boer camp but his men were exhausted and unable to prepare the position for the morning.

The Boers noticed the British on Majuba Hill and in an incredible feat managed to climb up the mountain while raining a murderous fire on its occupants. The British suffered 285 casualties (~60% of the entire force) and Major General Colley was shot through the forehead dying instantly. The British line broke and they fled down the hill in a panic.

The Boers only suffered 6 wounded and one killed, making Majuba Hill one of the most humiliating defeats in British military history. To add to the humiliation, captured British soldiers from the battle commented on how many of the Boers were young farm boys with old rifles, further tarnishing British military prestige. The Boer victory had major political significance in bringing the British to the negotiating table and signing an armistice one week later with terms favorable to the Boer Republics.

February 27th would go on to be celebrated by the Boers as an Independence Day from British rule. When a bunch of farmers defeated one of the most professional armies in the entire world.

[Online References]

(http://www.britishbattles.com/first-…/battle-of-majuba-hill/ )

(http://www.historytoday.com/brian-bond/disaster-majuba-1881 )

(http://warfarehistorynetwork.com/…/m…/death-on-the-hill-of-d *****

Road Trip RSA

Spot where Colley was shot, Amajuba hill, Newcastle

• This spot indicates where Major-General George Pomeroy Colley was shot dead by a Boer soldier.

• Colley was the commanding officer of the British forces during the Battle of Amajuba, 27th of February 1881.

• Colley was also the Governor and Commander-in-Chief of the Natal colony, and the High Commissioner for South-Eastern Africa, at that time.

• He was also a veteran of the Opium war in China and the Anglo-Afghan wars in Afghanistan.

• His wife had to identify his body after the battle was fought.

• The town of Pomeroy is named in his honour *****

INLIGTINGS BROSJURE

Majuba Plaas en Geskiedkundige Terrein

Theuns@zar-con.co.za Tel: 0792747978

GPS KOÖRDINATE: 27°27’58.51″S  29°50’22.45″E

DIE SLAG VAN MAJUBA

Die Boere van die ZAR (Transvaal) het te Majuba op 27 Februarie 1881 ’n klinkende oorwinning oor die Britte in die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog behaal.

Op 12 Februarie 1877 annekseer Groot-Brittanje die Zuid Afrikaansche Republiek tot ’n kolonie van Brittanje. Brittanje het daardeur nie bloot die Sandrivier Konvensie van 1854 waarin die ZAR se vryheid gewaarborg verbreek nie, maar ook die Boere se vryheidstrewe ernstig aangetas. Ongeveer drie jaar opper die Boere protes teen die Engelse bewind maar word aan hul eise nie gehoor gegee nie. Op 10 Desember 1880 vergader 10 000 Boere by Paardekraal (Krugersdorp) en die besluit word geneem om tot ’n gewapende vryheidstryd oor te gaan.

Britse garnisoene is regoor Transvaal deur Boeremagte beleër terwyl ’n Britse konvooi by die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 verslaan is. Die Boeremagte was bykans deurgaans in die minderheid en met meestal uitgediende wapentuig. ’n Deel van die burgers is aan die grens tussen Transvaal en Natal (destyds ’n Britse kolonie) geplaas om die opmars van die Britse Generaal George Colley wat die Britte in Transvaal weer moes ontset te stuit. Die onderskeie slae van Laingsnek (aan die suidelike hange van Majuba berg) asook Skuinshoogte het aan die begin van 1881 daarop gevolg. In beide veldslae het die Boeremagte as oorwinnaars uit die stryd getree, maar is die oorlog nie beslissend ten gunste van die Boere beklink nie.

Ten einde die Boeremagte te Laingsnek te omseil het Generaal Colley gedurende die nag van 26 Februarie 1881 met ongeveer 405 manskappe die berg Majuba vanuit Mount Prospect aan die suidekant bestyg. Weens die steilte en die nag was die bestyging van die berg uiters moeilik. Die Britse manskappe is op die kruin van die berg geplaas ten einde met die hoogte en ligging daarvan ’n strategiese oorwinning oor die Boere te kon behaal.

Die Boere het eers die oggend van 27 Februarie 1881 besef dat die Britse mag die berg bokant hul stellings beset het. Die Boere het egter nie gevlug nie maar onder aanvoering van Generaal Nicolaas Smit georganiseer en so gou doenlik die berg bestorm. Veldkornet Fanus Roos en sy manne het reguit op na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant teen die berg opgeklim. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant die berg bestyg. Die kruin is gevolglik vanuit drie rigtings deur die jonger Boere bestorm, terwyl burgers oor die ouderdom van 50 jaar oor ’n lang afstand vanaf die groot terras teen die berg met akkurate vuur die Britte op die kruin onder druk geplaas het. Generaal Smit se opdrag was dan ook dat elke Engelsman wat sy kop oor die kruin steek onder lood gesteek moes word. 

Die Britse magte was magteloos teenoor die moordende vuur wat die Boere op hul losgelaat het en het konsternasie uitgebreek toe die jonger Boere bykans gelyk vanuit die ooste, noorde en weste die kruin bereik het. Generaal Colley het midde die geveg op die kruin gesneuwel. Die Britte het suidwaarts oor die kruin begin vlug, soms blindelings van vrees na hul dood. Die Britse verliese was groot: Van die 405 het net 118 ongeskonde oorgebly. Die 120 Skotte het die swaarste gely – slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap. Die Slag van Majuba was ’n reuse-terugslag en verleentheid vir Brittanje.

Ongeveer 350 Boere het aan die slag deelgeneem, waarvan slegs 2 gesterf het. Na afloop van die Slag is die ZAR en die Boerevolk se vryheid met ’n vredesverdrag aan die hange van die berg in O’Niell se kothuis onderteken weer herstel.


Swak toestand van O’Neil se Huisie waar Vrede onderhandel is.

Foto’s Johan Wolfaard Maart 2023

MAJUBA SKYNGEVEG Maart 2023

Foto’s Nicky J v Vuuren van Chilly PicNic Photography

Maak 'n opvolg-bydrae