Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 32 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Dirkie Uys

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 32

Die Groot Trek

1836 -1838

Dirkie Uys

“Paul, Paul wat het gebeur? Julle kom so vinnig hier aangejaag, die perde is eintlik wit van die sweet.”

“Sussie, Oom Piet Uys en Oom Hendrik Potgieter het mos elke een sy eie kommando gelei om die Zoeloes te gaan straf.

By Italeni berg het ons ń groep Zoeloe- vegters gevind. Hulle het daar in ń kloof rustig gesit en rook.

Oom Piet Uys het hulle sommer dadelik aangeval. Die Zoeloes het opgespring en dieper in die kloof ingevlug.

Oom Hendrik Potgieter het gewaarsku dat ons moet eers bietjie moet wag en eers mooi verken, maar Oom Piet Uys en sy manne het dadelik agter hulle aangejaag. Dit was ń groot fout.

Daar was baie Zoeloes wat langs die kante van die kante van die kloof weggekruip het waar ons hulle nie kon sien nie.

Hulle het Oom Piet en sy manne mooi in ń hinderlaag ingelok. Daar waar die rotse so ń nou paadjie maak, het die Zoeloes opgespring aan die kante en die wat gevlug het, het skielik omgedraai en begin veg.

Oom Piet en sy manne was vasgekeer. Hulle moes hul pad uit die kloof oop veg.

Oom Piet het ń dodelike assegaaisteek gekry.

Hy het eers ń man wat se perd doodgesteek is gehelp om op sy eie perd te klim en toe vir die manne gesê hulle moet hulleself red en hom net daar los, hy is te swak om te veg en bloei te veel. Hy sal nie lewend daar uitkom nie. Hy gaan die manne net ophou en dan gaan hulle nie kan ontsnap nie.

Sy seun Dirkie was al uit die hinderlaag toe hy omkyk en sy pa daar sien lê.

Sonder om 2 keer te dink het hy omgedraai om sy pa te gaan help, maar die Zoeloes was te veel. Hy kon darem so 3 Zoeloes skiet voor hulle hom daar by sy pa doodgesteek het. Altwee is daar bymekaar doodgemaak.”

“Ag nee Paul. Dit is vreeslik. Hy was darem ń dapper held.

Ek is bly jy is veilig terug.”

“Sus Fientjie. Dit is net God se genade dat ons lewendig daar uit is.

Meer as 10 mans is daar doodgesteek.

Daar was duisende Zoeloe vegters.

Hulle het ons kommando wat saam met Oom Hendrik was ook aangeval. Ons moes almal vlug vir ons lewens.

Ons strafkommando het nou ń vlugkommando geword.ks ”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae