Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 31 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Trekkers vra hulp

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 31

Die Groot Trek 1836 -1838

Trekkers vra hulp

“Paul waarheen gaan die manne nou met die klomp leë waens? Trek hulle nou sonder ons? ”

“More Sus Fientjie. Ek het jou mos gesê ons moet nie moedeloos raak nie, Oom Gerrit Maritz sal ń plan maak.

Oom Gerrit is nou op pad Port Natal toe. Hy gaan daar met die Engelse in die hawe praat en hulp vra.

Die ander manne gaan kos en klere in die Kaap haal vir ons. Al ons familie en vriende daar het goedjies bymekaar gemaak om ons te help.

Hulle het ons nie vergeet nie en is baie bekommerd oor ons. Hulle is baie hartseer oor so baie van ons Trekkers dood is.”

“Dankie tog. Ek verlang so baie na die familie daar ver in die Kaapkolonie.

Maar wat van die Zoeloes? Ons moet dag en nag wagstaan en heeltyd gereed wees om te veg.

Party manne wil omdraai en teruggaan, maar die vrouens sê ons het te ver gekom en te veel swaar gekry om sommer net terug te gaan.”

“Ja, ek het gehoor die vrouens sê hulle sal eerder kaalvoet oor die Drakensberge berge trek voor hulle omdraai. Ons het met ons bloed betaal om hier te kan bly.

Die manne moet net sterk staan en saamstaan. ”

“Pappa sê Oom Gerrit Maritz het boodskappers na die ander Trekleiers gestuur om te vra dat hulle ons moet kom help teen die Zoeloe aanvalle.”

“Fientjie, ons sal Dingaan moet straf anders gaan dit nooit veilig wees in Natal nie.

Dingaan sal moet leer dat mens nie jou woord breek nie.

Jy mag nie mense sommer so aanval en wreed vermoor nie.

Jy mag nie net ander se diere steel nie.

Oom Piet Uys gaan ons help met ń strafkommando.

Oom Hendrik Potgieter gaan ook help.

Hulle gaan elke een hulle eie kommando lei en Dingaan en sy Zoeloes ń les gaan leer.”

“Paul, gaan jy saam? Dit gaan mos gevaarlik wees.”

“Fientjie, ek gaan saam met Oom Hendrik Potgieter. Moet nie bekommerd wees nie.

Oom Hendrik is baie versigtig en vertrou die Zoeloes glad nie. Hy sal nie kanse vat nie.

Pas julle net die laer mooi op.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae