Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 14 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Boekevat

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 14

Die Groot Trek 1836 -1838

Boekevat:

“Boetie wat is Boekevat? Pappa sê altyd : “Laat ons boekevat.”

“Fientjie, dit wanneer ons elke dag bymekaar kom en uit die Bybel lees, bid en saamsing. Ons moet God leer ken. Ons moet vir God dankie sê dat hy ons elke dag veilig hou op hierdie gevaarlike pad. Ons moet dankie sê vir ons kos. Ons moet elke dag vra dat God vir ons sal sorg.”

“Paultjie, het jy al gehoor hoe mooi is dit in die aande as almal by hulle waens so mooi sing?”

“Ja, Sussie. Dit is so spesiaal en gee my sommer hoendervleis as almal hulle psalms so mooi sing.”

“Paul, is dit hoekom ons elke dag so hard moet leer lees? Sodat ons self ook uit die Bybel kan lees.”

“Ja Sussie, ons moet die Bybel kan lees. Ons moet die Bybel ken. Ai, jy vra al weer te veel vrae. Ek moet nou eers gaan kyk of ons beeste veilig is. Netnou vang ń leeu weer een.”

“Wees versigtig Paul. Die leeus is gevaarlik!”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae