Jansenville Oos-Kaap Anglo Boereoorlog Fort ABO WW1 Monument Sid Fourie Huis Draaikrans Mount Stewart

Jansenville

In die laat 1700’s het die eerste trekboere en jagters reeds die Sondagsrivier gekruis en hierdie area besoek. Die eerste wit man wat hier in die distrik gevestig het, was Christiaan Ernst Schutte op ń 3000 morg plaas wat hy Vergenoegd genoem het. (1820)

Schutte verkoop die plaas aan ene Prinsloo en vertrek noordwaaarts. Prinsloo volg spoedig in sy spore en verkoop die plaas in 1835 aan Petrus Fourie vanaf Swellendam. Fourie en sy seuns vestig ń goeie boerdery hier. Die trekpad noorde toe vanaf Port Elizabeth strek oor Vergenoegd se grond en honderde waens volgepak met goedere volg hierdie roete.

1853 laat Petrus Fourie 80 erwe hier uitlê om ń dorp te vestig. Hy beplan om die dorp Alexandria te noem na aanleiding van ds Alexander Smith van die NG Kerk Uitenhage wat kwartaalliks hierdie plaaslike lidmate kom bedien. Ongelukkig sloer die proses so dat die naam reeds aan ń ander dorp gegee is.

Die besluit word geneem om die dorp Jansenville te noem ter ere van Generaal Janssen, die laaste Hollandse goewerneur aan die Kaap en bevelvoerder van die Hollandse mag tydens die Slag van Muizenberg.

10 Februarie 1854 is daar ń publieke verkoping van erwe. Ongelukkig kon Fourie nie die ontwikkeling beleef nie want hy moes noord vlug, oor die Oranje rivier nadat ń arbeider onder sy hand gesterf het.

Jansenville vorm deel van die Kamdebo Distrik en was en is vandag nog bekend vir sy Angora bokke, sybokhaarbedryf en merinoskape. Min het in hierdie dorp en distrik verander oor die dekades.

Jansenville Fort.  ABO 1899 -1902

Met die uitbreek van die oorlog was die grootste deel van die inwoners aan die kant van die Boere, net ń klein deeltjie was lojale Britse ondersteuners. Die gevolg was dat Krygswet afgekondig is en die dorp en distrik is deur die Britte beset onder bevel van Kaptein Gould.

Januarie 1901 is begin met die bou van ń fort, prominent op ń koppie. Hierdie fort het ń unieke en slim uitleg en konstruksie ongeveer 21m x 16 meter.

Die top van die koppie is eers rofweg gelyk gemaak en met groter klippe omring. Hierdie tipe bouwerk is gewoonlik die van die Royal Engineers. Die buitemure 2 meter hoog met dikte van 800mm tot 1200 mm. Gebou van klip en messelwerk. Die buitemure het almal wigvormige skietgate. Die ingang is in die suidoostelike hoek en gang na binne maak ń skerp draai.

In die middel van die fort is 2 vertrekke met meer as een ingang wat beskerm word deur ń geboë muur om inwoners te beskerm teen dwaalkoeëls wat dalk deur skietgate kon dring. Moontlik was daar ń dak oor hierdie vertrekke en het as offisierskwartiere gedien.

In die westelike kamer is ń baken opgerig vir waarneming.

Jansenville Fort het nie baie aksie beleef nie maar in die distrik was baie aktiwiteite. 21 Maart 1901 was daar die Slag van Blaaukrantz tussen Boer en Brit, 20 km noord van die dorp. Drie Britse soldate sneuwel en 1 Boer. ( Begrawe in Paardefontein begraafplaas.).

Ongelukkig het vandale hier ook al hulle spoor gelaat.

Bron: The Cape Journal. Jansenville, Klipplaat & Waterfort . Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Gedenkteken

Die Groot Oorlog

Eerste Wêreldoorlog Aug 1914 tot Nov 1915.

14 man van Jansenville het vrywillig aangemeld vir diens. 14 man het gaan veg in Flaandere. Slegs 3 het teruggekeer.

Inwoners van Jansenville wou graag ń gedenksteen vir hierdie dapper manne oprig en het begin om fondse daarvoor in te samel.

Die plaaslike teater vereniging het vertonings in Jansenville en omliggende dorpe gehou en sodoende genoeg fondse ingesamel. Hulle het ook so fondse ingesamel om die horlosie in die stadsaal aan te koop.

Ongelukkig is gedenksteen erg verwaardloos en skrif onleesbaar.

Fotos: Gys Ströh snr. April 2019 / Januarie 2020

Sid Fourie Huis

Bridge Straat

Sid Fourie 1896 -1989.

Petrus Fourie se nasaat, Sid Fourie, het so n prominente rol in die Jansenville van die vorige eeu gespeel. Hy was eintlik alls op die dorp vir n baie lang tyd, prokureur, boer, koerantman en nog vele on op te noem. Sid het verskeie boeke geskryf oor die grskiedenis, maar veral die mense van die omgewing, werklik n kykie in die kontreigeskiedenis van daardie dorp

Sid was van Hugenote sowel as Britse Setlaars afkoms. Sy pa was Afrikaans en sy ma Engelssprekend.

Sid voltooi sy skoolloopbaan op Jansenville. Sy eerste werk was putgrawer en transportryer vir boere tussen Jansenville en Mount Stewart. Sy waentjie kan nou nog gesien word by die huismuseum.

1913 tree hy in die pos as klerk in Jansenville se prokureurskantoor waar hy bly werk tot hy op ouderdom 93 in 1989 sterf.

Hy het in die Eerste Wêreldoorlog geveg, is gevange geneem en ontsnap.

Sid het nooit getrou nie en sy lewe gewy aan die ontwikkeling van Jansenville. Hy het 25 jaar op Jansenville se stadsraad/dorpsraad gedien, 13 jaar daarvan as Burgemeester. Tydens sy ampstermyn is honderde bome aangeplant om omgewing te verfraai en het Jansenville elektrisiteit gekry. Met sy finansiële ondersteuning en dryfkrag word ń 40 bed SAWA Hospitaal en verpleegsters tehuis op Jansenville gebou asook ñ vliegveld.

Sid was lief vir reis en sy omgewing en skryf 8 boeke daaroor.

Sy woning met die naam Lindela wat ń Xhosa woord is wat beteken Rus word na sy dood die Sid Fourie Huismuseum, volgepak met sy versamelstukke en historiese kosbaarhede. Fotos, briewe, koerante, medaljes, boeke vorm deel van die versameling. Daar is selfs ñ haarkapper kamer en ń kraamkamer. ń Indrukwekkende geweerversameling is ook hier te sien. Aangrensend is ń gebou met die pragtigste klere iot verrvloë tye. Amptelik geopen 6 Februarie 1999.

2009 is daarlanges ook ń sybokhaarmuseum geopen.

Hierdie museum is netjies en word goed opgepas deur ń passievolle vrou. Met hartlike vriendelikheid, politoerlap in die hand verwelkom sy ons as besoekers. Die reuk van hout en politoer en skoonmaakmiddels wek sommer nostalgie. Dankie vir sulke spesiale persone wat die ekstra myl loop om te bewaar.

Besoek: Januarie 2020  Fotos: Gys Ströh snr. Jan 2020.

Jansenville  omgewing

Mount Stewart treinstasie

Cawoods Mount Stewart General Dealer

Anglikaanse Kerk

Draaikrans

Vanaf Steytlerville deur die Vallei van vlae / Noorspoortpas rigting Jansenville pryk die asemrowende 61 meter hoë Draaikrans.

Mount Stewart

Verder aan op die vergete grondpad is Mount Stewart, ń sylynstasie. Die spoorlyn is in 1872 gebou vanuit Port Elizabeth en het Klipplaat in 1879 bereik. Mount Stewart is by die kruising van spoorlyne wat Klipplaat met Uitenhage verbind.

Ongelukkig het padvervoer oorgeneem, treine het gestop en al wat vandag nog daar is, is die eensame kapel van die Anglikaanse Kerk 1904 en ń verlate Mount Stewart Algemene Handelaar. Op die gewel staan Cawood 1937. Te oordeel aam al die Cawood grafte was hierdie Cawood wêreld, afstammelinge van die 1820 Britse Setlaars.Van die spoorlyne en stasie is byna niks oor nie.

Laat 'n boodskap