Graf van Louis Gustavus Ströh / Rustenburg / Ou Begraafplaas

Graf van Louis Gustavus Ströh

In Rustenburg begraafplaas het ons die volgende graf opgespoor. Daar bestaan min grafstene wat oorsaak van dood aandui asook die naam van die moordenaar. Asook die feit van sy ongelukkige huwelik.  Die bitterheid van die familie is duidelik.

Terzijde: In 1934 verschenen er  krantenberichten over een kleinzoon van Paul Kruger die iemand zou hebben gedood. Dit keer was het wel waar. Frederik Christoffel Eloff, de zoon van een dochter van “Oom Paul”, schoot in december 1934 zijn schoonzoon Louis Gustavo’s Stroh dood

Louis Gustavus Ströh 1884 – 1934

Hy is ab8c7d5 

a Johan David Ströh b8 Hendrik Stephanus Ströh c7 Erhardt Ströh x Susanna Sophia Trichardt, woon op Driefontein. Rustenburg d5 Louis Gustavus Ströh

Louis G Ströh trou met Anna Johanna Maria Alletta Eloff, dv Frederik Christoffel Eloff.

FC Eloff skiet sy skoonseun dood in 1934

Sy trou weer te Middelburg Tvl in 1936 met Burgert Adriaan Kloppers ( Met wie sy in verhouding betrokke was ten tye van moord en wat aanleiding gegee het tot skietvoorval.) Kloppers is oorlede 22.1.1963 te Kransberge Thabazimbi Disrt Rustenburg toe trekker na bewering op hom geval het). Sy is oorlede 23.9.1964 te Rustenburg en aangesien sy kinderloos te sterwe gekom het is haar besittings in 8 dele verdeel tussen haar moeder, haar broer, 2 susters, swaers en skoonsusters, oa ook die minerale regte op hul plaas Waterval Distr Rustenburg.

Interessanthede ivm hierdie graf: 

Inskripsies op grafsteen:  Opgerig deur sy broers en susters

                                           Ons teerbeminde broer

                                           Die laaste 6 jaar van sy huwelik was diep ongelukkig

                                           Tragiese wyse geskiet

                                           Deur Frik Eloff geskiet

                                           Bybelvers: Hy sal sy haters laat wegsmelt voor Sy oë

                                           Name van broer en susters: Broer H Ströh

                                                                   Susters: Susanna, Anna, Martha, Maria

                                                                     Suster Henrietta se kinders

Wat weet ons van Louis Gustavus Ströh? Gebore 16.2.1884 te Rustenburg

Seun van Erhard Ströh (oorl c.1921) En Susanna Sophia Trichardt (oorl. 1927)

Boer op (F)Vrischgewaagd, Rustenburg distrik. (Vrisgewaagd)

Getroud met Anna Johanna Maria Alletta Eloff (Annie) 1900-1965 , dv Frederik Christoffel Eloff ( Frik of Frikkie) en Magdalena Elisabeth Eloff gebore Güttman (dv Adolf Güttman en nooi Joubert)

Broer en susters volgens sterftekennis: :

Sy broer: Erhard Ströh

                Hendrik Stefanus Ströh

Sy susters: 1. Susanna Sophia Eloff gebore Ströh, getroud met Johannes Eloff

                  2. Anna Maria Swanepoel gebore Ströh weduwee APSwanepoel

                  3. Wyle Henrietta Erasmus gebore Ströh oorl Aug 1933getroud WJ ( Johannes Michiel)Erasmus. Hul kinders:    a) Carel  Gustavus Erasmus (mondig) b) Erhard Erasmus (mondig) c) Johanna Wilhelmina Burgers gebore Erasmus getroud Willem Burgers? (in potlood ingeskryf) d) Louis Gustavus Erasmus (onmondig) e) Michel Johannes (Johannes Michiel) Erasmus (onmondig)

                   4. Martha Dorothea Erasmus gebore Ströh getroud Philip J. Erasmus

                   5. Maria Louisa Enslin gebore Ströh, getroud Jan (Johan) Adam Enslin.

Halwe broers: A. Johannes Giliam Brink, seun van Susanna Sophia Trichardt uit eerste huwelik met Johannes Giliam Brink (oorl c. 1870. B. Petrus Frederik Brink.

L. G. Stroh : Oorlede op ouderdom 50jr en 10 maande op Woensdag 26 Desember 1934. Hy is geskiet deur sy skoonpa.

Sterf sonder testament, binne gemeenskap van goedere

Boedel: TAB

             MHG

             87220

             1934

Wat weet ons van Louis Gustavus Ströh se vrou Annie?

Louis Gustavus  Ströh was getroud met Anna Johanna Maria Alletta Eloff (Annie) 1900-1965 , dv Frederik Christoffel Eloff ( Frik of Frikkie) en Magdalena Elisabeth Eloff gebore Güttman (dv Adolf Güttman en nooi Joubert)

Frik was kleinseun van Paul Kruger en het aan huis van Paul Kruger gewoon vanaf ouderdom 8 jaar.

Paul Kruger en Gezina se dogter Anna Johanna Maria Aletta gebore Kruger oorl 1937 trou met FC Eloff ( Frikkie)(1850-1934), private sekretaris van Volksraad. Gerugte van betrokkenheid by slenters in destydse Transvaal .

Anna en Frikkie se seun Frederik C. Eloff ( Frik) trou metMagdalena Elisabeth Güttman 13.7.1881-1967 dv Adolf Güttman (Joods) en Joubert . Hierdie kleinseun was hulp-privaatsekretaris van Paul Kruger en hy en sy vrou en kinders vertrek saam met Paul Kruger na Switzerland waar hulle hoë lewe aan Europese hoëlui moet lei. Neem uitgebreide toer deur Europa na Paul Kruger se afsterwe. Gerugte hier weer van spandabelrigheid met staatsgeld. Frik het 3 kinders, oudste seun Gerhardus c. 1897, dogter Annie (Anna Johanna Maria Alletta Eloff )  getroud met Louis Gustavus Ströh en Magdalena Eloff Getroud met Du Plessis.

Annie weer getroud (tweede huwelik)  1936 met Burgerd(t) Adriaan Kloppers. ( Sy naam genoem tydens hofsaak, getroud voor boedel afgehandel is.)  Kloppers sterf in 1963 (Trekkerongeluk) en Annie in 1964.

Moordsaak:

Aanloop tot skietvoorval volgens getuies:  (Kort opsomming en uittreksels uit beëdigde verklarings)

  1. Louis verdink sy vrou van verhouding met Burgerd Adriaan Kloppers, laat sy vrou dophou deur swart werkers wat groot ongelukkigheid by haar en haar pa Frik Eloff veroorsaak en  Louis maak ‘n saak  by polisie teen B Kloppers so ongeveer 4-6 maande voor skietvoorval.  Sy vrou verlaat hom by geleentheid , maar keer tog terug. Volgens een van getuies was Louis G Ströh baie jaloers.
  2. Annie se pa Frik het probeer vrede maak tussen Annie en Louis en het ‘n swart werker saamgeneem as getuie wat ook groot ongelukkigheid veroorsaak het. Frik beskuldig Louis dat hy Annie geslaan het. Volgens Louis het Frik Eloff belowe dat hy Kloppers nie weer by hulle sal laat kuier nie.
  3. Volgens Annie is Louis Gustavus Erasmus, seun van Swaer Louis Erasmus wat reeds 8 maande op Vrisgewaagd gewoon en gewerk het vir Louis verantwoordelik daarvoor dat elke steen van haar en Louis Ströh se huwelik afgebreek word.
  1. Frik Eloff is tuis by sy dogter Magdalena Eloff getroud met Du Plessis. Sy goedjies is reeds gepak om die dag na Kersdag te vertrek na die “Diggings”.
  2. JM Erasmus kuier vanaf 23.12.1934 by Louis Ströh en Annie op Vrisgewaagd. En op Kersdag laai hulle Annie en 2 seuns Mike ( klein Johannes Magiel Erasmus – 12 jaar) en Dicky Enslin (8jr, wat ook by Louis en Annie gewoon het en hulle ma en pa genoem het) af by Frik Eloff en Hennie Du Plessis vir familiepiekniek langs die Elandsrivier. Louis en JM Erasmus vertrek na Pilanesberg om vir sy broer te gaan kuier.
  3. Ondertussen kom kuier  ( Burny) Burgerd(t) Adriaan Kloppers en sy suster  ook by Frik Eloff en du Plessis.
  4. Louis verneem sy broer is nie tuis nie en  keer terug en laai sy vrou op en keer terug huis toe. Hy merk op dat Kloppers ook daar is.
  5. Woensdag oggend 26 Des vroeg vertrek Louis na sy skoonpa Frik Eloff en konfronteer hom oor die teenwoordigheid van Kloppers. Woordewisseling in teenwoordigheid van getuies ontstaan en Louis beskuldig sy skoonpa dat hy onenigheid veroorsaak tussen hom en sy vrou, haar opsteek teen hom  en dan ontmoeting reël tussen sy dogter Annie en Kloppers en dan drink saam met Kloppers terwyl hy belowe het om Kloppers te verbied. Louis verbied sy skoonpa om op Vrisgewaagd te kom en dreig hom en sy swaer du Plessis dat hy hulle sal klap soos hy polisie laat klap het aan Burny Kloppers. Hy beskuldig beide dat hulle “Bankrotiers” is wat nie vir hulle vrouens kan sorg nie en ‘n Goewermentsplaas met slenter verkry het. Louis en JM Erasmus is reeds 9 uur weer terug op Vrisgewaagd.
  6. Na middagete gaan rus die volwassenes op Vrisgewaagd, manne in rondawel, Annie in huis in koel badkamer. Louis se maag is ongesteld.
  7.  Frik Eloff daag op in ‘n kar by Vrisgewaagd, rewolwer in hand. Tuis het hy net gesê hy gaan met Annie praat. Nou volg daar 2 stories:

 Volgens Frik Eloff het Louis dreigend met wapen in hand gevra wat soek hy op sy werf. Frik het hom skrikgemaak met 2 skote, waarna Louis sy wapen weggegooi het en gevlug het. Frik het nog 2 skote laag agterna geskiet.  Nie gedink hy het hom raakgeskiet nie. In huis ingegaan, met Annie gepraat en toe voorval by polisie in Rustenburg gaan aanmeld.

Volgens ander oogggetuies ( JM Erasmus, Louis Erasmus, kinders Mike en Dicky en swart werkers wat teenwoordig was, was Louis nie gewapen. Hy het uitgegaan om te kyk wie het met kar gekom, sy skoonpa met rewolwer in hand gesien en uitgeroep”wag wag dat ek myne ook gaan haal, waarop sy skoonpa 2 skote geskiet het. Louis het gevlug en nog 2 skote is agterna geskiet.Almal het toe gevlug waarna Frik in huis in is, en weer vertrek het. Hulle het Louis gaan soek en sy lyk gekry. Hy is van agter geskiet, koeël is agter in boud in en voor laer as heup weer uit. Volgens staatspatoloog ‘n direkte skoot.

Die uitslag

  1. Frik Eloff word verhoor.
  2. Hy word onskuldig bevind aan moord want daar word bevind dat dit nie sy intensie was om Louis Ströh te vermoor nie.
  3. Hy word skuldig bevind aan strafbare mansslag en word 5 jaar IHL gevonnis ( Imprison Hard Labour, Harde Arbeid)

Bydrae deur Kobie (JS) Haarhoff  Ströh

Notas geneem deur Ilna Ströh in gesprek met Eddie Ströh op 27 Desember 2007.

       Eddie Ströh (2 Des 1922 – 25 Jul 2009) was die seun van Hendrik Stephanus Marthinus (Hennie) STRöH (Notas geneem deur Ilna Ströh in gesprek met Eddie Ströh op 27 Desember 2007.1885 – 1967) en peetkind van sy broer Louis STRöH.

Louis Gustavus Ströh                                                                                                                    

 (16 Feb 1884 – 26 Des 1934)

Na skool het Oom Louis nie grond gehad om op te boer nie – oupa Hennie het die plaas geërf by sy pa.  Louis het by ‘n Jood in sy winkel gaan werk in Phokeng (Magatostat) – waar die rugby stadion nou is (net voor Rustenburg).  Die winkel het veral mynwerkers by die platinummyn bedien – hulle het klere ens. aangehou.  Later het Louis ‘n vennoot geword.  Uiteindelik het Louis die winkel alleen gehad, maar dit toe later verkoop en die twee plase gekoop en die huis gebou.

Louis was die familie se geliefde broer.  Hy het ‘n mooi geaardheid gehad en hulle was trots dat hy so ver gekom het.  Hy was veral Hennie se lieflingsbroer en Louis en Hennie was die kinders wat mekaar die meeste gesien het.  Hy was ‘n gerespekteerde man en het ondermeer as ‘n jurielid opgetree.

Louis het gebly op Vrischgewaagd (vandat oom Eddie kan onthou was hy op Vrischgewaagd), sowat 5 myl van Boshoek.  Dit was ‘n pragtige plaas.  Die plaas was in kampe verdeel, met behandelde pale wat ongewoon was in daardie jare.  Daar was ook ‘n dip op die plaas – min boere het dit gehad.  Daar was verder ook ‘n huis en twee rondawels – ‘n pragtige huis met ‘n stoep drie-kwart om.  Die teëls op die stoep is van Italië ingevoer.  Hy was byvoorbeeld die eerste boer wat ‘n elektriese opwekker gehad het wat die krag in selle gestoor het en die bedrading het die krag dan van die selle deur die huis gelei.

Hy het ook ‘n ander Bosveld plaas gehad (skat so 2000 morge) met ‘n taamlike beesstapel.  Hy het die plaas kontant gekoop, hoewel dit in daardie tyd nie duur grond was nie.

Hy was getroud met Anna Eloff[1].  Sy kon nie kinders hê nie.  Dit was ‘n diep ongelukkige huwelik.  Sy het (materieel gesproke) alles gehad wat sy wou hê en Louis was saggeaard (sou haar nooit sleg behandel / leed aandoen nie).  As mens was sy redelik ‘aloof’ as ander (Louis se familie) daar kom kuier.

Louis het gereeld na sy Bosveldplaas gegaan en dan het Burt Kloppers by Anna kom kuier.  Dit het in die latere hofsaak ter sprake gekom (bv verwys na lekkergoedpapiertjies wat in die rantjies gekry is).  Louis (en klaarblyklik heelwat ander mense) het geweet van haar verhouding met Klopper.  Louis se familie (broer Hennie) wou hê hulle moet skei maar Louis wou nie en het gesê om te skei sal ‘n klad op sy naam wees.

Kersfees 1934 het die familie, insluitende Louis en Anna, by haar suster (getroud met ‘n Du Plessis wat sowat 5 myl van Vrischgewaagd langs rivier gebly het) bymekaar gekom.  Anna se pa, Frik Eloff was ook daar.  Die idee was dat hulle dit (Louis en Anna se situasie) moet uitpraat.

Op Boxing day (die dag na Kersfees) was hulle terug op Vrischgewaagd.  Die middag het Anna gerus in in die huis.  Die twee Erasmus broers Louis en Karel (Louis se susterskinders, die een was reeds getroud die ander een jonger) het saam met oom Louis in die rondawel gerus.  Hulle was klaarblyklik daar omdat hulle verwag het daar gaan groot moeilikheid kom – die vete met Eloff gaan al jare aan.  Die Erasmus broers se jongste broer Mike (so oud soos oom Eddie) was ook op die plaas en het met Dick Enslin gespeel, ‘n ent van die opstal af.

Ongeveer drie uur die middag kom Frik Eloff met sy kar daar aan en hou stil by die hekkie.  Volgens Frik se getuienis in die latere hofsaak het hy die vyf myl gery om te kom vrede maak (hoewel hy sy rewolwer saamgebring het).  Hy het uitgeklim en gestap na die hekkie.  Louis Ströh kom toe uit die rondawel.  Eloff beweer toe hy uit kar klim was Ströh alreeds by die hekkie met sy rewolver.  Eloff skiet twee skote om Ströh skrik te maak. Ströh gooi sy rewolver weg (Eloff beweer een van die Erasmus seuns het Ströh se rewolver opgetel nadat hy dit neergegooi het.) en hardloop in die teenoorgestelde rigting na ander hekkie by die dam. Nadat Ströh sy rewolver weg gegooi het skiet Frik nog 3 skote om Louis verder skrik te maak.Een van Frik se skote (klaarblyklik die derde skoot, van agter) het Louis in die heup getref en sy slagaar afgeskiet.  Nadat hy getref is het Louis nog sowat dertig tree in die veld ingehardloop en hom doodgebloei – niemand het hom gaan help.

Die Erasmusse het intussen in die lande in gevlug.  Frik Eloff roep hulle maar hulle kom nie uit nie. Gedurende die hofsaak het een van die Erasmusse het getuig dat Louis nie sy rewolver by hom gehad het nie maar dat dit in Louis se bakkie/kar (binnekant van sy deur) was en dat hy (Erasmus) gehardloop het om dit te gaan haal. Die Erasmusse se getuienis is uitgegooi in die hof nadat die een getuig het hy het rook gesien rn die ander een het getuig dat hy nie die rook gesien het nie.

Tydens die gebeure kyk Anna Eloff deur die venster.  Na die skietery loop Frik Eloff na die huis toe en hy en Anna kom weer uit op die stoep.  Frik en sy dogter klim in sy kar en ry weg.  Hy gaan gee homself oor aan die polisie en lê ‘n verklaring af.

Ongeveer 5 uur bel die polisie (van Boshoek?) na die Pilanesberg polisiestasie en hulle stuur ‘n konstabel uit na Driefontein (ongeveer 6 myl daarvandaan). Ma (Vossie) was in die perskeboord.  Pa (Hennie) was elders op die plaas besig en die kinders (Eddie, Nossie en Boet) het buite gespeel. Die polisie gee die boodskap vir Ma.  Sy stap na Hennie en sê sy het slegte nuus: jou broer is doodgeskiet deur Eloff.   Hennie het nie woord gesê.  Hy het gese die kinders moet terugkom. Hy het sy geweer gevat en hulle het gery.  Hulle het eers die twee jonger kinders by hulle ouma Conradie (by Boshoek) gaan aflaai.  Daarna is hulle na Vrischgewaagd – oom Eddie is saam.

Oupa Hennie het sterk gepraat by begrafnis: “My broer is soos ‘n hond doodgeskiet”, “Daar is ‘n komplot teen hom gesmee soos teen Piet Retief`”.  Die dominee probeer hom kalmeer. Hy is begrawe in die Rustenburg begraafplaas – baie Ströhs is daar (naby mekaar) in Rustenburg begrawe. Op sy grafsteen wou Hennie laat skryf: “Die laaste 6 jaar was was hy diep ongelukkig en is op 26ste Desember 1934 deur Frik Eloff vermoor” – die dominee het hom oortuig om vermoor te verander na geskiet.  Dit verskyn so op sy grafsteen.

Tydens die hofsaak moes die staatsaanklaer, ene Welsh, oom Louis se saak hanteer.  Hy was onervare en ‘n rou Engelsman terwyl die hofverrigtinge in Afrikaans was.  Malan, Eloff se advokaat was knap.  Ironies genoeg is Malan uiteindelik betaal met oom Louis se geld – Frik Eloff het nie geld gehad nie. Die saak het omtrent ‘n week geduur.  Oupa en ouma (Hennie en Vossie) het die hofsaak in Pretoria bygewoon.  Hulle het in ‘n hotel gebly – kinders by vriende gelaat op Rustenburg. Klopper was nie in beskuldigdebank. Eloff kry vyf jaar vir manslag.  Die bevinding was dat hy uit selfverdediging geskiet het.  Hy het ook twee van die vyf jaar afgekry omdat hy ‘n kleinseun van Paul Kruger was.  Frik Eloff was ook ‘n Vrymesselaar (en die regter/magistraat ook).

Die Ströh-familie het geglo dis ‘n beplande moord – ‘n komplot.  Ook dat Anna sy testament vernietig het – dis ondenkbaar dat so ‘n man, wat finansieel welaf was, nie ‘n testament gehad het nie.  Toe hulle getroud is het Anna net met ‘n tas gekom – sy het geen troussaeu gehad nie.  Aangesien hy intestaat (sonder testament) gesterf het, het die meeste van sy bates na Anna (as sy vrou) gegaan.

Anna is 6 maande na die saak met Kloper getroud.  Sy het die Bosveld plaas met Oom Louis se geld gekoop.  Hulle het daar gaan woon en met beeste geboer.  Jare daarna het Klopper met ‘n trekker op die plaas gewerk, die trekker het omgeslaan en hy is op slag dood.


Maak 'n opvolg-bydrae