Generaal Koos de la Rey Leeu van die Wes-Transvaal Lichtenburg

Generaal Koos de la Rey

Leeu van die Wes-Transvaal

Lichtenburg

Briljante militêre leier.

Diep gelowig en selde sonder sy Bybel.

Jacobus Herculaas de la Rey (Koos) is gebore 22 Oktober 1847 in die Winburg distrik.

1848 na die Slag van Boomplaats teen Harry Smith word die De la Rey plaas geannekseer deur die Britte en die gesin verhuis na Lichtenburg. 1865 neem hy deel aan die Basoeto Oorlog.Koos werk as transportryer na die diamantvelde op Kimberley en ook as landmeter en leer so die land baie goed ken.

1876 trou Koos de la Rey met Jacoba Elizabeth Greeff(Tant Nonnie).Die egpaar woon op die plaas Elandsfontein distrik Lichtenburg en het 10 kinders.

ABO

Koos de la Rey is gekant teen oorlog en waarsku Pres Paul Kruger teen sy immigrante beleid wat volgens hom moontlik tot oorlog kan lei.Tydens ń Volksraadvergadering word hy as ń lafaard beskuldig omdat hy nie oorlog wil hê nie en hy sê dat as tyd vir oorlog kom, sal hy lank nog veg nadat hulle ander reeds oorgegee het.Tydens die ABO blyk Generaal Koos de la Rey se militêre vernuf baie gou. Hy word veral beroemd na die Slag van Kraaipan. By Tweerivier en Modderspruit word hy gewond en sy seun sneuwel.

Genl de la Rey besef gou dat die tradisionele Boeretaktiek van geveg vanaf hoër grond hulle onnodig blootstel aan Britse artillerie en hy laat sy burgers slote grawe waarin hulle kan skuil. Dit was die begin van loopgraaftaktiek waar hulle in diep slote skuil tot Britte naby is, naby genoeg vir geweervuur en Britse artillerie kan nie so maklik gebruik word nie.Hy behaal groot sukses by Magersfontein ( Des 1900), Silkaatsnek, Ysterspruit en Tweebosch.Hierdie neerlae noodsaak die Britte om massiewe versterkings te laat kom. Paardeberg is ń groot verlies vir die Boere toe Cronje gevange geneem word en die burgers oorgee.

Slegs ń kerngroep Bittereinders is nou nog gewillig om voort te veg. Hulle voer ń guerilla taktiek, ñ veg en vlug, mobiele veldtog en veroorsaak groot verliese aan Britse goedere en manskappe.

Genl de la Rey het ñ ongelooflike vermoë gehad om lokvalle te vermy en telkemale ontsnap waar die Britte hom probeer vaskeer het.

Vrede van Vereeniging 31 Mei 1902 is Genl de la Rey teenwoordig met die vredesonderhandelinge. Hy steun die saak van vrede. Na die oorlog gaan hy, Louis Botha en Christiaan de Wet na Europa om hulp te verkry vir die vearmde boere na die Verskroeide Aarde Beleid.

1903 reis hy na Indië en Ceylon om krygsgevangenes te oorreed om Eed van Getrouheid te onderteken sodat hulle kan terugkeer huis toe.

Huis toe:

Uiteindelik keer Oom Koos en Tant Nonnie met hul oorblywende kinders terug na hulle plaas toe in Lichtenburg distrik. Tant Nonnie het die grootste gedeelte van die oorlog in die veld rondgetrek met haar kinders op vlug voor die Britte.

1910 word Koos de la Rey toegelaat tot die Senaat.

Rebellie

Tydens WWI stem Louis Botha in om troepe te stuur na Suid-Wes om die Duitse kolonie aan te val. De la Rey is gekant daarteen en voel dat SA neutraal moet staan tensy die land aangeval word.Die burgers van SA sien op na Koos de la Rey as leiersfiguur.

15 September 1914 word Koos de la Rey deur ń polisieman in Johannesburg, Langlaagte by ñ padblokkade in sy motor doodgeskiet. Hulle was op pad Pretoria toe vir ń vergadering en het nie by ń padblokkade stilgehou nie, maar voortgery. Die padblokkade was glo opgestel om die Fosterbende vas te trek en die motor glo dieselfde as díe waarmee Koos de la Rey gery het. Hy het aan die motorbestuurder opdrag gegee om nie stil te hou nie.

Generaal Koos de la Rey is in Lichtenburg begrawe en sy geliefde Nonnie by hom. Verskeie strate is na hierdie uitsonderlike dapper man vernoem asook die dorp Delareyville.

Grafskending

April 2021 is die graf in Lichtenburg gevandaliseer en die bronsbeeld gesteel. Sy beeld in Delareyville is ook al geskend en moes ook al verskuif word. Op Langlaagte se stasie was ń gedenkplaat opgerig. Nie seker of dit nog daar is nie.Ook in Lichtenburg is daar ń beeld van De la Rey as ruiter opgerig.Ks

Bronne: Internet Fotos: Facebook. Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae