Eerste Vryheidsoorlog (Eerste Boereoorlog)

Daar was 4 groot veldslae tussen Boer en Brit.

1. Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880

2. Slag van Laiingsnek 28 Januarie 1881

3. Slag van Igogo (Skuishoogte) 8 Februarie 1881

4. Slag van Majuba 27 Februarie 1881.

Eerste Vryheidsoorlog (Eerste Boereoorlog)

Britte onder leiding van Sir Sheptone annekseer die Transvaal  (ZAR) 12 April 1877 in stryd met die Sandrivier Konvensie.  Dit het gelei tot die Eerste Vryheidsoorlog 20 Desember 1880 tot 23 Maart 1881.

Na vele vrugtelose onderhandelings word op 13 Desember 1880 tydens ‘n volksvergadering by Paardekraal besluit om te veg vir onafhanklikheid. Hulle stel ‘n voorlopige regering in. Die Driemanskap Regering ; SJP Kruger as visie-president, PJ Joubert as commandant-generaal en MW Pretorius as Voorsitter van die Volkskomitee.

16 Desember 1880 word die Vierkleur in Heidelberg gehys en die ZAR as onafhanklike staat verklaar.

Die Britse magte was gesetel in  Pretoria, Rustenburg, Lydenburg, Marabastad, Wakkerstroom en Standerton .Van die  Britse Garnisoene word deur die Boere beleër. Die eerste skote klap op Potchefstroom tydens beleëring.

Daarna volg 4 groot veldslae

Daar was 4 groot veldslae tussen Boer en Brit.

1. Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880

2. Slag van Laiingsnek 28 Januarie 1881

3. Slag van Igogo (Skuishoogte) 8 Februarie 1881

4. Slag van Majuba 27 Februarie 1881.

Na Slag van Majuba is vredesooreenkoms op 21 Maart 1881 geteken.

1.  Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880

Desember 1880 is Luitenant –kolonel PR Anstruther met sy 94ste regiment op mars vanaf Lydenburg. Sy opdrag is om aan te sluit by die Britse magte in Pretoria.

Die opdrag uit Heidelberg aan die Transvaalse Boere is om die Britse magte te verhoed om aan te sluit by magte in Pretoria. Hulle wag die aankomende Britte in naby Bronkhorstspruit onder bevel van Kommandant Frans Joubert.

Anstruther kry waarskuwings dat hy versigtig moet wees maar neem dit nie ernstig op nie en onderskat hulle heeltemal. Naby ‘n spruitjie, Bronkhorstspruit, word die opmars tot stilstand gebring toe ‘n groep Boere op die kruin verskyn. Die Britte vorm dadelik ‘n oorlogsformasie, gereed om te veg. Burgher de Beer (‘n boer wat engels goed magtig is) nader die Britte te perd onder ‘n vlag van wapenstilstand met ‘n brief aan Anstruther met ‘n versoek van samespreking en waarskuwing om om te draai. Anstruther het 2 minute om te antwoord en hy maak dit duidelik da thy geen begeerte het om te praat nie. Sy opdrag is om Pretoria toe te gaan en sy opdrag gaan hy uitvoer.

“n Kort hewige geveg breek uit. Die Boere opgestel in ‘n lang enkelry wat  teen dieskuinste afbeweeg  in tipiese velddrag wat saamsmelt met veld. Die Britte in oorlogsformasie, duidelike teikens in hulle helder uniforms.  Die Britte se wapens heeltemal verkeerd ingestel vir so ‘n kort afstand en koeëls vlieg skadeloos oor Boere se koppe wat hulle vining omsingel.

Die geveg duur ongeveer 10 tot 15 minute. Aan Britse kant ongeveer 268 man, aan Boerekant 250 man. Aan Britse kant is 56 dood, 91 gewond waarvan 21 later sterf, res word gevange geneem. Anstruther het 5 skietwonde in sy bene, een been word geamputeer, maar 26 Dember sterf hy ook.  Aan Boerekant is 2 dood en 5 gewond.

Komm Frans Joubert neem die waens van die Britte oor en gebruik hulle tente en komberse en voorraad om dadelik ‘n kamp op te rig vir die gewondes. Hy laat selfs 20 man agter om die dooies te begrawe en die gewondes te help verpleeg. Hy laat toe dat van die gewondes Pretoria toe geneem word. Die gevangenes het hy vrygelaat en teruggestuur Oranje Vrystaat toe.

Dit is duidelik dat die Britte die Boere heeltemal onderskat het. Gewone boere met geen militêre opleiding weliswaar, maar net  plaasboere.  Min wetend dat hulle tuis was in die veld, leer perdry het voor hulle 6 jaar oud was en ervare skuts was van jongs af. Wapens en ammunisie was skaars en hulle het geleer dat elke skoot moet tel en ook geleer om huuleself te verdedig teen vyandige ander bevolkingsgroepe.

2. Slag van Laiingsnek

28 Januarie 1881

Op die heuwelrug van Laiingsnek, oos van Majuba, het sowat 1500 Boere hulle deeglik ingegrawe onder bevel van kommandant-generaal Piet Joubert. 28 Januarie 1881 het generaal Colley met meer as 1000 man en 6 veldkanonne hulle aangeval maar is verpletterend verslaan. 83 Britte en 14 Boere het gesneuwel en 111 Britte en 27 Boere is gewond.

3. Slag van Ingogo /Slag van Skuinshoogte

8 Februarie 1881

Ingogo Natal

Slag van Ingogo of ook bekend as Slag van Skuinshoogte.

8 Februarie 1881

Op die ou pad na Newcastle suid van Mount Prospect raak Genl Colley se Britse “bangmaakmag” slaags met die Boeremagte onder bevel van Komm Nicolas Smith.

Genl Nicolas Jacobus Smit (1837 – 1896) was bevelvoerder van sowat 300 tot 500 infanterie van die ZAR en ń uitstekende militêre leier.

Aan Britse kant was Majoor Generaal Sir George Pomeroy Collier met 240 infanterie, 38 kavalier en 2 kanonne.

Komm Smit se stategie slaag en Colley se mag trek deur die nag terug en los sy gewondes en dooies in treurige toestand agter. Smit en sy boere volg hul vlugtog nie op nie.

Britse verliese :7 offisiere en 69 soldate gesneuwel en 3 offisiere en 64 soldate gewond.

Aan Boerekant: 8 gesneuwel en 6 gewond.

Die Britse mag is tot in sy fondamente geskok.

Boers defeat British in the battle of Ingogo / Schuinshoogte (Anglo-Boer War 1)

Tuesday, 8 February 1881

During the Anglo-Boer War 1- also called Transvaal War of Independence or Anglo-Transvaal War- a Boer force of about 200 (under General Nicolaas Smit) defeated a British force of about 600 (under the leadership of Major-General George Pomeroy Colley) at the Battle of Ingogo Heights, near Schuinshoogte. The fierce battle lasted the whole afternoon amid a heavy thunderstorm. When night fell, Colley withdrew under the protection of darkness. The battle claimed the lives of 8 Boers and nearly 100 British soldiers.

*Note: This battle is either referred to as the Battle of Ingogo or the Battle of Schuinshoogte and the army numbers differ from source to source.

4. Slag van Majuba 27 Februarie 1881.

27 Februarie 1881

Slag van Majuba

Majuba berg: Berg van duiwe/Berg van vrede

Newcastle

27 Februarie 1881

Eerste Vryheidsoorlog (Des 1880 -Maart 1881)

Die Majuba Slagveld op die plaas Majuba-Noord , Newcastle distrik is 1989 as bewaringsgebied verklaar. “Op Majubaberg staan jy op ń uitkyktoring van die Boere-Afrikaner se geskiedenis” VE d’Assonville.

Besienswaardighede(Monumente) hier te sien is : Die Boere-oudstryders Monument op die kruin van die berg opgerig Oktober 1935 deur oa oudstryders, Britse grafte op die kruin( meeste soldate is in massagrafte begrawe), offisiere is apart begrawe, O’Neill se huisie waar die vredesonderhandelinge gehou was, Majuba gedenkteken aan voet van berg, ń klein begraafplasie Mount Prospect (terrein waar eertydse Britse Militêre kamp was) met ñ ry Britse offisiere en tussen hulle Genl Colley se graf met ń grafsteen in vorm van eenvoudige kruis op ń voetstuk en trappies soos sy vrou versoek het tydens haar besoek aan graf na die oorlog op hulle troudag. Naby die graf het sy ń tentjie opgeslaan en bitterlik gehuil.

Majuba gedenkteken:

Onthul 8 Maart 1997. Beeldhouer Jo Roos. Beslaan ń paneel van 1mx2m, meer as derde is burgers uitgebeeld wat vreesloos die helling bestyg. Figure is in die negatief uitgebeeld, aanduiding dat slag in die verlede is en moet dien as aansporing. Boonste deel stel die hede voor:Die Boerevolk klim onvermoeid die helling uit, reikhalsend na vryheid waar die son weer sal opkom vir die Boerevolk.

4. Slag van Majuba.

Na 3 veldslae waar die Britte gevoelige slae toegedien is, het Colley nog 2000 man laat kom . Hy wil die berg Majuba beset om vandaar die Boere se stellings dop te hou. Saterdagnag 26 Februarie het die Britte met ń 8km draai die berg begin bestyg sodat die Boere hulle nie opmerk nie, nie ń maklike taak nie want in die donkerte met geen maan en geen lig in doodse stilte is die verskriklike steiltes, vertikale rotse en los klippe angswekkend. Teen net voor 4 kom die eerste manne op die kruin aan en teen 5 uur die laastes (570 man). Teen dagbreek is die uitgeputte soldate orals op die kruin van sowat 1300m in omtrek versprei.

Colley is baie tevrede en sê “We could stay here forever”. Die Britte rig hulle in, grawe ń put en gaan rustend en slapend die Sondag in.

Net na dagbreek Sondagoggend 27 Februarie 1881 sien Kommandant-Generaal Piet Joubert se vrou die Britte op Majuba berg vanuit die Boere kamp aan die voet van Majuba en maak alarm. Piet Joubert se opdrag aan Kommandant Nicolaas Smit en ass-veldkornet Fanus Roos is kort en kragtig: “Gaan haal hulle daar af, dadelik”. Hier volg toe ń briljante strategiese beplanning wat letterlik die militêre boeke oorskryf. Eerstens vra hy vrywilligers, “Julle wat geen lafaards is nie, volg my.” Die manne word in 3 groepe verdeel. Almal bo 50, die mees ervare skuts skuil agter die rotse van die eerste plato en as ñ” Engelsman sy kop uitsteek, skiet julle”, die soldate wat kruin bewaak se blink embleem op helm ń pragtige teiken. Hulle kan nie roer of oor hang loer nie. Ondertussen beweeg res van Boere in ñ vuur en beweeg strategie so vinnig moontlik vorentoe. Twee twee, self een een van struik na struik, rots na rots, 6 ure lank. Ongesiens met ongelooflike geduld tot onder boonste kruin. Sarsies Boerekoeëls pla Colley nie en hy laat weet per heliograaf dat Boere hulle ammunisie mors want dit hinder hulle nie. Die boere is reeds besig om op te pak en hulle gaan berg “Just hold for 3 days”.

Terwyl Colley met sy 2de in bevel, Kommandeur Francis Rommily op kruin praat, tref ń koeël 900 m ver vanaf ń struik uit ń Westley Richards geweer Rommily dodelik in die rug. ń Geweer met ń lang loop bekend vir sy akkuraatheid. Colley is egter nog steeds houtgerus.

Luitenant Ian Hamilton beraam plan om 30 man blitsig oor kruin te laat leun en skiet. Die Boere onder die kruin hoor die bevel en die aftel Ten. nine…zero, charge. Blitsvinnig word 28 platgeskiet, soos voor ń orkaan platgevee.Boere storm oor kruin en groot verwarring heers onder Britte, hulle dodelike akkurate skietvenuf maai onder die Britte. Meestal kopskote. Geveg duur sowat 20 minute, Colley dodelik gewond net bokant sy regteroog. Britte vlug oor afgrond van minstens 15 meter. Lelike val of geskiet of gevange geneem. 92 Britse soldate sneuwel, 134 gewond, 59 gevange. Boere se kant slegs een dood H Bekker en een ander K Groenewald sterf 6 maande later aan sy wonde.

Majuba is die einde van die Eerste Vryheidsoorlog. 23 Maart 1881 word die vredesooreenkoms in O’Neill se huisie op die plaas Stonewall teen die hange va Majubaberg onderteken. Die Britte kon die 4 nederlae nie vergeet nie .”Remember Majuba ” het vir hulle ń strydkreet geword, veral tydens die ABO 1899-1902

Maak 'n opvolg-bydrae