Die klein sinkhuisie Brixton Johannesburg

Die klein sinkhuisie
Brixton
Johannesburg
Hoek van Wimbledon Road en Fulham Road (143l)

Hierdie pragtig behoue ou huisie van sink en hout herinner aan vervloë dae se delwershuisies en die soeke na rykdom en fortuin tydens die delwerstyd.

Hierdie huisie is die enigste hout en sinkgeboutjie in Brixton wat behoue gebly het en is deel van Johannesburg se argitektoniese geskiedenis.

Hierdie sinkhuisie is gebou in 1904 as ń hoekwinkeltjie vir J. Feinstein.(Joseph ?). Hierdie areas het ń groot Joodse gemeenskap gehuisves en die Joodse Negosiewinkel was kenmerkend hier. Feinstein’s Corner Shop.

Die sinkhuisie is in 1986 verklaar as ń Nasionale Gedenkwaardigheid en geklassifiseer as ń A Gebou wat beteken dit mag nie gesloop of verander word nie.

Huidig word dit as ń woonhuis gebruik en lyk maar verwaarloos. Inligting oor hierdie huisie is maar skraps en inwoners beskryf dit as die oudste huis in Johannesburg.

Brixton is een van die voorstede van Johannesburg wat ontstaan het op die plaas Braamfontein. Brixton is vernoem na Brixton, ń voorstad van London en baie straatname is ook geneem vanaf London en distrikte in en om London. Hierdie voorstad is ryk aan geskiedenis (1922 mynwerkersopstand, ABO, Braamfontein se dinamietontploffing oa ) en was en is nog altyd ń smeltkroes van tale en kulture.

Fotos: Gysbertus Johannes Ströh. 2019
Bron: Internet
Johannesburg Heritage Foundation.

Maak 'n opvolg-bydrae