Die Bybel Monument

Die eerste sooie word gespit.

Gedurende April 1837 het ‘n groep van ongeveer ‘n honderd Britse Setlaars die staning van die
Voortrekker Petrus (Piet) Lafras Uys besoek.
Die Uys geselskap het die Kolonie vanaf die Uitenhage distrik verlaat. Dit is opgeteken dat op die
8ste April 1837 die Uys trek uit sowat 113 mense en 23 waens bestaan het. (1)
Hierdie was veel meer as net ‘n blote welwillendheids besoek. Hierdie was ‘n besoek waartydens
die Setlaars, asook inwoners van Grahamstad hul agting en respek aan die Uys familie betoon het.
Tydens hierdie geleentheid was ‘n pragtige State Bybel aan die patriarg, Jacobus Uys oorhandig.
(Hierdie Bybel was gebruik tydens die eerste opgetekende Kerklike diens gehou binne ‘n Kerk,
noord van die Oranje rivier. Tydens hierdie geleentheid was die sogenaamde Uys klip ook opgerig.)

Op die 16de Desember 1975 was was ‘n klipstapel op die plek van oorhandiging gepak.
Dit was tydens hierdie geleentheid dat die idee ontstaan het om ‘n meer sigbare monument op te rig.
Dieselfde dag was ‘n kommitee,
spoedig bekend as die Bybel monument kommitee in die lewe geroep.
Aanvanklik het dr. E. G. Jansen as beskermheer opgetree, en later (staatspresident) C. R. Swart.

Daar was besluit dat die monument ‘n oop Bybel sou voorstel. Professor Thornton-White was verantwoordelik vir die ontwerp gewees. (2)
Die monument in geheel was gebou uit ongekapte klip vanuit die omgewing.
Elke deel was 5,5 meter lank, en 11 meter van end tot end groot. Elk van die twee dele bevat aparte koper panele. Op links is daar ‘n afbeelding van onder andere die Bybel oorhandiging,
en na regs is afbeeldings van die Jacobus Uys, sy seun Petrus, en sy vrou Alida Uys.

Bouwerk het op die 13de Augustus 1962 begin, en was sowat 10 weke later voltooi.
Die monument was op die 17de Desember 1962 deur die staatspresident C. R. Swart onthul.

1.)J.C.Visagie. Voortrekker Leiers en Roetes.
Die Erfenisstigting. 2013. Bl 51.
Afrikanerbakens. Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1989. Bl 69.
(Kan iemand dalk help met beter fotos van die monument?)

Monement Jagter:
John Roderick

__________________________________________________________________________________________________________________

Mei 1933
Die eerste volledige Afrikaanse Bybelvertaling

Die Bybel het nog altyd ñ baie belangrike rol in die lewe van elke Afrikaner gespeel. Aanvanklik is die Hollandse Statebybel gebruik . Die Nederlandse Statenbijbel is op elke trek die binneland ingeneem.
By die Voortrekkermonument Pretoria word op een marmerfries uitgebeeld hoe Jacobus Uys April 1837 ñ Nederlandse Bybel ontvang as afskeidsgeskenk vanaf afgevaardigers van die Britse Setlaars. Ongeveer 100 engelssprekende inwoners van Grahamstad oorhandig die familiebybel aan Trekkers om saam te neem op hul tog die binneland in as blyk van agting en spyt oor hulle vertrek en bede dat hulle deur die Heilige Skrif gelei sal word.
In Grahamstad is ook ñ Bybelmonument opgerig op die plek waar die trekkers uitgespan het om die gebeurtenis te herdenk. Dit bestaan uit 2 klipmure in die vorm van ñ regopstaande geopende Bybel. Geopende teks wys in trekrigting. Twee bronsplate, op een word die 3 Setlaarsleiers uitgebeeld en op die ander Uys, sy vrou en hul seun Piet. Die Bybelmonument op Grahamstad is op 17 Des 1962 deur Staatspresident CR Swart onthul. Die bronsplate is gesteel maar vervang deur plastiese plate deur die NG Kerk Grahamstad.

Sept 1872 pleit Arnodus Pannevis vir ñ Afrikaanse vertaling van die Bybel want die Nederlandse Statebybel is vir “de ennvoudige gedeelte der bevolking” ñ geslote boek omdat hulle dit nie meer verstaan nie.
1884 begin ds SJ du Toit formeel met die vertaling.
1920 verskyn ñ proefuitgawe van die Evangelies rn Psalms.
1923 het ñ groep die taak aangepak drr JD du Toit, JD Kestel en HCM Fourie.
Mei 1933 kom die eerste besending van 10 000 Afrikaanse Bybels in Kaapstad aan vanaf London. Volledige Afrikaanse Bybel, al die kanonieke boeke vertaal vanuit die oorspronklike tale. Elke gemeente het feesgevier en in 1933 alleen is 150 000 eksemplare versprei.
Die Bybel in eie taal…..Afrikaans!

Monument Jagter:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

Bybelmonument
Grahamstad

Die Bybel het nog altyd ñ baie belangrike rol in die lewe van elke Afrikaner gespeel. Aanvanklik is die Hollandse Statebybel gebruik . Die Nederlandse Statenbijbel is op elke trek die binneland ingeneem.
By die Voortrekkermonument Pretoria word op een marmerfries uitgebeeld hoe Jacobus Uys April 1837 ñ Nederlandse Bybel ontvang as afskeidsgeskenk vanaf afgevaardigers van die Britse Setlaars. Ongeveer 100 engelssprekende inwoners van Grahamstad oorhandig die familiebybel aan Trekkers om saam te neem op hul tog die binneland in as blyk van agting en spyt oor hulle vertrek en bede dat hulle deur die Heilige Skrif gelei sal word.
In Grahamstad is ook ñ Bybelmonument opgerig op die plek waar die trekkers uitgespan het om die gebeurtenis te herdenk. Dit bestaan uit 2 klipmure in die vorm van ñ regopstaande geopende Bybel. Geopende teks wys in trekrigting. Twee bronsplate, op een word die 3 Setlaarsleiers uitgebeeld en op die ander Uys, sy vrou en hul seun Piet. Die Bybelmonument op Grahamstad is op 17 Des 1962 deur Staatspresident CR Swart onthul. Die bronsplate is gesteel maar vervang deur plastiese plate deur die NG Kerk Grahamstad.

Dankie Kobus En Anna-Marie Haarhoff en Johan Haarhoff vir die fotos van herstelde monument. 2018.

17 Desember 1962. (John Roderick Facebook )

Die Bybel Monument te Grahamstad op hierdie dag deur staatspresident C.R.Swart onthul.

Sowat 100 Britse Setlaars het gedurende April 1837 aan die Uys familie, die patriarg Jacobus Uys, ń pragtige Octavo State Bybel as afskeidsgeskenk oorhandig.

Dat hierdie geen geringe geskenk was nie spreek duidelik uit die feit dat die Bybel 100 Riksdaalders gekos het, wat geen geringe bedrag in die tyd was nie.

Die Grahamstown Journal publiseer op die 20 en 27ste ste April 1837 berigte rondom die aangeleentheid.

Daar was ondermeer die spyt uitgespreek dat die Uys familie, bestaande uit ongeveer 23 kakebeenwaens en net meer as 100 siele die Grahamstad omgewing verlaat.

Die Bybel Monument is ontwerp deur prof.Thorton-White, en stel soos dit is ń geopende Bybel voor.

Elke paneel is ongeveer 5,5 m lank, en is tesame van end tot end 11 m lank.

Op die linkerkantste paneel word Thomas Phillipps uitgebeeld wat die Bybel oorhandiging het, W.R.Thompson wat die toespraak gelewer het en L.Meurant wat die inskripsie uit Engels na Hollands vertaal het uitgebeeld.

Amptelike bouwerk het op die 13de Augustus 1962 begin. Gedurende 1957 was halfmaanvormige ry bome deur afstamelinge van die Britse Setlaars aangeplant.

Na die Monument voltooi was, was ń ringmuur rondom die Monument gebou.

Op die 6de April 1965, ń jaar na die onthulling van die Monument was nog twee bronsplaate bygevoeg waarop die bewoording van Thompson se toespraak bevat.

Die ander plaat bevat die woorde van die patriarg, Jacobus Uys nadat die Bybel oorhandiging was aan die Setlaars.

KERKSPRUYT.

September, Oktober 1837.

ñ Sukkie Voortrekker geskiedenis.

Dit is alom bekend dat die Voortrekkers in die tyd oor ñ wye gebied, vanaf Blesberg tot aan die teenswoordige Winburg, Bellspas gestaan het. Die Uys familie het in die tyd aan die bo lope van die Modder rivier, Kerkspruyt naby die teenswoordige Dewetsdorp gestaan.

Die Uys familie het gedurende Oktober 1837 in genoemde omgewing sover bekend die eerste kerk anderkant die Oranje rivier gebou. Die kerk, ongeveer 12,2 by 15,5 was nie baie groot gewees nie dog groot genoeg vir almal om in te pas. Die kerk was gebou deur paale in die grond te plant en met riete te dek.

Eerwaarde Archbell was vanaf Morokashoek, naby Blesberg oorgevra om die diens waar te neem en enkele kinders te doop.

Die Uys Bybel soos bo beskryf was tydens hierdie geleendheid gebruik.

Tydens dieselfde geleendheid het die patriarg Jacobus Uys sy naam, die datum asook Kerkspruyt op ñ groot plat klip uitgekrap.

Die sogenaamde Uysklip is vandag in die Voortrekker monument op uitstalling.

(Wanneer mens die Uys Bybel in die Voortrekker monument aanskou is dit vir my persoonlik byna asof mens die son, wind en die veld daaraan kan ruik, asof mens self daar sou kon wees

Maak 'n opvolg-bydrae