Dick King – Durban

Richard Philip “Dick” King. Engelse handelaar wat saam met sy ouers as deel van 1820 Setlaars na Kaap die Goeie Hoop gekom het. Op 15 jaar vestig hy hom saam met sy ouers in Port Natal.

Dick King is veral bekend vir sy heldedaad in 1842 toe hy vanaf Port Natal na Grahamstad te perd gejaag het om hulp te kry vir Kapt Smith se vasgekeerde garnisoen. ñ Geweldige afstand van 960 km te perd met geen formele roete nie in konstante gevaar van aanvalle van inboorlinge en wilde diere. Hy het nooit perde geruil nie en was 2 dae tydens die reis baie siek. Hy het hierdie 960 km in 10 dae afgelê ( ongeveer 125 km per dag) en 120 riviere gekruis. Hierdie sending was suksesvol en hulp het betyds opgedaag om garnisoen te bevry.

Hierdie was nie sy enigste heldedaad nie.

4jaar tevore was hy deel van ñ afvaardiging wat gestuur is om 200 km binnelands in te gaan om Voortrekkerkampe o.a. sy seun te waarsku teen Zoeloe aanvalle. Hy en ñ paar Zoeloes te voet gegaan. Net na aanval op Piet Retief. Ongelukkig te laat daar aangekom.
1838 was hy deel van Bigger ekspedisie ( bevelvoerder Robert Bigger, Dick King, 30 setlaars en 1500 Zoeloes) wat opgeruk het na Dingaan se kraal om Trekkers onder Dingaan se aanslag te probeer help. Ongelukkig onsuksesvol en slegs ñ paar ontvlug oa Dick King en 500 Zoeloes. Setlaars skuil 9 dae op ñ skip in Port Natal se hawe. Na vyandige Zoeloes se vertrek keer meeste setlaars terug na die Kaap. Slegs ñ paar bly agter in Port Natal oa Dick King.
In 1915 word ñ monument op Victoria Esplenade in Durban opgerig ter ere van hierdie groot held. ( Margaret Mucadi Drive). Langs hom pryk John Ross se standbeeld en Da Gama se klok.

Jag Geleentheid:
Stuur vir ons jou eie fotos.
Dalk laai ons jou foto op.

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae