Busramp Johan Le Roux Daleside Meyerton Gteng 28 Januarie 1970

Busramp  Johan Le Roux

Daleside Meyerton Gteng

28 Januarie 1970

Hartseer plekkie om te staan, veral as jy na die laggende gesiggies kyk en die name lees en besef dat daar sommer meer as een per gesin dood is.

23 kinders oorlede, meestal van Daleside af want hulle het altyd laaste afgeklim.

Johan le Roux is die kinderheld aangesien hy paar kinders deur venster gestoot het voor die  trein die bus getref het.

Johan Le Roux is op 28 Oktober 1952 gebore en het op Daleside gewoon.

Op 28 Januarie 1970 het die skoolbus waarin hulle op pad was huis toe by Henley-on-Klip op ’n treinoorgang gaan staan nadat die enjin gestol het. Die bestuurder het tevergeefs probeer om die bus se enjin  weer aan te skakel. ’n Elektriese trein het in volle vaart op die bus afgepeil. Kinders het paniekbevange begin skreeu en aan die bus se vensters begin slaan.

Johan het besef dat die trein die bus gaan tref en aan die noodvenster begin stamp. Toe hy dit nie kon oopkry nie, het hy dit oopgeskop en kinders gehelp om uit te klim. Hy het ook gesien dat die agtjarige Petrus van der Walt by ’n kantvenster in die middel van die bus vassit. Johan het gehardloop en Petrus by die venster uitgestamp sodat hy na veiligheid kon hardloop. Daarna het Johan na die noodvenster teruggehardloop en nóg ’n seun, Willem Nel, gegryp en hom net betyds by die noodvenster uitgegooi.

Willem het gehoor hoe die trein die bus tref. Later het hy besef dat Johan Le Roux ten koste van sy eie lewe die lewe van verskeie ander kinders gered het. Die sewentienjarige Johan Le Roux was ’n ware held.

Berig Kaalvoethelde

Fotos. Dankie Gysbertus Johannes Ströh Januarie 2019

Laerskool Japie Greyling. Nou Randvaal Primary School Daleside Meyerton

Maak 'n opvolg-bydrae