BurgermonumenteABO Carolina en Ermelo Carolina NG Kerk. Ermelo NG Kerk

Carolina en Ermelo

BurgermonumenteABO

Carolina NG Kerk.

Ermelo NG Kerk

Mpumalanga

Die onlangse vandalisering van die Burgermonument in Carolina toe die beeld se kop afgekap is, het die vraag weereens laat ontstaan. Wie was die model vir die beelde? Wie was hierdie Burger met sy kenmerkende bokbaardjie wat op altwee monumente pryk? Verskeie teorieë is geoppper dat dit bekende krygsmanne was of dat dit vanaf ń katalogus af bestel is.Die ware storie is egter veel interessanter en reeds in 2014 deur Hennie Steyn GGSAVaal opgespoor. Mev. Carien Hattingh van Siesta Aftree-oord op Vanderbijlpark het hierdie storie oor haar oupa Veldkornet Adriaan Jacobus de Lange aan Hennie Steyn vertel en fotos aan hom verskaf.

Die verhaal van twee Boere-Burger Monumente by Carolina en Ermelo

Daar is 2 Burger Monumente opgerig ter ere van gesneuwelde burgers. 1920-1922 is daar besluit om ń Burger Monument op Carolina op te rig ter ere van die dapper Carolina Kommando.Onderhandelings met ń Italiaanse beeldhouer is per pos gevoer.Die beelde van beide Ermelo en Carolina is in Italië uit Karariese marmer gekap. Volgens Gerard de Kamper is die beelde gemaak deur Crankshaw Brothers Monument en Grafsteenmakers. Karariese marmer is gebruik want dit was hulle spesialiteit om met hierdie marmer te werk want die marmer leen hom tot fyn detailwerk. Daar moes besluit word op ń model of gesig vir hierdie beelde. Gesoek na ń voorbeeld van ń tipiese burger. ń Tipiese egte ou Boer.

Daar is toe besluit op Veldkornet Adriaan Jacobus de Lange, ń tipese burger. Uit die hele wese van die man straal daar ń kenmerkende kalmte, vasberade doelgerigtheid waarmee die Boerekrygsman vereenselwig word. ń Foto van Veldkornet Adriaan de Lange is gestuur as model vir die beeld met die versoek om die versoek om die gesig effens te verjonk. (Volgens Mnr T L van der Walt, skoonseun van Veldkornet Adriaan Jacobus de Lange). Die foto is deur die destydse bekende fotograaf van Carolina, Mnr Izak van Heerden, geneem.

Wie was Veldkornet Adriaan Jacobus de Lange?

Gebore 26 Desember 1851.Hy het reeds in die oorlog teen Mapoch (1882-1883) op kommando gegaan.1899 het hy aan die Vryheidsoorlog deelgeneem as een van die dapper burgers van Carolina Kommando onder leiding van Generaal C Fourie en Kommandant Hendrik Prinsloo. Carolina Kommando was een van die mees uitsonderlikste Boerekommando’s tydens die ABO. Veldkornet Adriaan de Lange was een van die groot helde van Spioenkop waar meer as die helfte van die Carolina Kommando gesneuwel het. Tydens die hewige gevegte is Adriaan ook in die arm gewond.

Adriaan was getroud met Cornelia Susanna van der Walt. Sy was die grootmaakdogter van Hendrik en Cornelia Coetzee wat die plaas Steynsdraai as dorpsgebied geskenk het vir die dorp Carolina. Die dorp was vernoem na die skenker se vrou. Later is meer grond aangekoop vir die dorp. Tjaart Nicolaas van der WaltTjaart Nicolaas van der Walt is in 1912 getroud met Catharina Elizabeth de Lange, dogter van Veldkornet Adriaan Jacobus de Lange. Hy laat ń seun, dogter en 4 kleinkinders agter. (Carien Hatting een van kleinkinders).

BurgermonumentCarolina se beeld is onthul 7 November 1930 ter ere aan die swaar verliese wat Carolina Kommando gely het tydens die Slag van Spioenkop. Die name van gesneuweldes is onder aangebring. Dit toon ń burger wat staan met sy wapen in sy hand. Die geweer is jare gelede reeds afgesteel ( ongeveer 2000) en sedertdien staan die beeld onhersteld voor die NG Kerk Carolina. Tydens die ABO is hierdie kerk deur die Britse troepe gestroop en as ń perdestal gebruik. Blykbaar is daar tans nog koeëlgate sigbaar in die mure van die kerk.

Die monument is afgekamp met palisade heining, maar dit het nie verhoed dat vandale die beeld Julie 2021 verder beskadig en die kop afgebreek het nie. Gelukkig is die kop in ń nabygeleë veld gevind met min skade. Slegs die ken-gedeelte is beskadig. Daar word nou planne beraam om beeld weer tot sy volle glorie te herstel. Moontlik te verskuif.

Ermelo Ermelo se beeld is weer díe van ń perderuiter. Ook met Veldkornet Adriaan de Lange as model. Die beeld was aanvanklik voor Ermelo NG Kerk, later verskuif na Burgersentrum toe en weer teruggeskuif na oorspronklike plek voor NG Kerk.KSBron: Hennie Steyn GGSA Vaal, navors van storie. Carien Hatting kleindogter. Koerant Hoëveld Ermelo. Facebook Gerard Kamper.Fotos: Internet. Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae