Blokhuis Warmbad Blokhuis Bela Bela

Blokhuis

Warmbad Blokhuis

24°53`03.8 S 28°17’26,0 E

Bela-Bela

Limpopo

ń Blokhuis is ń fort wat vir verdediging gebruik is.

Die eerste blokhuise in SA reeds in 1795 tydens die eerste Britse Besetting in die Kaap gebou. Voorbeeld hiervan is die Kings Blockhouse en Queens Blockhouse teen Tafelberg.

Tydens die ABO is blokhuise op grootskaal deur Lord Kitchener en Lord Roberts opgerig om die beweging van die Boere te beperk. Na die val van Pretoria 5.6.1900 is die eerstes gebou om Pretoria te beskerm (uiteindelik sowat 85 rondom en in Pretoria). Verskeie blokhuislinies het vanaf Pretoria gestrek oa die noordwaartse lyn tot by Warmbad.

Na Maart 1901 is talle blokhuise opgerig. (Sowat 8000 oor 5920km).50 000 man was betrokke by die oprigting en bewaking asook 16 000 swart arbeiders.

Blokhuise is meestal opgerig onder leiding van die Royal Engineers.

Aanvanklik is skanse gebou en loopgrawe gegrou met weinig sukses. Die Boere het vinnig besef dat hulle die Britse opmars moet stuit en verbinding moet verbreek en het derhalwe spoorlyne begin vernietig en voorraadtreine geplunder. Dis Britte se antwoord daarop was blokhuise.

Twee blokhuislinies is opgerig, aanvanklik spoorweglinies om treinspore(Witkop blokhuis), stasies (Warmbad Blokhuis)en treinbrûe te beskerm , maar later veldlinies ( cross-country lines) om beweging van vinnig-bewegende groepies Boerevegters te beperk.

Die blokhuise was sowat 200 tree uitmekaar verbind met doringdraad en blikkies daaraan vasgemaak. Dubbeldraadheinings is ook gebruik, alarmgewere en selfs chemiese alarms waar chemiese stowwe in ń klein flessie ń knal veroorsaak het of ń fakkel aan die brand gesteek het as die draad geknip word.

Nogtans het Boereleiers soos genl.Christiaan de Wet en sy manne dit telkemale reggekry om deur die netwerk te glip.

Daar is van verskillende boumateriale gebruik gemaak om blokhuise te bou: sink, hout, klip ens. Baie meer sinkblokhuise is opgerig maar ongelukkig het min daarvan oorgebly en is slegs van die klipfondasies nog sigbaar waarop dit gebou was. Sommiges sirkelvormig, reghoekig, 8 kantig soos die Rice Blokhuise ens. Sommige met ringmuur of doringdraad om vir ekstra beskerming.Meeste blokhuise is na die ABO vernietig en is slegs op kaarte nog sigbaar of net ń hoop klippe het oorgebly.

Klipblokhuise

Klipblokhuise is op meer strategiese en kwesbare plekke gebou uit soliede klip en messelklei. Twee of 3 verdiepings hoog met bastions op boonste vloer waar masjiengeweer geplaas is. Skietgate in mure. Dak gewoonlik sink. Toegang na boonste vlak mbv ń leer. Soms bastions op grondvlak soos by Witkop.

Blokhuise is gewoonlik bewoon en beman deur ń junior offisier, 6 manskappe en 4 swart wagte. Baie beknop, baie warm of baie koud en ń baie vervelige taak.

By party blokhuise is die datum van oprigting in die nat sement iewers geskryf.

Warmbad Blokhuis

Naby Bela-Bela se treinstasie, op munisipale gronde is die goed bewaarde, meestal oorspronklike sandsteen blokhuis te vind.

Dubbelverdieping, ongeveer 6x6m groot, 9 meter hoog. Die dik mure is vir beskerming, asook om die temperatuur te probeer beheer. Die dak, vloere en trappe ook nog oorspronklik.

Die vensters en deure is beskerm met ysterplate waarin skietgate is.

Daar is ń goeie uitsig rondom vanaf die dak om die treinstasie te beskerm. Weerskante is ń balkon van dieselfde staal as deure en vensters. Die doel van die balkon was vir beskerming sodat daar goeie uitsig is op mure van blokhuis sodat daar niemand teen muur kan skuil buite sig van skietgate nie.

Aan binnekant is steenwerk om dak te seël waar sandsteen openinge gelos het.

Op die dak is ń weerhaan.

Die gate in die klippe is deel van die konstruksieproses. ń Tangknyper(baie ou tegniek al in 122nC gebruik) is gebruik om die stene mee op te hys. Hoe hoër die mure geword het, hoe moeiliker was dit om die stene so hoog op te lig. Die knyper het dan in die gate gepas om die steen vas te knyp en is dan opgetrek. Gewoonlik net een gat aan elke kant van steen. Moontlik was die bouers hier nog nie so vaardig om balans met eerste probeerslag reg te kry nie.

Australiese troepe was by hierdie Warmbad Blokhuis gestasioneer. Tydens die ABO was hier geen aksie by die blokhuis self nie.

Saamgestel uit verskeie bronne deur Kobie Ströh oa. Pretoriana Des 2003, Wikipedia, Facebook Warmbad, Ensiklopedie van SA E Rosenthal

Fotos. Julie 2019 Gysbertus Johannes Ströh. Pretoriana. Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae