Berg-en-dal Belfast Bergendal

Belfast

Mpumalanga

Opgerig  1935

Ter herdenking van die Slag van Berg en Dal. Een van belangrike veldslae op plaas Bergendal gedurende ABO. Ongelukkig het die veldslag nie oorlog beëindig nie. Eers 2 jaar later in 1902 met groot lewensverlies is oorlog beëindig.

Daar is 2 monumente. Groot een  (Vuurpyl) is vir Boere en Piramied klipstapel is vir Britte.

Die Slag van Berg en Dal strek oor paar dae ongeveer 21 tot 27 Augustus 1900. In bevel van Boere was Genl Louis Botha met ongeveer 7000 man en 20 kanonne (oa Long Tom kanonne) met doel om spoorlyn te beheer tussen Belfast en Paul Kruger se hoofkwartier in ooste. Aan Britse kant Buller met 19000 soldate en 82 kanonne.

Botha het op ñ strategiese koppie 60 van sy beste man (ZARP’s – lede van die Republiekeinse Polisiemag) geplaas met opdrag om koppie tot die dood toe te behou.

Buller het besef dat as hy koppie verower hy die boerelinie in 2 kan verdeel. Hewige bombardement het vir ure aangehou voor Britte koppie bestorm het. Britte word 2 maal teruggedryf deur Boere se verwoede vuur. Britte het moedig aangehou en uiteindelik moes ZARP’s oorgee want hulle ammunisie is gedaan. Sommige ontvlug maar 19 word gevange geneem en 14 het gesneuwel. Aan Britse kant is 100 soldate gewond en 12 gesneuwel plus 7 offisiere gewond en 3 offisiere gesneuwel.

Fotos: Joshua Benjamin Haarhoff(Josie) en Gysbertus Johannes Ströh Junie 2018

Maak 'n opvolg-bydrae