Andries Pretorius

Andries Pretorius

Groot Trek

Bloedrivier

Graaff Reinet

Pretoria

Voortrekker Monument Pretoria

Andries Pretorius
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius
27.11.1798 Graaff Reinet – 23 .7.1853 Grootplaas distrik Pretoria.

Voortrekkerleier
Sleutelfiguur in Slag van Bloedrivier.
Pretoria is na hom vernoem. Andries Pretorius het geboer in Graaff Reinet distrik tot 1838.
Gedurende die 6de Grensoorlog 1834-1835 voer hy ñ kommando van 800 man aan teen die vyandige Xhosas.
1837 onderneem hy en ñ klein groepie ñ verkenningstog die binneland in waar hy Gerrit Maritz en Piet Retief se laers besoek en neem deel aan ñ strafekspedisie teen Mzilikazi.
Hy keer terug na die Kaapkolonie, begin dadelik met voorbereidings om te trek en vertrek 31.10.1838 ten spyte van ontstellende berigte van moorde op Trekkers. Met sy aankoms in Natal word hy dadelik verkies as Kommandant-Generaal en stel hy dadelik ñ mag saam om Piet Retief en Trekkers se dood te wreek. Die burgers skep weer moed met sy aankoms na die slagting by Bloukrans en Umgungundlovu. Karel Landman sluit by Andries Pretorius aan en nou is sy kommando 470 man sterk met 64 waens.
9 Des 1838 lê Sarel Cilliers die gelofte af.
16 Des 1838 Slag van Bloedrivier waar Andries Pretorius en sy 470 man ongeveer 10 000 Zoeloes afweer. Andries doen self ñ wond op toe ñ assegaai sy hand deurboor. 3000 Zoeloes sneuwel, geen trekker dood nie. Dingaan se mag is gebreek.
Later vestig Andries Pretorius hom op sy plaas Grootplaats in Magaliesberg en sterf op 55 jarige ouderdom aan siekte. (Borswater)
ñ Paar beelde vir hom opgerig.
1. Beeld by Voortrekkermonument. Hoekfiguur.
2. Bronsbeeld, deur Coert Steynberg gemaak, voor Stadsaal van Pretoria. Onthul 21.10.1955.
3. Graaff Reinet. Indrukwekkende figuur van Andries Pretorius van 5 meter hoog deur Coert Steynberg. Hy tuur noordwaarts, linkerhand rus op ñ wawiel. Die inskripsie is Andries Pretorius se woorde tydens sy samesprekinge met Harry Smith 1848: ” Eenmaal sal daar wel ñ wiel oor ons wêreld rol wat vir u en vir my onkeerbaar is.” Die beeld is 27.11.1943 onthul naby sy plaas waarvandaan hy vertrek het. Ongelukkig het daar ñ plakkerkamp ontstaan en die beeld is verskeie kere gevandaliseer. Hierdie beeld is toe 5 km noord verskuif na Kamdebo Nasionale Park. Hier is beeld veiliger alhoewel bietjie afgeleë met min verduideliking.
4. Andries Pretorius is begrawe in Heldeakker in Pretoria

Maak 'n opvolg-bydrae