Eerste Taalmonument Nederlandse Taalmonument Burgersdorp / Afrikaanse Taalmonument / Paarl / Welkom / Petrus Steyn / Meyerton

TAALMONUMENT BURGERSDORP

Die Afrikaanse Taal Monument in Burgersdorp. Die beskadigde een is die oorpronklike, en is op opdrag van Lord Kitchener tydens die Anglo-Boere Oorlog verskuif, en is beskadig in die skuif.

‘n Replika is na die oorlog opegrig, en die beskadige een is begrawe gevind, en terug gekeer.

Pos deur Morne van Rooyen

18 Januarie 1893 | Burgersdorp se Taalmonument onthul

Die kommissie vir die restourasie en oprigting van die beskadigde Eerste Taalmonument, Burgersdorp, onder wie ds. Aucamp (regs voor) en sy eggenote, Anna, vierde van regs voor, 1957.

Die monument is tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die kakies onthoof en verwyder. Eers in 1939 is dit op ‘n ashoop by King William’s Town gekry nadat die Engelse tydens die oorlog gespog het dat hulle dit in die see gegooi het.

Vandag staan die replika van 1907 en die oorspronklike beeld van 1893 naas mekaar op Burgersdorp.

Die Taalmonument, Burgersdorp. 1893.

Na die 2de Britse besetting van die Kaap het Engels die enigste amptelike taal geword.
Gedurende 1856 versoek J. A. Kruger vanuit die kiesafdeling Albert (waarbinne Burgersdorp geval het) om die wetgewende vergadering in Engels toe te spreek.
Sy versoek was geweier, maar was die begin om Nederlands as taal erken te kry.

Na etlike versoeke en petisies was op die 9de Junie 1882 daarin geslaag om Nederlands as taal erken te kry.

Daarna, was op die 26ste en 27ste Junie 1882 op Burgersdorp feesgevier om die erkening te vier.
Ook was ‘n Taalmonument, vandag op die 18de Januarie1893 onthul om hierdie geleentheid te gedenk.

Die beeld bestaan uit ‘n vrou met ‘n los kleed met in haar linkerhand ‘n tablet waarop die woorde :Vryheid voor de Hollandshe taal uitgegraveer is. Aan haar voete is ‘n lam en twee druiwetrosse wat die venaamste (op daardie stadium) industrie van die land simboliseer.

Tydens die Anglo-Boereoorlog was die beeld beskadig, en was dit nie lank voordat lord Milner (na die oorlog) die beeld in sy geheel verwyder het nie.

Omrede protes van onder andere die Burgersdorp inwoners het die Britse regering in 1907 ‘n replika op dieselfde plek laat oprig.
Met die onthulling daarvan op die 24ste en 25ste Mei 1907 was ook ‘n Taalfees gehou.

Gedurende 1933 was die oorspronklike beeld in King William’ s Town opgegrawe, maar die kop en een arm was weg.
Die beeld was nietemin na Burgersdorp teruggebring, en in 1975 in ‘n beskadigde toestand agter die replika opgerig.

Pos deur Danie Botes:

Eerste Taalmonument

Hierdie monument is op 18 Januarie 1893 te Burgersdorp onthul en is ‘n mylpaal in die taalgeskiedenis van die Afrikaner. Die monument staan bekend as die Eerste Taalmonument of die Nederlandse Taalmonument. Die Tweede Taalmonument of Afrikaanse Taalmonument staan in die Paarl. Die Eerste Taalmonument is opgerig om die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapkolonie te herdenk. Dit is trouens die enigste taalmonument in die wêreld wat opgerig is ter ere van die Nederlandse taal.

Na die anneksasie van die Kaap deur Engeland, het dit aanvanklik nog goed gegaan met Nederlands aan die Kaap. Op termyn egter, is Engels in die skole en openbare lewe bevoordeel ten koste van Nederlands. In 1828 het Engels die enigste amptelike taal in die Kaapkolonie geword. Die Afrikaners het hulle egter voortdurend beywer vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaap (naas Engels).

In 1878 het lede van die Zuid-Afrikaansche Boeren-Beschermingsvereniging (of ZABB) in die distrik Albert besluit om die regering te vra om Nederlands as amptelike taal te erken. Die ZABB het in 1879 die eerste petisie aan die regering voorgelê waarin gevra is om Nederlands as amptelike taal te erken. Op 27 Mei 1881 is ‘n petisie met 5 000 handtekeninge by die Kaapse parlement ingedien met dieselfde versoek. Hierdie petisies is egter deur die parlement verwerp. Hierna is weer ‘n petisie aan die parlement voorgelê en op 30 Maart 1882 het Onze Jan Hofmeyr sy wetsvoorstel weer ingedien. Hierdie keer was dit suksesvol. Op 9 Junie 1882 is die wetsvoorstel in die Kaapse parlement aanvaar en is Nederlands as amptelike taal erken.

Om hierdie oorwinning te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. ‘n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelê waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om ‘n taalmonument op te rig en geld begin insamel.

Op 17 en 18 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument bestaan uit ‘n beeld van ‘n vrou: Sy personifiseer ons moedertaal Nederlands. Die vrou wys met haar vinger na ‘n boek (blad) en daarop staan De Overwinning der Hollandsche Taal.

By die onthulling van die monument was daar duisende Afrikaners aanwesig. ‘n Optog van 500 Boereruiters op hulle perde het aan die verrigtinge deelgeneem onder leiding van Daantje van den Heever. Onze Jan Hofmeyr en S.J. du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys was. Hofmeyr het ‘n heildronk ingestel op ‘Onze Taal’ met die woorde: ‘Lang blijve de taal bestaan’.

Die Engelse het hierdie monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit deur die Engelse verwyder en is dit byna deur hulle vernietig. Hierna het die Engelse beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel, veral deur dit te onthoof, wat moes dui op die onthoofding van die taal van die Afrikaner. Uiteindelik is dit op die vullishoop van King William’s Town gestort, waar dit in 1939 ontdek is.

In 1907 het die Britse regering (as daad van versoening) ‘n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp her opgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek is, is dit ook na Burgersdorp geneem en agter die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die 2 amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

Op die voetstuk van die monument is verskillende plate met inskripsies. Op die voorste plaat is die name van die taalstryders.

Inligting – Wikipedia

Fotos: Danie Botes

Die Vrystaatse dorpe Kroonstad en Welkom het albei in 1959 monumente vir die Afrikaanse taal opgerig, maar heelwat ander dorpe in Suid-Afrika het hul eie klein monumente opgerig in die 1970s tydens die bou van die Taalmonument in die Paarl.

Maak 'n opvolg-bydrae